Wat presies is ‘n blanke?

Voor en tydens die Anglo-Boereoorlog het Britte en Engelssprekende Suid-Afrikaners min of meer ewe min van Afrikaners en swart mense gedink.  Hierdie minagting het uiting gevind in dinge soos die hongersnood waarin 50 000 Xhosas gesterf het nadat Brittanje hul grond afgeneem het in die 1850s, die minagting vir die bestaansreg van die Boererepublike nadat goud ondek is, en die konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog waartydens in die orde van 27 000 Afrikaner vroue en kinders gesterf het.

Ondanks die feit dat Afrikaners geweet het hoe dit is om so geminag te word, het ons ook dieselfde minagting as die Britte teenoor swart mense gehad in daardie tyd.   Ons het ons Britse vyande eerder bewonder en nageboots as om hulle te kritiseer.  Ons het as’t ware aspirasies gehad om ons armoede en ellendigheid van daardie tyd agter te laat, en eerder ryk en belangrik te word soos die Britte.

Na die einde van die Boereoorlog het Churchill en Smuts vriende geword, en Churchill het as Britse parlementslid en as “Under-Secretary of State for the Colonies” die Afrikaner aspirasies hierbo genoem, gesteun.  En so het die blanke unie van Suid-Afrika onstaan. Afrikaners kon nou tesame met Engelse oor swartmense heers.  Die Engelse sou veral die belangrike posisies beklee in die regering en het die sakewereld oorheers, maar Afrikaners wat nie geboer het nie, kon polisiemanne, spoorwegwerkers en stasiemeesters word.  Afrikaners wat goed was met Engels, kon selfs  meeding om hoë posisies in die staat.

Afrikaner nasionalisme het nie berus daarby om net van derderangse burgers na tweederange burgers te vorder nie, en later het die Nasionale party dit reggekry om Afrikaners te laat vorder tot gelykes van die Engelse in die blanke staat, om die Britse monargie te verwerp en Suid-Afrika ‘n republiek te laat word.  Vir Afrikaners was dit vordering, dit het die Engelse meestal irriteer, en vir swartmense was dit slegte nuus, want die Nasionale party regering het sommige van die bietjie regte wat hulle onder Smuts en die Engelse gehad het, weggeneem.

Maar Afrikaners het nou ware blankes geword – ryk, belangrik, en veel beter daaraan toe as swartmense.  So blank het ons geword, dat ons selfs ons eie bloedfamilie, geloofs- en taalgenote, die bruin mense se regte weggeneem het.

Ondanks die feit dat Afrikaner nasionalisme die Engelse irriteer het, en Engelse bevoorregting in baie gebiede, veral die staat, verminder of selfs heeltemal beeindig het, het die Engelse (ons “mede-blankes”) asook die Britse regering in die reel en vir die grootste deel van sy bestaan,  die blanke apartheidstaat gesteun. Die hoofrede hiervoor was dat swart bevrydingsbewegings in die res van Afrika vir die Britte (en ander Europese koloniale magte), baie probleme gegee het, en vir Engelse was die blanke staat dus ‘n beskerming daarteen.

Baie van ons “mede-blankes” het selfs ingekoop in simbole  soos die Oranje-Blanje-Blou, en die meeste het diensplig gedoen om die blanke staat militêr te beveilig.  In ruil het Afrikaners ook van die Engelse begin hou, en Nasionale Pers het met tydskrifte soos Huisgenoot spesiale moeite gedoen om Afrikaners te bekeer van ons Republikeinse ideale, en eerder ‘n bewondering vir die Britse koningshuis aan te leer.

***

So dis basies ‘n kort, vereenvoudige geskiedenis van wat dit beteken om ‘n blanke te wees en hoe Afrikaners blankes geword het.  Blankheid is ‘n kunsmatige identiteit wat Afrikaners en Engelse tussen 1904 en 1994 in stand gehou het, en ek beskou dit nie as iets om op trots te wees nie.

‘n Blanke vandag, is iemand wat ondanks hierdie vergrype nogtans aan die blanke identiteit vasklou.

Edit: Die volgende paragraaf is verander om ‘n kwetsende verwysing na ‘n spesifieke persoon te verwyder:

Blankes is ook geneig tot  selfbejammering, om hul probleme vergelykbaar te sien met ander wie se lyding objektief gesproke veel erger is.  En om, wanneer armes of swart mense se lyding genoem word, te wil kompeteer daarvoor dat hulle probleme eerder bespreek moet word.

Gee my eerder ‘n Afrikaner of ‘n Boer as ‘n blanke.

This entry was posted in afrika, afrikaners, rassisme, suid-afrika, witmense and tagged , . Bookmark the permalink.

29 Responses to Wat presies is ‘n blanke?

  1. Hulle se die onderdrukte word baie keer die onderdrukker. Eintlik het veel hier verkeerd gegaan sedert die Engelse van die Nederlanders oorgeneem het, nie dat die Nederlanders so goed was nie, maar die Kaap destyds was nie so verdeeld as na die Britse oorname nie.

    Maar blanheid het ‘n dieper herkoms in die slawehandel, waar mense as minderes en meerderes gesien is.

    Ons het dit net ‘n naam gegee, dit wet gemaak en dit vervolmaak. Ons het die transformasie iewers gemis.

    Ek was gisteraand by ‘n show van Pieter-Dirk Uys waar hy nogal kommentaar gelewer het op wat met inheemse bevolkings in die VSA, Kanada en Australie gebeur het.

  2. Adrie sê:

    Die verlede het een doel. Leer daaruit sodat die foute van die verlede nie herhaal word nie. Om daarby vas te hak, hou vooroordele lewendig.

    Persoonlik het ek beter dinge om te doen as om by iemand se graf te huil. Ongeag of dit die slagoffer van die Engelse, die Boere, Koevoet of die grensoorlog was. Ek bou eerder aan ‘n beter SA vir almal. Wat beter paaie, beter gesondheid en veral beter onderwys hopenlik sal insluit.

    Eintlik is hierdie lang relaas ‘n mors van tyd. Ek gee nie om wat jy van my dink nie.

  3. alleman sê:

    Ek wou hierdie lankal skryf Adrie – dit gaan nie soseer oor jou nie. Jy was maar net wat my sover gekry het om op te hou uitstel.

  4. Sonkind sê:

    Ek weet hierdie is sekerlik ‘n retoriese vraag, maar wanneer gaan ons in hierdie land leer dat die kleur van jou vel net dit is – ‘n kleur? Dit maak jou nie beter, slimmer, of wat ook al nie. As jy ‘n swak karakter het, het jy ‘n swak karakter, ongeag jou kleur. Jou velkleur speel dalk ‘n rol in waar jy grootgeword het en watter kanse jy in die lewe gehad het, maar dit maak jou nie inherent beter of slegter nie. Some will always stay prisoners of their birth, but not all, never all.

  5. Adrie sê:

    Viva Sonkind. Ek stem 120 % saam.

  6. alleman sê:

    Sjoe Adrie, ek vermoed Sonkind stem dalk eerder saam met my. Om dit uit te spel:
    * Wit is ‘n velkleur – daar is niks daarmee verkeerd om wit te wees nie, almal weet dit
    * Blank is ‘n identiteit en ek dink ook ‘n soort koudheid in die hart.

  7. Adrie sê:

    Alleman, ek lees dit weer dat alles nie oor kleur gaan nie. As jy gaan nalees sal jy sien dat ek oor die algemeen teen enige rasgoed blog. Ek val net so maklik blankes as swartes as kleurlinge aan. n Verenigde SA sal kleurblind wees.

    Jy is eintlik uiters onregverdig my te gebruik om blankes te stereotipeer. Ek is bekend as n koue, emosielose mens. Die uitsondering, nie die reel nie. Se jy Sonkind, Boendoe, Roer, Sammi, ens ens het koue harte? Want dan bullshit jy! Hulle is in die meerderheid.

    My punt is nog steets: Onregte van die verlede is geen verskoning vir die gebreke van die hede nie.

  8. alleman sê:

    Boendoe en Sonkind is nie blankes nie, hulle is wel wit. Ek het nog nie Sammi se blog gelees nie. Adrie ek sê nie mens moet emosioneel wees nie, en wil nie jou persoonlikheid aanval nie. Ek skryf oor ‘n siekte in die samelewing. Vergeet dat ek jou spesifiek genoem het – as jy wil kan ek daardie deel uithaal.

  9. Sammi sê:

    Alleman
    Ek lees ook nie jou blog nie want ek het al agtergekom dat mense met sterk opinies mekaar normaalweg verkeerd verstaan.
    Ek wil net gou sê dat ek dink darem dat jy baie onregverdig teenoor Adri opgetree het. Miskien moet jy maar oorweeg om daardie verwysing na haar te verwyder – dis tog alles behalwe opbouend plus dit breek af aan die inhoud van jou artikel wat eintlik baie goed is. Sy praat nog altyd reguit en aan die begin is mens geneig om dit persoonlik te lees, (soos eng blankes maar doen :wink ) totdat mens agterkom die meisiekind het werklik ‘n sterk hart vir haar mense. En ek praat nie blank soos jy dit noem nie ek praat van Suid-Afrikaners.
    Dan sou ek graag op jou inskrywing wou kommentaar lewer.

  10. Tiens sê:

    Ek is sowat 4 jaar in die buiteland, en werk saam met mede suid afrikaners, swart wit, indier en bruin, tot my eie verbaasheid het ek agter gekom dat daar geen verskil in ons werk etiek, kultuur en manier van dinge doen nie, nou wonder ek hoekom is ons so uit voeling uit met ons eie mense, jul sal glo hoe staan ons saam hier nie, jou eie landsgenote is eindlik iemand waarop jy kan vertrou.

  11. boendoe sê:

    Alleman, ja, ek wil ook vra vir genade vir Adrie. 😉 Dis darem nie heeltemal fair dat sy die sondebok geword het nie. Ek ken Adrie. She speaks her mind, en haar hart klop 100 % reg oor SA.

  12. alleman sê:

    Ek het die stuk verander soos Sammi en Boendoe gevra het. Jammer, Adrie dat ek jou so uitgesonder het – dit was nie reg nie.

  13. Sammi sê:

    Weet jy Alleman
    Nou voel ek ook sommer sleg, want eintlik was ek onnodig lelik gewees en jy was groter en gee om oor wat reg en verkeerd is…
    Maatjies?

  14. Adrie sê:

    Alleman

    Dit was nie nodig nie, maar dankie. Ek hoop nie jy het hard feelings nie?

    Sammi en Boendoe

    Dankie dat julle vir my opgekom het. Ek waardeer dit.

  15. Emil sê:

    Tiens, jy vra ‘n geldige vraag! Dalk omdat dit in die buiteland makliker is om die brug oor te steek weens die gedeelte “vervreemding” van jou land – gemenebes in die feit dat mens in die buiteland is. Hier is dit makliker om maar die afstand te hou en mekaar liefs nie te ken nie, soos in soort soek soort, reken ek.

    Ek sien ek het so bietjie op polemiek uitgemis. Dis ook ‘n manier om nader aan mekaar te beweeg😉

  16. Adrie – In plaas daarvan om kwaad te raak vir Alleman, vra jouself eerder eers af of hy reg is.

    Identiteit is ‘n smerige besigheid. Weereens, goeie inskrywing, Alleman.

  17. alleman sê:

    Dankie Johan, maar my antwoord aan Adrie op Boendoe se blog behoort genoeg te gewees het wat haar betref. Ek het fouteer om hier nog verder daaroor te skryf, en verder sou ek sê Adrie het deurgaans hoflik eerder as kwaad reageer.

  18. Tiens sê:

    Haai Alleman

    Ja daar is swart, wit, bruin, pienk vet maer ens

    Ek dink net ons het so veel om mekaar te offer, dat ons mekaar nodig het, die mindset van ons en hulle moet ‘n goue dood sterf, vir alle praktiese doel eindes is Shaka ook my koning, want hy is van my land, die Soweto uprising is my geskiedenis en efinis, die rivonia 6 is my heros maar so ook die afrikaners van dieselfde era.

    Ons geskiedenis is hartseer, maar mooi.

    As ons maar net mekaar kan leer ken

  19. alleman sê:

    Tiens ek vereenselwig my met jou mooi gesindheid. Ek dink net nie ons moet die idee van konings en monargie verdra nie. Ek sal graag die spul in veral Brittanje, Swaziland en Zululand onttroon en uitgeskop wil sien – nog in my leeftyd.

  20. Tiens sê:

    Verstaanbaar, ons is al lank nie ‘n monargie nie, en ek stel dit ook nie voor nie, maar dit is deel van ons geskiedenis, ons almal in SA sin.

    Ek dink hulle is net daar vir mooiheid, niks anders nie…

  21. alleman sê:

    Tiens ek dink nie monargie is so onskuldig nie – ek wil nog iets daaroor skryf.

  22. ekke sê:

    Eerste keer dat ek hier land. Alleman, ek like jou post kwaai.

    Die ergste was dat “blank” ook later “christelik-nasionaal” geword het en toe is al die gemors onder die vaandel van Christenskap gedoen. Ek onthou ‘n hewige debat wat ek met ‘n kapelaan op die grens gehad het dat
    1) daardie nie ‘n heilige oorlog was (bewaring van die christendom aan die suid-punt van afrika – totale snert)
    2) ek’s eers ‘n chrsiten, dan ‘n afrikaner en nie soos die regime wou hê ons moes ons afrikanerskap (blank-heid) bo alles stel nie. “Ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou …” Selfs my SAnerskap is ondergeskik aan my hemelse burgerskap. My identiteit lê nie in my vel kleur nie, maar in my skepping; in Christus.

    Frankly, as ons die hemelse burgerskap se beginsels waarlik uitgeleef het, sou die regime en die blanke identiteit dalk nooit gewees het nie.

  23. alleman sê:

    Hello Ekke (of is dit Thinus?), ek hou van jou sentimente.
    Ek het lank gedink oor hoe om jou kommentaar te antwoord. Ek is nie ‘n gelowige nie, en dis my mening dat die invloed wat godsdiens op politieke sake het, dikwels oorskat word.
    Maar aan die ander kant – soms lyk godsdiens, veral die Christelike geloof, na ‘n aanloklike uitweg uit die drukgange van identiteitspolitiek. ‘n Manier om eenheid en harmonie te verkry tussen verskillende groepe wat nie neerkom op die oorwinning van een groep oor ‘n ander nie.

  24. alleman sê:

    En wat die grens- en Angolese oorlog betref, jy is reg dat dit snert is dat dit oor die bewaring van Christenskap aan die suidpunt van Afrika gegaan het.
    Dit was deel van die Koue Oorlog en kan dus ook nie net voor die deur van ‘christelik-nasionaal’ of Afrikaner nasionalisme gelê word nie.
    Dit het gegaan oor die bewaring en uitbreiding van wit bevoorregting en kapitalisme wereldwyd, en ons was handige voetsoldate vir Washington en Whitehall.

  25. ekkedink sê:

    alleman, sorry, ek kon nie ‘n “about me” kry nie.

    Wil jy nie vir my ‘n comment gaan los op hierdie inskrywing nie asb. Ek is besig met “wel effense navorsing”.

    Dankie

    http://ekkedink.wordpress.com/2009/05/12/bloggerol-of-nie-moet-werkgewer-blogs-stop/

  26. boervrou sê:

    Ek is trots daarop om blank te wees!

  27. Hmn, ek dink nie ek stem saam met die volgende stelling nie:

    “Voor en tydens die Anglo-Boereoorlog het Britte en Engelssprekende Suid-Afrikaners min of meer ewe min van Afrikaners en swart mense gedink.”

    Onthou, die konsentrasiekampe waarin wit mense opgesluit is, het ‘n internasionele protes (ook onder filantropiese Britte) ontlok. Die konsentrasiekampe vir swart mense nie. Voordat die Boere se lande afgevat is, was daar nog ‘n paar jare onderhandelings en so-aan, en darem die preteks van regsgronde. Swart mense is soos lastige diere van hul land verwilder.

    Maar ek kloof nou net hare oor een sin – ek hou van jou oorhoofse argument.

  28. Pingback: Nasieskap en rassisme | alleman

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s