Het Jansen nou ‘n guns aan Afrikaners bewys deur ‘n spesiale gunsie vir 4 oortreders te probeer doen?

Ons het nie sulke soort gunsies nodig nie.  Ons oortreders moet regverdiglik gestraf word – nie swaarder of ligter as wat hulle verdien nie.  En daarvoor moet ons op die reg, en op die UV se vooraf vasgelegde disiplinere prosedures staatmaak.

Net soos wat ons wil hê die oortreder Schabir Shaik moet nie spesiale gunsies ontvang net omdat hy vriende met pres Zuma is nie, net so moet ons ook nie spesiale gunsies verwag vir oortreders in ons geledere nie.    In hierdie soort gunsies lê die saad van korrupsie.  Daarteenoor lei die behoorlike regspleging wat in ‘n regstaat gebeur, tot ‘n ordelike en veilige samelewing.
Die regsgeleerde, Pierre de Vos, verduidelik dit ook hier.

Die disiplinere prosedures van ‘n universiteit het ook geldigheid voor die howe van die land.  So waarom het Jansen hierdie normale prosedures probeer omseil?

  • Wou hy, soos die konings van ouds wat tydens hul bekronings al die gevangenes van die land vrygelaat het (en sonder twyfel daardeur ‘n yslike probleem vir hul arme onderdane geskep het), ‘n grootse gebaar teenoor Afrikaners doen?   Hoekom moet ons daaroor bly wees as hy ons oortreders “vergewe”?   Dis nonsens.  Ons moenie vergiffenis vir ons oortreders begeer nie, maar geregtigheid.     Die feit dat soveel Afrikaners nou swoon oor koning Jansen, wys net hoe suksesvol Naspers was daarmee om ons van ‘n nasie van republikeine te verander in ‘n nasie wat koningklikes bewonder.
  • Of wou hy hierdie aksie as ‘n gawe aan die Afrikaner probeer voorhou?   Op so ‘n manier goedwilligheid koop wat hy later kan gebruik om sy agenda vir Afrikaners uit te voer.  En moenie ‘n fout maak nie, ‘n agenda vir ons het hy wel.  Die Afrikaner is waaroor hy gedurig skryf – ons is sy een groot obsessie.  Hierdie daad van Jansen, wat hy nie geregtig op was om te doen nie, bring geen voordeel hoegenaamd vir Afrikaners nie, en daarom behoort sy aandele by ons geensins hoer te wees as wat dat was nie.
This entry was posted in afrikaners, blankes, reitz, suid-afrika and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Het Jansen nou ‘n guns aan Afrikaners bewys deur ‘n spesiale gunsie vir 4 oortreders te probeer doen?

  1. boervrou sê:

    Jansen moes daai ouens gestraf het, al was hulle wit of swart, dit was walglik wat hulle gedoen het. Pret, my dinges. Hulle het geweet wat hulle doen is verkeerd.

  2. mykopop sê:

    Ek het baie gemengde gevoelens oor die saak. Ek volg dit nie so noukeurig dat ek weet in watter mate die ouens al in hulle loopbane gestuit en dus “gestraf” is nie, maar mens moet darem in ag neem dat hulle nou ook nie ‘n moord gepleeg het nie, is dit bv. nodig dat hulle nie weer kan studeer nie of nooit werk kan kry nie?

    Maar dan voel ek weer dat al ons blankes nou sommer weer saam in die beskuldigdebank staan, wat ek ook in my Ek Piepie Nie-versie destyds probeer sê het. Daarom voel ek dit sal beter wees as sulke voorvalle nooit gebeur nie.

    Ek wonder ook as die werkers ook blank was, of daar hoegenaamd so ‘n ophef van gemaak sou wees.

    • alleman sê:

      Chris, ja, ek dink ek voel nou meer soos jy daardie tyd: dis individue se aksies, en hulle moet self daarvoor pa staan. Die res van ons is nie mede-verantwoordelik nie, en Jansen is boonop verkeerd om homself nou as ‘n sendeling aan die Afrikaner te sien. ‘n Sendeling wat ons van ons agterlikheid moet kom verlos.

  3. Bertus sê:

    Ek sou graag wou sien wat gebeur as vier swart outjies wat vir ou wit vrouens hondekos-pis gevoer het vry daarvan afkom? Dan sou ons weer oral gelees het in Suid-Afrika dra niemand meer die gevolge van hul dade nie, in Suid-Afrika kom jy met enigiets weg.

    Ek het ‘n vermoede die mense wat so juig oor Jansen se vryskelding van die Reitz-4 is dieselfde mense wat so moan omdat die Travelgate MP’s, Jacob Zuma en ‘n magdom swart oortreders nie vervolg word nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s