Naspers webkoerante se gruwel-geweld kykweers

Ek stem nou nie met prof Jonathan Jansen saam wat eenkeer gekla het oor die Afrikaanse koerante die detail van hoe mense aangeval is, so “uitskree”  nie.  My siening is dat ons eerder die name van mense wat aangeval is, asook hoe hulle aangeval is, moet publiseer, as om in ontkenning te wees oor wat in die land aangaan.

Maar Naspers webkoerante het ‘n slim feature wat vorige berigte weer uit die verlede ophaal.  So by elke berig van iemand wat aangeval is, sien jy skakels na ou berigte met soortgelyke wreedheid.  Telkens wanneer ek dit sien dink ek: “ag nee, is iemand al weer op so ‘n manier gemartel / vermoor” – net om te besef dis eintlik nog dieselfde geval wat ek onthou wat nou weer opgehaal word.

Dit is nou ‘n tipiese geval van mal raak met tegnologie.   Net omdat die die tegnologie dit moontlik maak om outomaties soortgelyke berigte te vind en vertoon, beteken nie dis ‘n goeie ding nie.
Ek wonder of iemand daaraan gedink het hoe onnodig pynlik dit vir die naasbestaandes moet wees, om so uit die bloute weer aan hierdie dinge herinner te word.

En as iemand nuus wil lees, wil hy in elk geval vandag se nuus lees. Om ou nuus so by te sleep laat dit lyk of Nuus24 & kie nie rerig meer genoeg van ‘n nuusorganisasie is om ‘n voorblad vol te maak nie.

This entry was posted in afrikaners and tagged , , , , , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Naspers webkoerante se gruwel-geweld kykweers

  1. Stem saam met jou, alleman. Bloot onnodig!

  2. Louwie sê:

    Koerante gebruik sensasie om koerante te verkoop, dis so maklik as dit (Huisgenoot doen dit ook!)
    Meeste berigte is eendag sensasie. Wat ek altyd oor wonder is, wat het daarna met die mense gebeur na die koerant sy geld uit hulle gemaak het, is hulle OK? Maar die storie is nooit nuus nie, maak nie geld nie. Die volgende vars moord is die een wat die koerant verkoop.
    Dis dalk goed dat mens herrinner word van tyd tot tyd. Ons vergeet te gou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s