Wikipedia

Ek het al dikwels opgemerk dat sonkrag en windlaaier elke dag mense by my blog laat beland vanaf soekmasjiene, en dat ‘n Lekker lewe sonder Eskom of die regering by verre die gewildste artikel op my blog is.    Daaruit lei ek af dat mense in Afrikaans soek, en dat daar ‘n groot behoefte na kennis (en nie net klets nie) op die Web is.  Ek het nie baie tyd nie, maar het al so ‘n bietjie op die Wikipedia bygedra – meesal net saadjies, dws enkele sinne wat aandui wat iets is, en wat later uitgebrui kan word na ‘n volledige artikel.

Ek het nie voorsien hoe interessant en verslawend dit is nie!  Ook nie hoe maklik dit is nie.  As jy iets skryf, sien jy gou dat jy ondersteunende artikels nodig het, en as jy jou kom kry is jy lus om daardie artikels, (of ten minste saadjies) ook te skryf.    Dis soos Pistachio neute eet – dis baie moelik  om op te hou as jy eers begin het.

Dis ‘n hele subkultuur – daar is byvoorbeeld iets soos WikiDwergies en WikiFeetjies.

Daar is baie mense wat deelneem, maar daar is veral enkeles wat in die kort tydjie wat ek die projek dopgehou het, uitstaan.  Besoek gerus hul interessante gebruikersbladsye:

Renier Maritz, Anrie, Frank Naude, Alias, Voyageur, Morne, Adriaan90, Piet Delport, Hansjoseph en tot selfs die 14-jarige Ben Bezuidenhout wat die grootste deel van sy lewe in Engeland woon.

(Ek hoop nie ek het iemand uitgelaat wat baie bygedra het uit nie.)  Hulle is van die mense wat die Wikipedia laat vorder het tot meer as 10 000 artikels.   En wanneer SA eers regte Internet kry, sal dit baie vinniger vorder, meen ek.

This entry was posted in witmense and tagged , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Wikipedia

  1. annerkant sê:

    Dankie, Alleman. Ek het hierdie inskrywing baie geniet, en het al bietjie in gaan loer. Het al gewonder hoe het Wikipedia se inhoud so vinnig en dramaties gegroei, maar het nog nooit regtig agter die skerms gaan snuffel nie.
    En daar gaan nog ‘n wereld vir ‘n mens oop!🙂
    WikiDwergies en WikiFeetjies🙂.

  2. sonkind sê:

    Dankie hiervoor. Ek is soos ‘n spons as dit by leeswerk kom🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s