Solidariteit se bulletjies

Ek hou van Solidariteit.  Stem glad nie met alles saam wat hulle en Afriforum (wat deur Solidariteit begin is) doen nie, maar ek  dink dis goed dat hulle bestaan want, wel, my denke gaan omtrent so: die ANC van Mandela en Sir Mbeki was maar Britse handperdjies, en in daardie tyd het Afriforum die vlam van diegene wat nie Britse commonwealth onderdane wil wees nie, aan die brand gehou.
Boonop het Mbeki ook die sade van ‘n rassistiese swart nasionalisme gesaai, wat as Malema as leier oorneem, tot net so ‘n konserwatiewe, rassistiese en gemene regime as die Nasionale Party regering kan lei, en daarom is dit goed dat daar alreeds organisasies bestaan wat dit kan beveg.

Daar is intelligente mense soos Dirk Hermann, Flip Buys en Kallie Kriel by Solidariteit en Afriforum betrokke, manne wat in enige forum of debat hulle goed van hulle taak kan kwyt.   En nou sien ek daar is ‘n Solidariteit blog, waar party van Solidariteit se jonger leiers ook skryf.   En een of twee van hierdie jonger leiers is net so konserwatief,  polities naief en op die oog af oningelig as baie Afrikaners, maar aangesien hulle nie sommer enige iemand is nie, maar by ‘n organisasie werk wat vir ons almal van groot belang is, dink ek dit goed om ook hierdie jong ouens se blog inskrywings te lees, en hulle aan te vat waar hulle nonsens droog maak soos hier.

Ek hoop julle gaan ook hierdie interessante blog volg.

This entry was posted in afrikaners, mag, suid-afrika and tagged , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Solidariteit se bulletjies

  1. Ek kan nie anders as om hieroor met jou saam te stem nie. Mens hoef nie met al hulle sentimente saam te stem om respek te he vir hulle nie. Hulle baklei ver bo hulle gewigsklas. Soos jy uitwys le hulle rol huis daarin om broodnodige balans te skep binne die SA politieke milieu en is meeste van die tyd veel meer effektief as binne-parlementere opposisiegroepe.

  2. Hehehe…. Ons het ontsaglike moeilikheid by die werk… Ek het toe besluit om myself te beskerm en het by ‘n unie aangesluit…. Hulle was en is my eerste keuse!😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s