Wat is ‘n Afrikaan?

Ek het nie ‘n groot begeerte om elke dag ‘n Afrikaan genoem te word nie, want dit is besig om ‘n naam van uitsluiting te word – net soos wat die woord “blanke” ‘n woord van uitsluiting is.  ‘n Woord wat sê  “jy hoort nie eintlik hier by ons nie”.

Wanneer dit kom daarby oor of ons Afrikane is, dink ek dit het niks met met kultuur te doen nie, maar alles met jou regte as burger, en daarom is mense wat ons nou van hierdie benaming wil ontneem, besig met vertrouensbreek en xenofobie.
Vertrouensbreek want die ANC onderhandelaars voor 1994, insluitende Nelson Mandela, Mbeki en Zuma, het gesê  dat ons ook Afrikane is.  Die Freedom Charter begin ook met die woorde “South Africa belongs to all who live in it, black and white”
En ons legitimeit as burgers hang nie net af van die Freedom Charter en van wat Nelson Mandela ons genoem het nie, maar dis ook vasgele in die grondwet, in ons burgerskap en in die feit dat ons al hoe lank hier is, en  (behalwe vir individue) nie ‘n ander heenkome het nie.

Dis glad nie waar dat swart mense in die algemeen ons wil weg hê, of nie wil hê dat ons “Afrikane” moet wees nie. Inteendeel.  Die werklikheid is dat die meerderheid swart mense nog steeds geduldig wag vir ons om ons rassisme en meerderwaardigheid te los en om medemense en gelykes met hulle te wees.   Hulle het geen probleem daarmee om  gelykes mede-Afrikane te noem nie.

Maar dit is tog so dat daar sedert (en as gevolg van) Thabo Mbeki se presidentskap swart nasionaliste in die ruling elite na vore kom, wat poog om die naam Afrikaan net vir swart mense toe te eien, en ons van die naam  te ontneem, en ek meen hulle is blote kansvatters en mens moet nie eers een sentimeter vir hulle terugstaan nie, spesifiek omdat dit juis  iets is wat mens nie moet doen wanneer jy met ‘n kansvatter te doen het nie.

Dikwels is politici wat dit probeer, self nie eers so danig anti-wit nie, maar is eerder besig om die aandag te probeer aflei van iets, byvoorbeeld korrupsie.
Maar dis nie swart mense in die algemeen wat dit doen nie, selfs nie eers die ANC as geheel nie, net spesifieke kwaadwilliges binne die regerende klas.  En, soos alle kwaaddoeners, moet hulle beveg word, nie enige legitimiteit gegee word deur hulle klassifikasies te aanvaar nie!    Mens moenie eers vir een sekonde te kenne  gee dat hulle die reg het om oor ons Afrikaan-skap te besluit nie, want dit sal hulle net sterk in hulle kwaad.

Mense se regte was nog altyd iets wat nie vanself gekom het nie, dis altyd iets waarvoor mense moet opkom, veg en waaksaam oor wees.  Selfs in voorspoedige Europa.    Vir ons is dit dieselfde.  Ons moet hard en duidelik wys dat ons nie ons legitimiteit as landsburgers van ons sal laat wegneem nie.
Mens se legimiteit is dikwels afhanklik van jou bereidheid om te veg vir wat jy het.  Wat dit betref is Vlam se ervaring nou die dag vir my baie interessant:

Ek glo sy het met haar woede haar legitimiteit as landburger gewys, en goed so vir haar.  En boonop het sy en haar kollega opgemaak en versoen.
Dit is selfs nog beter.  Die diepste oorsaak van haar kollega se optrede is tog die bittere juk en vernedering wat Apartheid veroorsaak het, so natuurlik moet dit op ‘n manier uitkom een of ander tyd.   Mens moet begrip he daarvoor dat baie swartmense graag minstens een keer teenoor ‘n witte so wil uitvaar.

En daar is nog ‘n beter manier om jou legitimiteit te bewys – iets wat mense soos Desmond Tutu, gereeld sê:  “maak die land (of Afrika) se probleme jou probleme”.   Identifiseer regtig daarmee, en jy sal vind dat jou legitimiteit nie deur redelike mense bevraagteken word nie.

This entry was posted in afrika, afrikaners, blankes, rassisme, suid-afrika and tagged . Bookmark the permalink.

10 Responses to Wat is ‘n Afrikaan?

  1. Louwie sê:

    My buurman het besluit om presies so te maak en vir sy plek in hierdie land te veg ….. met `n nommer een golfstok nogal.
    Gaan lees by skalkskryf oor sy woede.

    • alleman sê:

      Louwie, dis onindrukwekkend en simpel van jou buurman om sy woede op mense wat in asblikke rondkrap uit te haal. Dis nie hoe mens veg vir jou eie veiligheid of vir jou plek in die land nie.

      • Joh sê:

        Ek dink die probleem is dat aanhoudende blootstelling aan barbaarse geweld mens se eie waardes onnermyn en verdraagsaamheid verswelg. Die kragtige effek van geweld is sodanig dat dit die slagoffer se menswaardigheid aftakel tot so ‘n mate dat mens self ‘n barbaar word. Louwie se buurman is ‘n uitstekende voorbeeld van so ‘n situasie. Ek dink nie hy is simpel nie, eerder net ‘n mens wat nie bestand is teen die aanslae van barbare nie.

  2. As jy in bg. inskrywing die term “Afrikane” vervang met “Suid-Afrikaners”, dan stem ek saam met die meerderheid wat jy skryf. As Suid-Afrikaners het dit niks met kultuur te doen nie, maar alles te doen met jou regte as burger. Die term “Afrikaan” het by uitstek met jou velkleur te doen, asook met kultuur. As jy dus as Suid-Afrikaner kan veg vir wat joune is volgens die grondwet en menseregte, waarom dan die etiket van “Afrikaan” nog najaag?

    En oor die term “blanke”: ek verkies die term Euro-Afrikaan, maar het dit nie in my inskrywing gebruik nie weens die vrees vir semantiese verwarring. Maar op die ou-end: “blanke”, “witmens”, “Euro-Afrikaan” of watter term nou ookal – mens moet een of ander term gebruik as jy oor rasse in SA skryf.

  3. attie sê:

    Ek is ‘n “Euro-Afrikaan” ek hou van die beskrywing en ek dink ook ons sal moet begin opstaan om dit wat ons sin is nie van ons te laat wegneem nie. Ek is lief vir hierdie land. Die verkragting van die volkslied verlede Vrydag het my net weereens laat besef dat ek emosioneel aan hierdie land gekoppel is.

  4. bierpens sê:

    Wat wou … nou begin ons almal in dieselfde rigting loop …

  5. Karooseun sê:

    Wat is ‘n Afrikaner

  6. Gerhard, ek sien jy noem my ‘n radikale ateïs (en my sogenaamde trawante – dus mense wat soos ek dink en die wetenskap en sy metodes ondersteun).

    Ken jy my? Weet jy hoe ek dink? Het jy my al ontmoet? Vanwaar jou vermetele oordeel dan?

    • alleman sê:

      George daar is baie ateïste wat rustig met hulle wetenskap aangaan, sonder om enige veldtogte te voer in die algemene publiek, en ek sou hulle (ons!) as die tradisionele soort ateis beskou.
      So die nuwe groep wat na vore tree, en wat die algemene publiek probeer oortuig oor evolusie en en die on-waarheid van godsdiens moet seker ‘n naam hê wat hulle onderskei van gewone ateïste, en ek het eers later besef mens moet seker hierdie groep anti-teiste noem.

      Ek dring glad nie daarop aan om jou ‘n radikale ateïs of ‘n anti-teïs of enige iets anders te noem nie, so aanvaar asseblief my apologie as ek veroordelend was. Ek is bereid om enige ander naam te gebruik wat jy verkies.

      Verder het ek geen vyandigheid teenoor jou nie, ek bewonder in werklikheid jou moed. Maar ek het ‘n probleem met sommige van die gereelde kommentators op jou ou blog wat nou delete is. Ek het hulle as besonder arrogant, vyandig en vermetel ervaar, en hulle was boonop anoniem, so hulle het in effek agter jou geskuil. Hulle het talle kommentators op jou ou blog baie goor behandel, en aangesien ek nooit gesien het dat jy hulle daaroor aanspreek nie, het aangeneem jy dink dis OK.

      En ek het ‘n probleem met die manier hoe sommige van diegene in julle beweging net die kwaad van godsdienste raaksien. Ek dink iemand wat ‘n goeie begrip van mense, politiek, die samelewing en geskiedenis het, sal ‘n meer ewewigtige siening hê oor die waarde van godsdiens as wat ek by julle beweging ervaar.

  7. afrikola sê:

    Ek moet se ek vind die term Euro-Afrikaan is swaar gelaai met ou bagasie,Europeans Only -Non Europeans,het baie diep letsels agtergelaat,en veral Non European was eintlik presies daai term,wat dieselde gevoel wat blanke vandag het, als iemand wat uitgesluit word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s