Die kerk is darem ‘n eienaardige ding

Ek het baie respek vir gelowiges, en vir die manier hoe die Kerk deur die eeue ‘n basiese morele raamwerk daargestel het, wat baie bygedra het, meen ek, tot mense se opheffing.  Maar gelowiges se geloof sit ongemaklik teenoor hoe hul predikante is.
Byvoorbeeld die predikant van ‘n kerk wat ons soms bywoon – sommige van die lidmate is die wonderlikste mense, veral die lede van die breiklub.   Hulle ken almal, gee vir almal om, trek almal in, en brei om klere vir die armes te gee.   Nogtans het die dominee – dis nou die ou op die kansel wie se preke gewoonlik nie verstaan of onthou kan word nie – een keer ewe neerhalend aan ons gesê dat hy nie kan verstaan hoekom die breiklub so gewild en suksesvol is nie (in vergelyking met ander kerk projekte wat nader aan sy hart en ambisie was)

Die predikant was gewoonlik ‘n slimkop op skool met ‘n sterk behoefte aan bewondering en goedkeuring.   En toe gaan hy universiteit toe om daardie behoefte te vervul, en vrou te vang.  Per ongeluk leer hy ook allerlei dinge soos sielkunde en wetenskap wat nie altyd so lekker by geloof pas nie.
Hy was soms maar stout op universiteit, maar toe hy hy hom weer kom kry, is hy ‘n predikant, en het verantwoordelikheid om mense in die geloof te help.  En na al die wetenskap blootstelling van universiteit is hy nie so seker of hy eintlik nog self glo nie, maar nou’s hy in ‘n beroep, en boonop die broodwinner en die eerste baba is op pad.  So hy gaan maar aan – ten minste kry hy baie bewondering.

Soos hy vorder op sy pad, leer hy hoe polities die kerk eintlik is.   As ‘n man eers 30 verby is, begin hy ‘n aptyt ontwikkel vir mag.   Nou kom daar dinge soos kerkraadsvergaderings, sinodes, kerkbeleid, kerkeenheid, taalbeleid ensomeer waarin sy maglus kan uitleef.   Dis baie opwindender as hospitaalbesoek.

Die jakkalsdraaie wat hierdie ouens doen is lagwekkend en pateties:

Die Moreleta Park NG Kerk dank ‘n orrelis af omdat hy gay is (ander werknemers en predikante wat ander sondes doen word nie oor daardie sondes afgedank nie), maar buig die knie en vra verskoning toe die wet hulle aanspreek, en impliseer daarmee dat of hulle was verkeerd oor God se wil, of hulle beskou gehoorsaamheid aan ‘n sekulere wet belangriker as God se wet (of ten minste belangriker om hul basse te red).
Predikante van die wit kerke praat eenheid met die nie-wit kerke, maar wil nie regtig nie.  Hoe die kerk van God volgens rasvoorkeur bedryf kan word verstaan ek nie.
Predikante van die swart kerke wil die wit kerke verengels – en die bruin kerke moet maar saam verengels word.  As hulle so Engels wil wees, hoekom nie maar sommer die aartsbiskop van Canterbury navolg, en sy kerk join nie?

This entry was posted in witmense. Bookmark the permalink.

7 Responses to Die kerk is darem ‘n eienaardige ding

  1. Alleman, as jy die verskoning lees, sal jy sien dat dit nie regtig ‘n verskoning is nie. Dit is gedoen omdat die hof dit geëis het wat myns insiens vreemd is omdat ek nie kan sien hoe jy iemand kan forseer om verskoning te vra nie. Ek dink Moreletta wil net hê dat die hele aangeleentheid moet weggaan so gou as moontlik.

  2. Wat eenwording met ander kerke betref wil ek graag weet, waarom?

    Ons kan en behoort as Christelike Kerke van verskeie tale saam te werk (dis ’n skande dat ons dit nie reeds lankal doen nie), maar die voorreg om God in my eie moedertaal (en binne my eie kultuur) te aanbid behoort geensins van my af weg geneem te word nie. Ek het onlangs deur die Belhar belydenisskrif gelees en vind geen fout daarmee nie, maar is ’n vierde belydenisskrif regtig nodig het? Ek weet nie hoe waar dit is nie maar ek het gehoor dat dit as ’n voorwaarde van eenwording gestel is, wat daarop dui dat hierdie belydenisskrif moontlik nie uit liefde tot God opgestel is nie.

    Ek wil net weer beklemtoon, ek is bly vir die rigting van samewerking. Ons behoort saam te werk met alle kerke wat Jesus as Verlosser verkondig. Maar ek verwag geensins dat kerke hulle name moet verander om ‘n nuwe kerk te vorm nie. Ons kan mos saamwerk en die Here dien, elkeen binne sy moedertaal en kultuur. Ons kerkdeure moet egter almal verwelkom, ongeag aan welke kerk of ras ons behoort.

  3. alleman sê:

    wag-ʼn-bietjie ek stem met jou saam. Maar aan wat moet kerke oor taalgrense heen saamwerk?

  4. Ek weet te min van kerkpolitiek af om te weet hoekom kerke sulke dinge wil doen, maar een ding weet ek. As die kerk waarheen ek gaan skielik in Engels preek gaan ek gewoon na ‘n ander kerk waar hulle in Afrikaans preek. Dit sal mos nou dom wees as ‘n kerk sommer vir watter rede ookal sy taal verander. Dis mos soos om sy lidmate weg te jaag.

  5. Flippiefanus, van kerk politiek weet ek self bitter min, eintlik behoort ek nie eers kommentaar te lewer nie.

    Alleman, gaan hierdie hele kwessie rondom kerkeenheid nie maar in die eerste plek oor Ef 4 en Joh 17 nie, en meer spesifiek oor die geloofwaardigheid van die kerk nie. Volgens Joh 17 koppel Jesus juis die eenheid van kerke aan geloofwaardigheid. Ons kerk bely (in die Apostoliese Geloofsbelydenis) ons glo in een, heilige, algemene Christelike kerk, maar is ons dit werklik? Wat sien mense daarbuite tans van ons raak? Verseker nie Christene se eenheid en liefde vir mekaar nie. Daar sit ‘n magtige getuienis vir Christus in kerkeenheid, of ons dit nou wil weet of nie. En dan gaan dit tweedens oor die roeping van die kerk. Die kerk is deur die Here geroep om werk in sy Naam te verrig. Tans funksioneer elke kerk afsonderlik. Elkeen doen sy ding, spandeer tyd en geld aan dinge waar dit nie noodwendig ‘n verskil maak nie. Saam gaan ons ‘n groter verskil in die land maak as wat vier afsonderlik kerke dit ooit op sy eie sal kan doen.

  6. Ja ek stem dit was geen verskoning nie. Dit was een van daai: “Ek wil net se ek is jammer, maar…”

    Maar net die blote feit dat die orrelis-storie in die eerste hof toe is, is naarmakend.

    Onmoreletta-park

  7. annerkant sê:

    Alleman, ek moet net vra.🙂 Watter skade kan blootstelling aan wetenskap en sielkunde doen aan ‘n toekomstige predikant? Eintlik behoort ‘n predikant aan soveel moontlik kennis van alle soorte blootgestel te word. Die probleem is eerder die ware geloof van so ‘n voornemende predikant. Indien ‘n mens waarlik glo en in God leef, sal geen kennis wat bykom ‘n verskil daaraan maak nie, in teen deel, dit behoort dit te versterk. Opregte geloof / geestelikheid is ‘n alomvattende belewing.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s