Die ANC het te vêr gegaan

Oor die afgelope dekade het ons al tot ‘n mate gedensiteer geraak vir die ANC se kleptokrasie, die misdaad, en plaasmoorde wat die ANC regering gebring het.
Selfs Julius Malema se haatspraak is in ‘n groot mate gelate  aanvaar.
Ons het gewoond daaraan geraak dat Afrikaner leiers die ANC gaan spreek, simpatiek ontvang word, maar dat daar niks van hierdie gesprekke kom nie.

Maar ek voel die ANC  het ‘n nuwe grens oorgesteek met die vertrap van ‘n Afriforum memorandum wat name van 1600 boere wat in die afgelope paar jaar  vermoor is.  Op ‘n manier is dit die laaste strooi vir my.

Ek gaan my nie skaar by wit rassiste nie.   Maar ek  wil bitter graag die einde van ANC oorheersing sien.  So graag dat dit brand in my.  Ek glo en hoop dit gaan in my leeftheid gebeur, en ek gaan probeer om my deel te doen om dit te bewerkstellig.

This entry was posted in afrikaners, mag, suid-afrika and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Die ANC het te vêr gegaan

  1. PlaasJuppie sê:

    Die optrede van die jeugliga, en gebrek aan optrede van die ANC leierskap was ‘n nuwe laagtepunt, en weerspieël waarskynlik die totale gebrek aan respek vir enige iemand se belange behalwe hulle eie.

    Dit is duidelik dat siviele en gemoedelike gesprekvoering geen effek het nie. Daar is hopeloos te min ondersteuning vir enige tipe massa optrede en geweld is definitief nie die oplossing nie. Is daar ‘n plan B?

    Vir my lyk dit steeds asof die enigste uitweg is om die algemene massas te oortuig van die feit dat die regering waarskynlik vir hulle net so min voel soos vir die blankes. Mag in getalle tipe van ding. Maar hoe kry ‘n mens dit reg teen die agtergrond van die ANC leiers wat konstant besig is om hulle te herhinder hoe alles wat fout is met die land die witgesiggies se skuld is?

    • alleman sê:

      PJ, ek glo die meeste swart mense weet dit reeds, maar hulle verkies nogtans so ‘n soort regering as om die wit rassiste te laat wen.
      Die vernedering en geweld wat hulle ervaar het onder Apartheid is daarvoor verantwoordelik.
      So as wit rassisme kan verdwyn, sal swart solidariteit en blindelingse steun aan die ANC saam verdwyn.
      Ek kan nie sien hoe die ANC aan bewind kan bly sonder wit rassisme nie.

    • PlaasJuppie sê:

      “So as wit rassisme kan verdwyn, sal swart solidariteit en blindelingse steun aan die ANC saam verdwyn”

      Ek stem 100% met jou saam, en ek dink ek het dit ook al vantevore iewers probeer verwoord. Ek dink egter daar is ‘n skrale kans dat ons so iets in ons leeftyd sal sien. Dit onthef ons egter nie van die verantwoordelikheid van ons opvoedingstaak om soveel moontlik regdenkende oopkop kinders agter te laat nie.

      Gandhi se idee van passiewe weerstand kom nogal by my op. Jy het nou die dag gepraat van die Briels, as ek nou die beeldspraak kan gebruik van hulle liedjie “Moenie aan pappa nog sherry verkoop nie” effens aangepas na “Moenie aan regering nog amunisie verskaf nie”

      Makliker gesê as gedaan, maar die moeite werd om te probeer.

  2. Nadenker sê:

    Ja, hoe gouer SA van die ANC kan onstlae raak hoe beter. Dankie tog ons lewe nog in ‘n land waar howe vir Malema kan vasvat. Kom ons hoop dit hou totdat redelikheid mense se blindheid t.o.v die ANC sal wegneem.

  3. Alleman, kan nie anders as om saam met jou te stem nie. Die probleem is egter nie eenvoudig nie…wit rassisme gee vir die ANC en ekstremiste soos Malema ammunisie, maar terselfdertyd blaas die ANC se optrede en mense soos Malema rassisme aan deur hulle optrede en uitsprake. Wat ons dus sal moet doen is om beide die ANC en die wit rassiste tergelykertyd in die bek moet ruk…en ek weet nie of dit realisties is nie.

    Maar ewenwel, wil ek ook die volgende noem: Dit word algemeen aanvaar dat die ANC hierdie edele party is wat apartheid tot val gebring het, nog altyd die morele hoe grond besit het en eers onlangs rigting verloor het. As mens egter mooi na die geskiedenis kyk en bietjie grawe, sien mens dat die ANC nog nooit hierdie edele party was nie en dat die saad van ekstremisme nog altyd daar was. Gaan terug na hulle strafkampe en die townships van die 80’s en hulle interne konflik en konflik met ander bevrydensbeweigings…Die sentrale figuur wat as INDIVIDU die ANC geweldige morele statuur gegee het, is Nelson Mandela. Hy (en enkele andere) was vir ‘n kort rukkie die ANC se morele kompas. Maar met hom op die agtergrond, het die ANC weer verval in hulle ou wee.

    • alleman sê:

      Ek stem saam dat die ANC nie hierdie edele party is nie, BiB, om die waarheid te sê, met die uitsondering van sekere figure met integriteit (hoofsaaklik linkses), dink ek aan die ANC as verraderlike slange.
      En ek weet nie hoe hierdie mense hulle nog met die ANC kan assosieer nie. Ons moet dit aanhoudend vir hulle vra.

  4. isabel sê:

    Alleman, is dit net blankes wat rassiste is? Wat noem jy Julius Malema? Wat is jou siening van ‘n man soos Eugene Terre Blanche wat net vir ons VEILIGHEID geveg het? Hy is soos ‘n dier opgekap op sy eie plaas nadat Malema aanhou sing het ‘Kill the Boer’. Wat se jy dat SWARTES, 45 000+ BLANKES sedert 1994 vermoor het? Wat se jy dat SWARTES, 3000+ BLANKE BOERE sedert 1994 vermoor het? Wie is die rassiste? As EEN BLANKE, EEN SWARTE vermoor is die koerante, dae, maande, jare, nog steeds besig om die persoon te verguisel. Wat se jy dat daar blankes in die tronk sit omdat daar GERUGTE was dat hulle terroriste is? Alleman se jy my waar is die geregtigheid? Waar is die saamstaan, saamhuil, oor wat met ons mense gebeur?

  5. alleman sê:

    Isabel, daar is nie geregtigheid nie. Ek is ook hartseer en gewalg deur wat gebeur.
    Maar om vrede te hê en die land te laat werk moet elke groep hulle rassiste tot inkeer kry.

    Daar is swart leiers wat probeer om die rassiste in eie geledere te keer:
    http://tsmaluleke.blogspot.com/2010/04/no-excuse-for-murder-of-eugene.html
    en:
    http://ridwanlaher.blogspot.com/2010/03/malemas-kill-boer-is-racist-incitement.html

    Maar ongelukkig doen die ANC dit nie. Daarmee wys hulle dat hulle leierloos en immoreel is.

    Ek glo dat onder die omstandighede van chaos en geweld wat die ANC in SA veroorsaak, die beste strategie is om ons eie kant skoon te hou. Dan kan ons deel uitmaak van wat in die ANC se plek kom wanneer die ANC tot ‘n val kom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s