Obama bombardeer sy eerste dorpies

Net  dae na sy inhuldiging het Obama reeds bomaanvalle goedgekeur. 18 mense dood in Pakistan.  En dis nou die man waarop almal so gehoop het. Dit het nie lank geneem vir Obama om sy ware kleure te wys nie.

Hoe koelbloedig moet mens nie wees om missielaanvalle te loods op dorpies in ‘n land baie  vêr van jou eie bloot omdat daar ‘suspected militants’ is, en ongeag die teenwoordigheid van  onskuldiges, vroue en kinders nie!

Waar laat dit nou al Obama se lofsangers, insluitende Mhambi en Pierre De Vos?

Ek sien prof De Vos gaan so herhaaldelik aan omdat Carl Niehaus vir ‘n NG dominee gestudeer het.  Hy gebruik dit as kode om te wys hoe beginselloos Niehaus is, want in Saffaland-denke is NG dominee omtrent so laag op die morele skaal as wat jy kan kry.    Maar ten minste weet die meeste NG dominees een ding: “Moet op prinse nie vertrou nie” .   Dit is vir my ‘n rotsvaste waarheid van politiek.  Daarteenoor is die wat in Obama ‘n Heiland soek maar soos blare in die wind.

This entry was posted in politiek and tagged . Bookmark the permalink.

10 Responses to Obama bombardeer sy eerste dorpies

  1. samboerou sê:

    Niemand luister nie, al die oe is nog op die ander vuurwerkvertoning!

  2. Ek wonder darem. Was daar regtig mense wat gedink het daar gaan nooit weer oorlog wees nadat Obama ingehuldig is nie? Ek weet nie van sulke mense nie, maar indien hulle wel bestaan, dan is hul naïwiteit opsigself hul straf.

  3. alleman sê:

    Samboerou ja, en dink jy Obama sal enige simpatie hê vir die Palestyne wat so afgemaai word?

    Piesangverkoper dis nie dat enige iemand so naïef was om te dink dat daar nie weer oorlog sal wees nie. Lees bietjie weer hierdie sin:

    ‘The strikes will help Obama portray himself as a leader who, though ready to shift the balance of American power towards diplomacy, is not afraid of military action.’

    Met ander woorde, dit gaan veral oor hoe hy gesien word in Amerika en die wereld. Ek kan nie van die gedagte onstslae raak dat hy lank tevore reeds besluit het om vroeg in sy presidentskap “spiere te wys” nie – hy moes net so gou as moontlik ‘n rede kry. En nou is daar mense dood, en bloed op sy hande.

    Dink vir ‘n oomblik ook na oor die idee van ‘n missielaanval op ‘n dorpie waar daar vyande van Amerika skuil. Daardie vyande is in Pakistan – ‘n bondgenoot van Amerika. Het Obama werklik in 4 dae alles wat hy kon probeer om Pakistan so ver te kry om die vyande van Amerika te arresteer? Hoe hou hulle so ‘n groot bedreiging in vir Amerika daar in Pakistan dat dit selfs aanvaarbaar is dat onskuldiges ook saam sterf net om hulle dood te kry?

    Die gemak waarmee die Amerikaanse presidente plekke in ontwikkelende lande bombardeer is skrikwekkend.

    Dis mode om aan te gaan oor hoe Bush was, maar Bill Clinton het ook minagting vir menselewens gehad. Soos toe hy die Al-Shifa medisynefabriek in Sudan laat bombardeer het – waarskynlik om aandag af te trek van sy Monica Lewinsky – probleme.

  4. samboerou sê:

    Toe ek daar bo spiere lees,moes ek ook dadelik aan Clinton dink!Simpatie?,die Yankies ken net van n oog vir n oog,mens sou dink van daai christelike regses het erens al van n wang gehoor!

  5. Ja, ek vermoed as ons oor Obama gesels, gaan ons stry, maar hoekom wil ons stry – dis cool by the pool as mens verskil en ek dink ons kan dit daar laat.

    Waaroor ek wel met jou saamstem is dat die weird dominee bashing perplexing is. Kyk, self is ek nie ‘n dominee of ‘n NG nie, en ek ken ‘n paar drelle wat predikante is (net soos wat ek ‘n paar werklike engele ken wat predikante is). Ek dink egter die karikatuur van predikante waarmee (vernaamd Engelse wit Suid-Afrikaners, asook baie Afrikaanssprekendes) nog rondloop, is maar een van die laaste hoeke waarin outydse boerebashing nog oorleef. Niks is so Afrikaans soos ‘n NG dominee nie.

    Ek lees ander dag die glossary van ‘n Engelse boek wat verlede jaar nog in SA gepubliseer is, en daar, onder die inskrywing vir “dominee” sien ek – “Stern Calvinist minister with a preference for the Old Testament.” WTF?!

  6. Ek’s geneig om saam met PV saam te stem dat dit bloot net naief is om te dink Obama gaan ‘n dramatiese ommekeer maak, maar ek hoor wat jy se, Alleman. Mens moet maar onthou dat die messias ook maar net mens is, al is sy vel koffiekleurig. En hy bly Amerikaans en sal Amerikaanse belange bly dien, ook op geo-strategiese vlak. Ek verwag niks minder van hom nie. Bowenal bly hy steeds ‘n politikus. As hy nie een was nie, was hy nie vandag president nie. Ivm met sy veelgesproke onderhoud op Al-Arabiya, sou dit nie soveel beter gewees het as die onderhoud met Al-Jazeera was nie?

    NS: Ek stem saam oor die stereotipering van “dominees”.

  7. Ek is ook in akkoord met julle oor dominees. Ek vind hulle aangename mense.

    Urgh. My eerste reaksie is dat as Obama ‘n goeie rede het, dan was hierdie geregverdig. Toe besef ek ‘n mens kan nooit eintlik ‘n goeie rede hê om mense dood te maak nie.

    Dankie vir die skakel, alleman.

  8. Vaktap sê:

    Obama is die anti Chris.

  9. Emil sê:

    Vir iemand wat self vir dominee studeer het, stem ek saam oor die stereotipering😉

    Om ‘n stelling te maak dat Obama die anti Chris is sonder ‘n regverdiging of deurdagte redevoering oor hoekom, is verspot – en pleinweg moronies.

    Aan die anderkant, en Bib wys ons daarop, die man is ‘n politikus en die President van Amerika – nie van ‘n Afrika- of Europese land nie, en al is die bo-menslike verwagtig daar dat hy aardskudingde veranderings gaan bring, gaan hy dit beslis nie ten koste van die groter “Amerikaanse Droom” doen nie.

    Maar om aan die voer hy wys nou sy “ware kleure” is effens eensydig, en spreek meer tot die uitspraak self as Obama. ‘n Pseudo-psigologiese analiese spreek van vooroordeel😉

    Het hy nie lankal reeds spiere gewys nie? Ek dink dis foutief en kortsigtig om die Afghanistan en Iraq-gebeure ‘n Obama-aangeleentheid te maak. Dit is immers bekend dat hy reeds vroeg in sy veldtog Afghanistan as sy fokus uitgelig het en dat die eerstydse inval in Iraq nie die oorspronklike doelstellings na 9/11 verwoord het nie. Sy dryfveer is om steeds die laaste oorblyfsels van Al Qaeda en die Taliban daar uit te wis. Wel, ek dink nie hy besef hoe moeilik daardie taak gaan wees nie – daarvoor hoef hy maar net die Russe te vra.

    Dit alles gesê: geen, maar geen “hoër” motief is genoegsaam rede om onskuldige mens te bom nie, of jy nou Obama of Levi of Amerika of Israel of Hamas is.

    En vir hulle wat reken Obama is “perfek” – word wakker!

  10. alleman sê:

    Emil ek is nou spyt ek het juis daardie uitdrukking gebruik – ek het nie ‘n probleem met Obama se kleur nie, maar met die manier hoe hy die bombarderings voortsit nadat hy soveel mense hoop gegee het dat hy anders sou wees. Daar is altyd onskuldige slagoffers tydens bom- en missielaanvalle en daarom is dit niks beter as terrorisme nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s