Handdruk besig om uit te sterf

Ek hoor vandag ‘n kommunikasiekundige sȇ die handdruk is besig om te verdwyn in Brittanje. Daardie eeue oue mooi menslike interaksie wat wedersydse vertroue bevestig, se dae is getel. En ek moet sȇ, ek sien dit self. Nie net sien ek byna nooit Britse mans wat nog bladskud nie, ek het selfs nou die dag ervaar hoe ek snaaks aangekyk word toe ek ‘n kollega gelukwens wat teruggekeer het werk toe nadat hy ‘n dogter ryker geword het.

Dis vir my ‘n hartseer gedagte – die einde van ‘n ou soort wȇreld waar mense mekaar in die oe gekyk het, en ‘n teken van ‘n nuwe soort wȇreld van knoppies druk.
En dit sal in Suid-Afrika ook gebeur, want ons doen mos die Britte in alles na.

This entry was posted in sommer net and tagged , , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Handdruk besig om uit te sterf

  1. Miskien word mense al hoe meer afgesit deur higiene (dink H1N1 ens.). Verder kan ek nie dink hoekom die gebruik enigsins kwyn nie.

  2. Bertus! sê:

    Ek het eenkeer ‘n fassinerende artikel gelees van ‘n vrou wat ses maande as ‘n man vermom deur die lewe gegaan het, selfs ‘n groep mans bevriend het, saam met hulle rolbal gaan speel het en alles. Na die tyd het sy ‘n boek geskryf oor hoe dit voel om ‘n man te wees en sy het opgemerk een van die dinge wat haar die meeste beindruk het, is die manlike handdruk, die totale oorgawe daarvan, die eerlike entoesiasme waarmee mense mekaar pak en die warmte daarin.
    Ek hou van die handdruk waar jy iemand anders se hand met albei joune neem.

  3. Louwie sê:

    Ja ek dink ook maar altyd H1N1 en snot daarby as iemand my hand so intiem beklou.
    Maar weet iemand hoe die ding van groet op die manier ontstaan het?
    Dit lyk of die soengroet ook op pad uit is. Ook maar H1N1? Of is dit ou mans wat vrouens (veral jong meisies) oopbek soen wat te verkwalik is?
    My kinders soen niemand meer nie. Ouer mense neem erg aanstoot daaroor.

    • alleman sê:

      Ag nee man, Louwie, mense moenie so gril vir mekaar nie. H1N1 is kwalik gevaarliker as gewone griep; dit moet eintlik hypegriep genoem word.
      Let op Bertus se storie hierbo, hoe mooi is dit.
      Ons is vinnig oppad na ‘n lewe as verbruikers wat selde opkyk van ons elektroniese gadgets.
      En waar ons enigste soort menslike kontak met ander ‘n geskinder by die werk is, waar ons net ander mense probeer afkraak, sodat onsself hoër op kan uitkom.
      Waar ons te bang raak om op vakansie te gaan, want dit gee die ander mense by die werk kans om ons af te kraak in die oë van die base.
      Manne wat mekaar met ‘n handdruk gegroet het, tree nie maklik so op nie, want ‘n wedersydse vertroue is met ‘n fisiese ritueel verseel.

  4. Louwie sê:

    “Manne wat mekaar met ‘n handdruk gegroet het, tree nie maklik so op nie”
    My ondevinding is dat jy maar altyd moet kyk of daar nie `n mes in die ander hand is nie!
    Ek dink dis hoe die handdruk as groet ontstaan het. Jy gee jou hand om te wys daar is nie `n wapen in nie?
    Bertus is reg, iemand wat jou met altwee hande groet boesem vertroue in. Navorsing het bewys sulke mense is gewoonlik baie innig en opreg met hope empatie.
    Maar ek hou nie daarvan dat iemand met my hand speel terwyl hy my groet soos met die Afrika manier van doen nie. Ek wil my hand so gou moontlik terug hê dankie.

  5. Bertus! sê:

    Lekker lag ek nou vir Louwie. Dit is nogal weird soms as ek as wit mens ‘n swart mens se hand skud en dan begin die swart ou allerhande swaaie met sy duim en sy hand doen en goeters wat ek nie verstaan nie, want ek ken eintlik net die straight-forward handdruk. Maar dan lag ons gewoonlik maar net daaroor en ek probeer byhou.

    Nee man Louwie, daar is veel meer kieme op jou keyboard of op die flush-knoppie in die openbare toilet of selfs op die sitplek in die fliek. ‘n Paar kieme hier en daar maak jou immuunstelsel boonop sterker.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s