SA word die ongelykste land ter wêreld

Soms gee dinge wat min of meer gelyk gebeur mens ‘n kykie na dieselde dinge, maar uit ‘n nuwe hoek .  Byvoorbeeld die Britse “expenses scandal” (min of meer vergelykbaar met ons Travelgate), wat gebeur het in die jare toe hierdie selfde parlementariers nie ingesien het dat die Britse bankiers skatryk word deur lugkastele oor en weer aan mekaar te verkoop nie.  Hulle was so besig om hulself te verryk dat hulle nie hul oorsigrol vervul het nie, en nou (en vir minstens die volgende 10 jaar) gaan die Britse ekonomie die gevolge dra.

En in die afgelope tyd het ons verneem dat Suid-Afrika nou die ongelykste land ter wereld is (dit was voorheen Brasilie).   Dit was min of meer in dieselfde tyd dat ons moes hoor van die SA Kommunistiese Party leier Blade Nzimande se R1.1 miljoen BMW.  En boonop skryf die SAKP se mediawoordvoerder aan die City Press dat ons eintlik vir Nzimande moet gelukwens omdat hy net een kar gekoop het.

Nou wat ryk Suid-Afrikaners in sulke tye doen, is om hulle op Zapiro te beroep (sien hieronder),en dan te bly voortspeel in hul BMWs, en met hulle GPSe, iPhones, iPods etc.  Om die waarheid te sê, dis eintlik ‘n iEkonomie.

Dit kan egter nie so aangaan nie.

11sep09xzapiro

This entry was posted in politiek, suid-afrika and tagged , . Bookmark the permalink.

8 Responses to SA word die ongelykste land ter wêreld

  1. Ek het gedink SA was reeds verlede jaar die ongelykste land ter wereld volgens die Gini-koeffisient. Ek maak gewoonlik goed seker van my feite en sal bietjie gaan soek waar die syfers skeef gedraai het.Maar in elk geval, dis kommerwekkend en skreiend. Die meerderheid mense in SA is arm, maar (anders as wat mense dink) is SA nie ‘n arm land nie.

  2. Skoor sê:

    Ja BiB, die fondse word net wanbestuur.

    Die krete van onbevoegde, onregmatige besteding klink oral op, maar kom stemdag, dan sit die vetkatte weer met oop bekke en lag, want die massas vergeet gou die wandade wanneer mansions en yskaste en jobs beloof word. Nie dat almal regtig jobs wil he nie!

  3. Die ironie van die saak is dat die SAKP so lank gaan bly voortbestaan as wat die absurde ongelykheid bly voortbestaan. Sodra armoede verlig word in SA (pipe dream, ek weet), gaan geen nugtere mens ‘n kommunis wil wees nie.

    Net mense wat nie het nie sal ooit aanklank vind by ‘n politieke ideologie wat alles tussen almal verdeel. Kill the poverty en die kommunisme sal vanself sterf.

    Die iEkonome het ‘n baie groter verantwoordelikheid teenoor hierdie land as wat hulle besef.

  4. alleman sê:

    Ek verskil, Johan. Al sou absolute armoede uitgewis word, maar groot ongelykheid bly, is dit steeds ‘n groot sosiale probleem.
    En ongelykheid, en hoe SA vandag lyk, is nie net ‘n probleem in terme van armoede nie. Die manier hoe die rykes aangaan, hulle vertonerigheid en selfobsessie is walglik. Hulle is nie die oplossing nie.

  5. Ek stem. Ek bedoel nie dat hulle ‘n oplossing per se is nie, maar wel dat hulle ‘n soort verantwoordelikheid het. (Nie dat armes nie verantwoordelik hoef te wees nie – almal is verantwoordelik op die ou end van die dag vir wat in ZA gebeur.) In terme van jou argument sal dit wees om nie so belaglik uitspattig te wees nie.

  6. mykopop sê:

    Aha, Johan, daar dink ek raak jy tussen hakies die regte ding aan. Die armes se verantwoordelikheid. Hulle moet eenvoudig nie sulke vertonerige mense instem in die regering of as partyleiers nie. Maar miskien kan hulle nie ander nie – dalk het hulle dit nodig – dalk kan mens nie droom van fabelagtige rykdom as so iets nie bestaan nie. Hoekom het nasies soos die Britte vir eeue lank ‘n Koninklike huis?

  7. alleman sê:

    Chris, beskou jy nie die Polokwane revolusie as juis ‘n poging om van die vertoneriges in die ANC onstslae te raak nie? ‘n Deel van die nuwe klomp is weliswaar teleurstellend, omdat hulle nes Mbeki se klomp is, maar tog dink ek nie dis wat die afgevaardigdes by Polokwane wou gehad het nie.
    In elk geval, ek dink die vertonerigheid is nie net ‘n probleem onder ANC-maghebbers nie, maar loop wyd in die samelewing – onder alle rasse.
    Ek kan glad nie saamstem dat koninglikes enige goeie simboliek of positiewe funksie het nie. Hulle is bloot daar omdat die Britte nog nie dit kon regkry om van hulle onstslae te raak nie. Maar daar is wel republikeine wat probeer – http://republic.org.uk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s