Dan Roodt is jammerlik

Ek het altyd aan Dan Roodt gedink as ‘n soort aandagsoeker wat nie omgee hoeveel vyande hy vir Afrikaans en Afrikaners maak nie.  Iemand wat dalk vir Afrikaners en die land as geheel net probleme kan veroorsaak, sonder dat hy iets positiefs gaan bereik.

Maar ek dink nie meer so nie.  Die kleinlike nydigheid en kinderagtigheid van sy aksies wys dat net mense wat self ook niks gaan bereik nie, hom sal volg.  Die tipes vir wie radikale aksie beteken om padtekens te bekrap.

Ek sien hy wil ‘n “veldtog vir ‘n volkstaat en Afrikanerselfbeskikking in Soweto by die Hector Peterson-gedenkteken loods.”  En hy   het ‘n website  geregistreer waarin hy maak of hy Max Du Preez is.

As sy pogings om haat tussen groepe te bewerkstellig sukses sou behaal, en die burgeroorlog waarna hy blyk te smag sou realiseer, sal hy nie sal ontpop in die groot Boeregeneraal wees waarop sommiges dalk hoop nie.  Hy sal eerder die burgeroorlog in Europa gaan deurbring, waar hy ook was toe hy diensplig ontduik het.  Maar hy sal nie dit bereik om ‘n burgeroorlog te veroorsaak nie.  Hy sal ook nie ‘n volkstaat laat realiseer nie.  As daar nog enige iets vir Afrikaners as groep bereik kan word sal dit nie deur hom wees nie, dit sal deur  volwassenes wees.

Dan word geduldig verdra in Suid-Afrika, ook deur Max Du Preez (wat eintlik maklik ‘n siviele eis teen om kan wen oor die simpele website).   Die land se mense verdra hom bloot omdat almal kan sien dat hy niks gaan uitrig nie behalwe om ‘n bietjie skade aan padtekens te veroorsaak.

***

This entry was posted in blankes, rassisme, suid-afrika and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Dan Roodt is jammerlik

  1. Ek voel ‘n Driehoek & Sirkel episode aankom…

  2. Pingback: Die vakuum heel bo | alleman

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s