Om op te hou rook

Na ek die gelees het, het ek besluit om neer te skryf hoe ek opgehou rook het (dis nou al 4 jaar) in die hoop dat dit iemand kan help. Ek dink daar is veral twee redes hoekom mense rook, en dit was ook my twee redes:

1. Breinstimulasie
2. Jy dink dit verlig jou stres

Breinstimulasie

In die horing van Afrika kou die manne khat, in groot dele van die wereld word sterk koffie gedrink, en so aan. Dit is nou maar eenmaal so dat mens iets wil hê om die brein ‘n bietjie te stimuleer en verveling te verlig.  Veral mense wat baie moet wag, of vêr moet ry het hierdie behoefte.

Gelukkig is daar baie dinge wat ook  breinstimulasie kan verskaf, veral as jy nie baie arm is nie. Byvoorbeeld musiek, sterk koffie, radio, die Internet, boeke, sport, oefening, reis.

In my geval was dit programmering en blogs – dit het aan my die breinstimulasie verskaf wat rook eers verskaf het. Dis eintlik nie te moeilik om op te hou rook wanneer jy so iets anders het nie. My sussie het vir ons kom kuier en vakansie hou hier in Engeland – dit was haar eerste keer oorsee, en sy het taamlik maklik hier by ons opgehou want alles was vir haar ‘n nuwe ervaring. Terug in SA het sy ongelukkig na 6 maande weer begin.

Dis eintlik baie makliker om op te hou rook as om nie weer te begin nie, en ek dink die rede hoekom mense weer begin is omdat hulle dink dit verlig hulle stres.

Stres en rook
Ek het in die NHS (Britse gesondheidsdiens) se pamflette gelees oor die verwantskap tussen rook en stres.  Rook gee in werklikheid vir jou ekstra stres, want ‘n roker se hart klop dag en nag heelwat vinniger, en ekstra suikers en stimulante word afgeskei in jou bloed. So ‘n roker is 24 uur per dag aan ekstra stres blootgestel, bo en behalwe die stres wat die lewe op sy pad bring.  ‘n Roker slaap ook nie naastenby so goed soos ‘n nie-roker nie, en min slaap veroorsaak erge stres.
Nou as jy rook gee dit verligting van die smagting na nikotien, en dis daardie gevoel van verligting wat die illusie skep dat rook vir stres help. Ek het ‘n lang tyd aangehou rook terwyl ek myself bo alle twyfel oortuig het dat rook se ‘stresverligting’ eintlik net ‘n illusie is, en dat rook in werklikheid baie ekstra stres veroorsaak. Nadat ek opgehou het, het slegte dinge op my pad gekom, maar ek het in daardie tye nie eers aan rook gedink nie, want ek het geweet dat rook nie enige verligting sal bring nie (ek het wel heelwat bier gedrink en doen nog steeds, maar dis ‘n ander storie).

This entry was posted in witmense and tagged , , , . Bookmark the permalink.

14 Responses to Om op te hou rook

  1. Kokkewiet sê:

    Baie geluk!! Hopelik spoor die post ook iemand aan om op te hou!

  2. Zee sê:

    Sjoe, en hier dink ek my sigarette verlig my stres. Alleman, ek wil so graaaaaaaaag ophou, en vandag het ek iets gelees wat my beslis aan die dink gesit het. Nou moet ek net die wilskrag kry, en sommer baie vinnig want my bors ly daaronder!

    Dankie vir die narvorsing!

  3. Baie geluk. Ek self is al vier maande vry. Wat vir my gewerk het is dat ek een oggend ‘n stuk slym opgehoes het wat so dik was dat ek dit nie weer kon afsluk nie.

  4. boendoe sê:

    😯 @ Piesangverkoper!

  5. alleman sê:

    Dankie julle – Zee dis eintlik maar sommer net so uit my geheue geskryf, en ek het iets belangriks vergeet. Ek sal dit in my volgende inskrywing regstel.

  6. Wrang sê:

    Inderdaad ‘n groot stap. Rook is maar net nog een van Homo Sapiens se verderflikhede.

  7. Baie mense gebruik Alan Carr se boek. Easy way to Stop Smoking, hy raak ook aan die punte en nog ander.

  8. alleman sê:

    Dankie Rosalind, ek het nou net die Alan Carr Wikipedia artikel gelees:
    http://en.wikipedia.org/wiki/Allen_Carr
    Dit lyk vir my baie goed.

    Soos die boek se metode (volgens die artikel) dit stel, was dit ook vir my: hoegenaamd nie ‘n groot wilskrag prestasie waarop ek trots is nie. Inteendeel, dit het sommer so vanself gebeur nadat ek begin anders dink het oor rook.

  9. alleman sê:

    Wrang, dankie vir die besoek. Soos jy aan my vorige kommentaar kan sien: dit was nie vir my ‘n groot stap nie.

  10. probeer die boek, dit werk😉 indien jy sukkel. of lees dit sommer in elk geval sou jy lus wees.

  11. Ek wens ek kon my pa kry om op te hou rook. Hy rook al baie jare en ek wil nie eers weet hoe sy longe lyk nie. Ek het self nog nooit lus gekry daarvoor nie, ek het reeds baie vices – het nie nóg een nodig nie!

    Corli

  12. Hello Alleman

    Ek is nuuskierig om uit te vind – word die lus minder? Ek trek nou op dag 6 en wil my hare uit my kop uittrek… Lekker onttrekkings simptome ook😉

  13. alleman sê:

    Hello Girl (goeiste, moet ek jou so noem!?!). Ek dink selde aan rook, en as ek daaraan dink is dit beslis nie van lus nie. Dis eerder net ‘n gevoel van blyheid dat daardie nagmerrie verby is.
    Lees die Alan Carr boek al hou jou wilskrag nog. Want as jy nog in jou hart ‘n gevoel het dat rook iets vir jou kan doen, kan jy weer begin. Maar as jy eers anders dink oor rook sal jy nie.
    Sterkte – ek hoop jy kry dit reg!

  14. Langes sê:

    ek wil net se dat wat jy daar bo se in nogal touching,maar ek rook nogal heelwat baie so +- 10 sigarette n dag en ekt agter gekom ek rook meer waneer ek verveeld is en dis vi my moilik om op te hou want al hou ek myself besig word ek nog steeds lus om te rook!

    het jy dalk vir my enige raad?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s