Geloof

My seun kom van die skool af, wys reguit die lug in op, en sê: Weet julle wat!  Jesus woon daar doer buite in die ruimte!
Ons is sprakeloos.
Die volgende aand toe ek hom in die bed sit, het ons ‘n gesprek oor waaroor mens kan huil, en waaroor nie.  Ek vertel hom van sommige van die ellendes van die lewe  (tot my spyt vertel ek meer as wat ek wou). En toe het ons diè gesprek:
“Mense leef ‘n laang tyd, maar dan gaan hulle dood.  Pappa, hoekom gaan mense dood?”
“Want mense is sterflik.”
“Maar hoekom?”
“Ek weet nie, my seun, ek weet nie.”
“Ons sal nog meer daaroor moet lees”, herhaal hy die standaard antwoord wat hy kry wanneer hy my vasvra.  En toe raak hy dadelik in my arms aan die slaap.

This entry was posted in religie, sommer net. Bookmark the permalink.

4 Responses to Geloof

  1. my gunsteling ateis-vriende is die wat ook in verwondering oor die heelal en die menslike toestand is.

    dis ‘n mooi storie wat jy hier vertel – hoofsaaklik omdat daar geen agenda blyk te wees nie. jy deel net ‘n belewenis oor jou eie belewenis. ek het hierdie stukkie nou geniet.

  2. Want mense is sterflik.”
    “Maar hoekom?”
    “Ek weet nie, my seun, ek weet nie.”

    Wat ‘n pragtige antwoord! en storie. Want jy is reg, ons weet nie hoekom ons sterf nie.

  3. mykopop sê:

    En jou seuntjie is op sy jong ouderdom wys genoeg om daaroor te wonder, maar hom nie heeltyd daaroor te bekommer nie!

  4. ekkedink sê:

    eish, maar ek glo nogal dat ons ons kinders moet vertel van God, t.s.v. ons persoonlike keuses/standpunte. Laat hulleself daarteen kies as hulle wil, maar moenie hulle die geleentheid ontneem nie.

    Maar ek skat ek ek open nou ‘n “can of worms”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s