Nasionale Pers maak gereed om Afrikaanse koerante te laat saamsmelt

Naspers het natuurlik lank reeds sulke planne – mense kan dit sien aan die manier hoe Afrikaanse koerante almal (behalwe die Burger) onder die News24 banier op die Internet moet saamkloek. Trouens, alles wat mens wil weet oor hoe belangrik Afrikaans vir Naspers is kan jy sien aan 24.com se voorblad (sien prent hieronder).
Ek het lank reeds die vermoede dat Naspers ‘n pakt met die ANC aangegaan het – Naspers moet Afrikaners gewoond maak daaraan dat Engels in absoluut alles die botoon voer, in ruil vir een of ander voordeel (of miskien dat een of ander dreigement nie uitgevoer sal word nie).
So dit laat ons in ‘n werklik goor situasie want die enigste alternatief is die rassistiese ou klomp blankes by Praag.

Ek het ook ‘n voeltjie hoor fluit dat Naspers se direksievergaderings nou in Engels gehou word.  Hoe aansitterig.

naspers

This entry was posted in afrikaners, mag, politiek, rassisme, suid-afrika, witmense and tagged . Bookmark the permalink.

25 Responses to Nasionale Pers maak gereed om Afrikaanse koerante te laat saamsmelt

  1. alles gaan op die ou einde van die dag oor geld. as afrikaanse koerante winsgewend is, sal hulle dit nooit as te nimmer sluit nie.

    die obvious antwoord, raai ek, is dat hulle nie geld maak nie. ABC se publieke sirkulasiesyfers was byvoorbeeld onsettend sleg vir Die Burger. dit het met iets soos 7% gedaal.

    dit maak tog dan sin om die ding OF beter te bemark en verkope op te kry, OF te sluit. en as ek so na Die Burger se website kyk, is hulle nie van plan om dit ‘n langtermyn ding te hou nie.

    maar ek weet ook nie, ek kan ook verkeerd wees.

    alternatief = praag? sjoe, hokaai😉

  2. alleman sê:

    Alles waar Johan, maar nie die volle verhaal nie. Die ding werk so: Die koerante vaar swak want hulle is swak. En hulle is swak want hulle is nie die direksie se passie nie. As Nasionale Pers omgegee het sou dit nie die toedrag van sake gewees het nie.

  3. Alleman, ek steun jou standpunt in bostaande kommentaar. “Hulle vaar swak, want hulle is swak”. Ons het dringend weer iets soortgelyks aan die destydse Vrye Weekblad nodig.

  4. alleman – point taken.

  5. Alleman, ek stem 100% met jou saam. Afrikaanse koerante se gehalte is swak. Punt. Ek dink nie die probleem is dat mense nie Afrikaans wil koop nie. Vergelyk maar die sukses van sommige Afrikaanse tydskrifte wat wel van ‘n hoër gehalte is.

  6. tog dink ek dit maak sin vir afrikaners om hul eie koerant aan die gang te hou. dis dalk ‘n naiewe standpunt, maar afrikaners het oorgenoeg koopkrag en kapitaal om ‘n nuwe inisiatief te begin. en hierdie keer het ons die internet.

    waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. die groot fout wat mense maak wanneer hulle oor hierdie goed besin, is myns insiens om op ou besigheidsmodelle te gaan staan en dink en dan nie te verstaan as die pad vorentoe vaal lyk nie.

    maar jy maak baie interessante punt – punte wat ‘n mens nogal laat dink.

  7. ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat jy dalk effens verkeerd mag wees😉

  8. alleman sê:

    Verkeerd oor die direksievergaderings of die saamsmelt?

    Ek moet erken dat my opinie oor Afrikaanse koerante wild rondswaai. Veral die misoes en gemiste geleenthede wat news24 en 24.com verteenwoordig stem my gedurig mismoedig.
    Maar aan die ander kant het Naspers ‘n groot nuusorganisasie met mense in elke streek, asook in die buiteland, en het ook uitstekende skrywers soos Gerrit Brand en Dana Snyman. Boonop skryf ‘n interessante mengelmoes van mense soos Jaap Steyn, Christi van der Westhuizen, Max du Preez, en Hermann Giliomee soms vir hulle. So ek reken om te sê hul koerante is swak is om te oordryf.
    My voorgevoel is eintlik dat news24 en 24.com wys dat dit wat nog goed is van die koerante self kom, en dat die direksie – deur news24 en 24.com te laat wees wat dit is, wys dat hulle nie belangstel in die toekoms van Afrikaanse koerante op die Web nie.

  9. kan ongelukkig nie seg nie, dis ‘n baie konfidensiele voeltjie. (urghghghghghgh, wat is die keyboard shortcuts vir diakritiese simbole op ‘n mac?)

    ek dink tog ‘n mens moet nie te mismoedig word nie. kyk wat is adgator besig om reg te kry op hierdie oomblik in die aangesig van die magtige adsense. iets spesiaal is besig om daar te gebeur. net so stop niks enigiemand om (sou die ergste vrese oor afrikaanse koerante bewaarheid word) ‘n nuwe inisiatief op die been te bring nie.

    maar, ja, ek weet – baie, baie, baie makliker gese as gedaan.

  10. goeie afrikaanse tydskrifte?? nee wat.

    ek laat my nie vertel die star, cape times en argus is beter nie. die afrikaanse media doen nog hulle eie stories, die engelse media, copy en paste wire-nuus.

    ek is jammer maar ek verskil met ALMAL van julle. en julle is almal verkeerd. en ja dit is ‘n drastiese stelling, maar dit is soveel as wat ek nou gaan se.

  11. Oe, die geleentheid om met Rosalind te stry.🙂

    Rosalind, ek dink werklik dat tydskrifte soos Visi en Weg baanbrekerswerk in Afrikaans gedoen het. Ek koop nie die Weg nie, maar dink tog dat dit ‘n goeie publikasie vir sy teikenmark.

    Ek dink ook nie noodwendig dat die Engelse koerante beter is nie. Die Afrikaanse koerante spreek net nie tot my nie, maar dalk is dit omdat ek nie hulle teikenmark is nie.

  12. alleman sê:

    Ai Rosalind, wat help dit nou om te stry sonder ‘n argument! Ek sal graag weet wat jy dink – oor hierdie asook oor die video vir Koos Bekker & kie.

  13. Ek wil saam met George stem: Daar is regtig goeie Afrikaanse tydskrifte, soos Weg en ook Wiel, wat myns insiens nie grootse sirkulasiesyfers het nie, maar uitstekende motorjoernalistiek bevat.
    My opinie is steeds dat die joernalistiek in Afrikaanse koerante nie die mas opkom nie (natuurlik is daar tussenin ook stukke goeie joernalistiek, maar gewoonlik “far-and-in-between”). Maar miskien is dit ook die invalshoek van Afrikaanse koerante wat deesdae meer herinner aan die sensasionaliteit van Britse poniekoerante, as enige poging tot ernstiger joernalistiek (bv. die skaamtelose en deurlopende uitbuiting van die trauma van geweldsmisdaad). Daar is ook ‘n onderliggende toon van politieke korrektheid wat soms (irriterend genoeg) amateuragtig probeer verbloem word.
    Ek stem saam met RF dat die genoemde Engelse koerante nie noodwendig veel beter is nie (veral die Star is swak), maar dit maak natuurlik steeds nie die Afrikaanse blaaie goed nie.
    Maar miskien publiseer die Afrikaanse koerante maar slegs wat hulle mark wil he? Die Afrikaanse koerantlesende publiek is so klein, dat die dagblaaie die smaak/intelligensie/behoeftes van ‘n geweldige diverse aard moet akommodeer. Dit is dus seker natuurlik dat hulle dikwels oorhel na die “lowest common denominator”, bloot vir finansiele oorwegings.

  14. epos my alleman as jy wil.

    en van my argument is: afrikaanse koerante se diepte-artikels, forum-bladsye, is steeds beter vergeleke met die engelse dagblaaie, die kuns en boeke, die opposite editorial page, BY en ander spesialis-skrywers by afrikaanse dagblaaie. die engelse neem woord vir woord wire-copy uit oorsese koerante wat nie noodwendig hier van toepassing kan wees nie. afrikaanse media genereer kopie van eie bronne ( dit is actual werk en nie net oortik nie)

    daar sit talle mondi/shanduka, en vodacom wenners by die dagblaaie. expert skrywers in bepaalde areas.

    as iemand reguit se hy lees nie afrikaanse koerante nie, hoe kan hy oordeel!

    maar nou ja ons sal seker soos met insig maak, so kla en kerm dat ons eendag nie ‘n koerant in ons eie taal het nie, en dan is dit te laat. ons is ons eie worst enemy soos altyd.

    vrye weekblad? die lewe gaan nie net oor die oopvlek van korrupsie nie. nuus is holisties dit behoort alles oop die vlek. ‘n joernalis by beeld, expert op ‘n gebied het verlede jaar ‘n waterskandaal van toksiese water in die rand oopgevlek en ‘n nasionale prys daarvoor gewen. maar mens moet die koerant gelees het om die briljante ondersoek te gevolg het.

  15. frankly, ek dink die afrikaanse dagblaaie kon hulself red (en ek het moontlik ‘n baie oningeligte opinie, maar here goes anyway) as hulle nie gedagradeer het tot irrelevante nonsens nie. kyk wat cover die burger nou as hoofnuus: ene me. petersen se EMOSIES. hoeveel sy nou huil. wat die stand van haar trane voor, tussen en na die hofsaak was.

    die obvious vraag is: who gives a flying fuck? dis nie nuus nie! haar conviction: dis nuus. haar vonnis volgende jaar? dis nuus. maar poniekoerantstories oor hoe gereeld sy nou huil?

    WTF?

    as iemand my intelligensie onderskat, gaan ek nie die moeite doen om hulle koerant koop nie. tewens, ek koop nie koerante nie, ek lees nuus aanlyn.

    which brings me to another point: die webtuistes van al die afrikaanse dagblaaie is atrocious. ‘n mens sou reken hulle het ten minste al van CSS gehoor of tripods vir die kameras waarmee hul daaglikse videos geskiet word. flikkerende ads load soms tot 20 sekondes voor die actual content display (in die burger se geval) en foto’s moet in ‘n belaglike vierkantige blokkie langs die teks pas. as dit nie nommerpas is nie, STRETCH hulle die foto.

    of alleman se storie oor die dumbing down van die afrikaner se taal deur die regering waar is of nie, die dagblaaie het hulself in elk geval in die voet geskiet. met subpar content. dis fataal in die era waarin ons leef.

    that said, ek eggo rosalind franklin se standpunte oor oorspronklikheid (veral met betrekking tot By). daar is baie goeie werk in afrikaans. dis net jammer dit verdrink tussen al die beunhasery.

  16. Pragtige Afrikaanse woord wat jy hier ter berde bring, Johan: :”beunhasery”
    “daar is baie goeie werk in afrikaans. dis net jammer dit verdrink tussen al die beunhasery.”
    Jy slaan daardie spyker weer op sy kop! Afrikaanse koerante is soos die KKNK: Mens moet eers deur al die stront dolwe om op die ou-end dit te ontdek wat die moeite werd is.

  17. Afrikaans en Afrikaanse koerante is lankal nie meer Naspers se prioriteit nie. Naspers het baie vinnig die ommeswaai van “His Masters Voice” wees en gatkruipery by die vorige NP regering na “His Masters voice” en gatkruiipery by wie=ever die huisige regering is gemaak. Gaan nie oor taal nie dit gaan nie oor ras nie, fok dit gaan nie eens om ‘n goeie produk en verantwoordelike joernalistiek nie, dit gaan oor wat die beste vir hul eie sakke en die van hul aandeelhouers sal wees. Dis hoe kapitalisme werk.

  18. dis pretty much maar hoe alles op hierdie planeet werk. ek dink nie ‘n mens kan kwaad wees vir korporatiewe reuse omdat hulle wil geld maak nie.

  19. alleman sê:

    Neil jy som Nasionale Pers se beginsels goed op, maar ek verskil van jou en Johan se siening dat dit weens kapitalisme die enigste onafwendbare en logiese pad is wat gevolg kan word.
    In Brittanje is daar die Scott Trust, wat The Guardian besit. Die doel van die Scott Trust is om te verseker dat daar altyd ‘n progressiewe stem in die Britse media is, en daarom absorbeer hulle die verliese wat The Guardian gedurig maak. Hulle het ander belange wat hulle gebruik om The Guardian te subsidieer, maar sal nooit so laag daal om ‘n koerant uit te gee wat op die laagste gemene deler en op rassisme gebasseer is nie (byvoorbeeld The Sun) nie.

    Die Scott Trust het ook op ‘n stadium SA se Mail & Guardian van ondergang gered. Wanneer dit kom by joernalisme met integriteit, is geld NIE die enigste oorweging nie. Die samelewing het koerante met passie so nodig, en kan en moet ander maniere vind om hulle te bevonds as advertensie inkomste nie genoeg is nie.

  20. Dit is belangrike vrae wat gevra moet word. Ongelukkig het Naspers al die mededingers uit die mark gedwing so hulle is nou die enigste beskermers van die Afrikaanse drukpers. Praat van wolf skaapwagter maak. Daar is iets baie tekenend van die destruktiewe aard van ongebreidelde marksugtigheid. Dwing jou teenstanders uit die mark, en maak dan jou eie produk dood – “ons wil self nie die Afrikaanse drukpers aan die gang hou nie, en ons wil niemand anders toelaat om dit te doen nie”.

    Mens moet egter byvoeg dat daar tientalle uitstekende joernaliste en redaksielede is wat baie hard werk by die Afrikaanse koerante en tydskrifte, mense wat hulle daagliks afsloof om goeie joernalistiek te pleeg (en Rosalind is reg, die Afrikaanse koerante staan kop en skouers bo hul Engelse konkurrente). Die tragedie is dat daar beancounters aangestel is wat ‘n veer voel vir hierdie joernaliste se werk en roeping.

  21. ek lees dit nou weer en besef toe skielik iets.

    kyk gou mooi na daai screenshot van jou. is daar isixhosa? sesotho? tsivenda? san?

    NEE.

    benewens engels is daar NET afrikaans. news24 se lingua franca is engels – om afrikaans daar in te sit, is tegnies ‘n vergunning. dit hoort nie eers daar nie – elkeen van die koerante het hulle eie webtuistes (van dit rubbish, maar dis daar). afrikaans” bly daar omdat die taal koopkrag het.

    ek dink jy kan ‘n baie sterker saak maak vir die ander afwesige tale as om te kla oor ‘n taal wat tereg nie meer die voertaal van so ‘n webtuiste kan wees nie.
    😉

  22. alleman sê:

    Dis juis die ‘vergunning’ posisie wat my aanstoot gee – dit moenie daar tussen die Fungames, Play en Win wees nie, dit moet eerder glad nie daar wees nie. Ek ag die afwesige tale gelukkig dat hulle die vernedering gespaar is om ge-24.com en ge-news24 te word. Dit gee aan hulle die spasie om hulle eie planne te maak as hulle wil.

    Ons wat Afrikaans is het lankal reeds ‘n plan gemaak en daardie plan se naam was Nasionale Pers. Dit was ons almal s’n, en ek kan nie sien op watter gronde dit nou Engels moet word en net op die persoonlike verryking van Koos Bekker & trawante moet neerkom nie. Naspers het gekom waar hy is met Afrikaanse geld en op die rug van Afrikaanse lojaliteit. Daarom is dit nie reg van hulle om Afrikaans te drop wanneer dit kom by die Web nie.

  23. Ek begryp. Maar ek moet maar weer herhaal – as die geld praat, maak niks anders meer saak nie.

  24. Jong, ek wil nou nie “I told you so” sê nie (meestal omdat ek dit nie eintlik al in hierdie thread gedoen het nie), maar het jy onlangs opgelet wat aangaan by http://www.nuus24.com?
    😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s