Jan-Jan, die dappere

Ek moet erken ek het al artikels van Jan-Jan Joubert gelees wat nie vir my baie interessant was nie.   Maar toevallig lees ek op Anton Barnard (een van die Praag kwaadstokers) se blog:

Ek kan my reeds indink hoe Jan-Jan Joubert se skril stemmetjie nog ‘n oktaaf sal styg uit pure vrees, en hoe hy gal sal braak in al wat ‘n Nasperskoerant is hieroor

Nou  as Anton so haatlik oor Jan-Jan is, dan verdien hy hy sekerlik ‘n bietjie meer aandag.  En dit is ook so.  In Sondag se Rapport skryf hy:

Alte dikwels word aangevoer die gebeure was onskuldige studentepret waaraan die skoonmakers vrywillig en glimlaggend meegedoen het. Om dit te beweer, is om magsverhoudinge verkeerd te verstaan, hopelik nie aspris nie.

In enige professionele magsverhouding staan die mindere in ’n mate verleë jeens die maghebber. Hoe beter jy is in jou werk, hoe wyer jou opsies en hoe beter gekwalifiseerd jy is, hoe minder verleë is jy.

Daardie skoonmakers is ongeskoold, en dis vroue wat as broodwinners vir hul gesinne optree in gemeenskappe waar baie meer as die helfte van die mense krepeer te midde van werkloosheid. Daar is geen groter vrees as om die vastigheid van werk te verloor nie. Daardie werk is al manier uit die armoedeslagyster se ellende, al manier waarop jy hoop het vir jou kinders, al kans op selfrespek, al skild teen moedeloosheid.

Daarom grinnik jy maar saam vir die baas se simpel grappies, want jy moenie jou werk verloor nie. Daarom sluk jy jou trots, want jy moet net nie jou werk verloor nie. Daarom hou jy jou mond en doen mee, want jy moet net nie jou werk verloor nie.

Jinne mense, dis die werklikheid. Wie nie deernis het vir die posisie van die skoonmaker en die kwesbaarheid van haar menswaardigheid begryp nie, ignoreer die magsverhoudinge in ons land en is ongevoelig oor die aard van verontmenslikende armoede.

Ek is dalk verkeerd, maar ek dink dis dalk die eerste keer dat ‘n Naspers joernalis die kwessies van interpersoonlike magspolitiek so duidelik uitstippel. (Iemand soos Christi van der Westhuizen skryf soms sulke soort goed, maar ek dink sy is ‘n vryskut skrywer.   Naspers se eie joernaliste klink gewoonlik na DA-segsmanne)

Nes Jesus, kies die dapper persoon altyd kant vir die maglose, terwyl mense soos Barnard, en sy ideologiese baas, Dan Roodt, vanuit hul uiters bevoorregte posisies nogtans verkies om ‘n  minagtende houding teenoor die magloses, armes en hulle regte en behoeftes in te neem.

 

This entry was posted in afrikaners, blankes, politiek, reitz, suid-afrika and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Jan-Jan, die dappere

  1. Reggie sê:

    Alleman, dis waar dat die magsposisies miskien vir die eerste keer uitgelig word. Miskien het jy gesien Herman Wasserman and Sean Jacobs gaan egter verder deur te wys hoedat selfs Tim du Plessis, nou skielik iets laat hoor oor die strukturele aard van rassisme, in die storie. Ek wonder of dit nie (weereens) bloot ‘n swaai van die mantel is, bloot omdat Jansen, oënskynlik die ANC aanvat nie. Waar Jan-Jan en Tim konsekwent is, is dat hulle alles wat anti ANC ruik, ophemel.

    • alleman sê:

      Dis jammer dat jy (en Sean & Herman) ‘n suggestie maak dat daar iets rassisties daaraan is om anti-ANC te wees, Reggie.
      Die ANC is ‘n groot probleem vir Suid-Afrika.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s