Grade van onnoselheid

Mense het allerlei opinies oor hoe dom Julius Malema is.  Hulle hou byvoorbeeld daarvan om sy skoolresultate aan te haal, maar as mens in ag neem dat hy uit Apartheid skole kom, en op die ouderdom van 9 alreeds verpolitiseerd geraak het, is dit glad nie vir my duidelik dat hy onnosel is nie. Inteendeel, iemand wat op so ‘n jong ouderdom reeds sulke keuses maak, kan nie dom wees nie.  En iemand wat so behendig die politieke situasie kan uitbuit om baie vinnig skouspelagtig ryk te word, kan ook nie onnosel wees nie.

Nie dat hy is briljant is nie, want die berekende skurkagtigheid waarmee hy en baie ander ANC-lede die Suid-Afrikaanse staat plunder, beteken daar gaan nie ‘n vooruitstrewende, vreedsame en veilige Suid-Afrika  wees vir Julius & co om hulle agteraf bekomde rykdom te geniet nie.   Hy en sy lyfwagte sal voortdurend tussen koeels, slaggate,  kragonderbrekings en drolle in die drinkwater deur moet koes, as hy dit ooit per geluk reg kry om te bly lewe om sy rykdom te geniet.

Maar ten minste is hy duidelik veel intelligenter as Steve Hofmeyr.

Want in sy voortvarende onnoselheid kies Steve juis hierdie oomblik, terwyl dit net mooi vir duisende swart mense begin duidelik word dat die ANC besig is om die land in ‘n korrupte kleptokrasie te verander; terwyl Menzi Simelane die regstelsel en Nasionale Vervolging Agentskap skaamteloos kook om die ANC se boosheid te akkomodeer,  juis hierdie oomblik kies hy om uiting te gee aan sy selfbehepte wit meerderwaardigheid, deur swart mense in die algemeen vieslik en onverantwoordbaar te beledig.

Kan mens meer onnosel as dit wees?   Dit is aaklig as ‘n mens se land deur sy politici geplunder word, maar die menslike psige is nou maar eenmaal so dat dit nog erger voel as iemand jou probeer verneder, al is dit logieserwys so dat die nagevolge van ‘n land wat verval onmeetbaar erger is.  So maak Steve Hofmeyr duisende wat vir die ANC begin kwaad raak, nog kwater vir die Boere .   So maak hy vyande vir ons sonder dat dit ons haglike posisie op enige manier help, en so en so dra hy en almal wat soos hy dink,  by tot die land se verval.  Ek het geen twyfel nie, dat Luthuli House baie bly is oor al sulke dinge soos rassisme wat die aandag aflei van wat hulle alles doen.

Hy het nie strategies gedink nie.  Maar nou ja, Steve Hofmeyr se gevoel van meerderwaardigheid is seker veel belanriker as of Suid-Afrika te gronde gaan of nie.

This entry was posted in afrikaners, blankes, politiek, rassisme, suid-afrika and tagged , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

20 Responses to Grade van onnoselheid

  1. Vlam sê:

    Jinne, Alleman. Vieslik en onverantwoordbaar? Ek dink nie so nie, en ek dink ook nie hy lieg nie.

    Dalk nie slim van hom om die swart massas kwaad te maak vir die Boere nie ~ weet hulle ooit wie SH is? ~ maar heeltemal verstaanbaar. Ons het genoeg van die grond gevreet. Ons is gatvol. En dis net menslik om, as jy gatvol is, gatvol op te tree.

  2. PlaasJuppie sê:

    Vlam jy onthou my teorie oor woede?
    Of SH lieg of nie is nie die punt nie. Julius Malema – en indirek die ANC leierskap deur hulle gebrek aan optrede – het hom uitgelok tot woede wat hy toe in ‘n brief met ‘n paar gruwelike veralgemenings verwoord het. As ek swart was sou ek offended gewees het.
    Al is ons hoe gatvol, kan ons nie met 303’s in woonbuurte invaar en mense skiet nie. Ons kan nie briewe met gruwelike veralgemenings op openbare forums plaas nie – hoe graag ons ookal wil, want dit gee die malema’s van hierdie wêreld net meer skietgoed.
    Ons gaan nog vir baie lank abuse moet aanhoor en ons woorde moet sluk. Hoe meer sulke goed in die media, hoe langer gaan daai abuse aanhou.

  3. Vlam sê:

    Plasie, ons ‘moet’ niks. Veral nie bekhou en gatkruip nie. Nee, nie met 303’s in woonbuurte invaar nie, maar verseker nie permanent met bruin kringe om ons nekke rondloop nie. Ek vir een weier om my kinders groot te maak met die idee dat ons tweederangse landsburgers is, dat ons nie ons monde mag oopmaak oor enigiets nie…dat ons abuse MOET aanhoor en ons woorde MOET sluk. Twak.

  4. PlaasJuppie sê:

    Ok kom ek probeer deur middel van ‘n praktiese voorbeeld my punt oordra deur twee scenario’s te skets.
    Scenario 1# Vlam, julle vroumense luister ook flippen nooit. Ek het nie gesê ons moet gatkruip nie, waar die donner lees jy dit?

    Scenario 2# Vlam, die bedoeling van my kommentaar, hoewel kort, moet nie in isolasie gelees word nie, maar gesien word teen die agtergrond my kommentaar op vorige inskrywings hier sowel as van my eie inskrywings. Ek sê geensins dat blankes/Afrikaners moet gatkruip nie. Ek se bloot dat ons baie “gehit” gaan word vir reaksies, en dat ‘n ondeurdagte reaksie jou tydelik gaan laat goed voel oor jouself, maar dat dit in die langtermyn slegs meer skietgoed aan die opstokers gee. Met die grootste graagte sê iets, maar adresseer die probleem, die die groep of persoon nie. Ek sluit af met twee aanhalings ” . . . sticks and stones..” en ” . . . ‘n sagte antwoord . . .”

    Met scenario een het ek waarskynlik jouself en alle dames vir my die moer in gemaak. Met scenario twee het ek presies dieelfde gesê sonder om enige persoon of groep te beledig. En dit is al wat ek probeer tuisbring

  5. Vlam sê:

    😆

    Ek dink net dat hierdie reaksie op SH se brief is heeltemal over the top. Ek sien niks vieslik of gruwelik daarin nie.

    • Sammi sê:

      Ek ook nie Vlam – ek dink baie erger dinge oor wat werklik bedoel word teenoor ons.

      Quite frankly, hoekom moet ENIGE iemand dink dis ok om die vitrioliese gemors van mense wat BETAAL word in leierskap posisies (deur ONS) aan te hoor, want EINTLIK is die bedoeling wel daar om ons kwaad en oproerig te maak.

      Stefaans is NIE aangestel as ‘n magsleier nie – hy praat uit passie en DIT sê meer as diegene wat dit behoort te doen.

  6. PlaasJuppie sê:

    Chris Roper beskryf dit baie beter as wat ek kan in sy berig.
    Die woorde self in Steve se brief binne konteks is waarskynlik bedoel as belediging vir Julius, maar eindig op as belediging vir alle swart Afrikane. Dink net wat die einste Neef Julius met al daai ammo kan maak in sy volgende toespraak.

  7. Sonkind sê:

    Met alle respek, Steve was nog nooit baie slim nie, want dan sou hy nie vele male met sy broek op sy knieë gevang gewees het nie. Selfs donkies stamp nie hulle kop oor en oor nie, maar dis nou seker besides the point.

    Ek ondersteun vir PJ (en Alleman) op hierdie een, sorry Vuurtjie.

  8. Vlam sê:

    Steve is nie uitgevang met sy broek om sy kniee nie, Son. Sy broek was al mooi opgetrek toe al die girls besluit het hulle kom nou uit met al die skades en skandes. Ek glo hy weet nou van beter.

    Ek’s nogal bly jy stem nie saam met my nie. Die alewige saamstemmery ter wille van goeie vriendskap maak my siek. Spesifiek op WordPress.

    Alleman, ek wens jou emoticons was in working order. Dan kon ek met ‘n smiley face vir Son wys dat ek nie vir haar vies is nie. Of vir Plasie. Maar wel effe vir jou.

    • alleman sê:

      OK, Vlam, ek het in die settings gedelwe, en jy kan nou emoticons sien.
      Ek wil baie graag hê jy moet saamstem, nie net ter wille van vriendskap nie, maar veral ook omdat jy verkeerd is oor iets belangriks.
      Wat ek wil byvoeg to PJ se slim antwoord, is dat ek geen beperking wil probeer voorstaan op die politieke aksies wat Afrikaners kan aanpak nie.
      As jy enige iets van gatkruip hier sien lees jy regtig net bolangs.
      Luister nou mooi:
      As ons nie vurig en veglustig tot politieke aksies oorgaan wanneer dit werklik nodig is nie, gaan ons vyande bloed ruik agv ons swakheid.
      Maar rassistiese aanmerkings is nie politieke aksie nie. Dit maak vyande sonder om enige voordeel vir ons te bring behalwe om mense soos Steve se sin vir meerderwaardigheid te voed.

  9. Joh sê:

    Wel gestel Alleman en PJ.

    Ek kan Steve se optrede baie goed verstaan: erge frustrasie en ‘n gevoel van hulpeloosheid teenoor en vrees vir ‘n oormag van onnoselheid kan mens wel dryf om jou eie morele standaarde en logiese redenasie vermoë oorboord te gooi en af te daal na Malema en Zuma se vlak. Die massa beinvloed wel die endividu. Ek self vat-vat so nou en dan na die 303, so in my gedagtes, maar WEET dat dit nie die oplossing (of verlossing) is nie.

    En dis daarie weet wat ons behoud is, nie Steve en Malema se uitbarstings nie.

  10. alleman sê:

    Dankie, Joh, maar ek is nie oortuig dis onnoselheid wat die ANC se aksies bepaal nie.
    Wat as dit berekende boosheid is?

  11. Joh sê:

    Uit een oogpunt gesien is dit berekende boosheid. Hulle doen dit geheel en al uit hebsug en hulle enigstew doel is persoonlike verryking en mag.

    Uit ‘n anner oogpunt is dit onnosel tot die graad van idioties omdat hulle nie kan sien dat hulle bose dade gaan lei tot oneindige lyding van miljoene mense nie.

  12. Wanneer dit kom daarby om hulle eie belange te dien, is die bewindhebbers nie onnosel nie. As dit egter kom by landsbelang en ‘n kollektiewe toekomsvisie, is hulle domastrant.

  13. Joh sê:

    BIB, daai woord, domastrant, is seker een van die mees beskrywende woorde in Afrikaans.

  14. Louwie sê:

    Berekende boosheid, en dalk nerekende onnoselheid.
    Hitler het die Joode eers uitgeskel as geldgierige vyande van Duitsland, met Goebbels as propagandis is die Joode vinnig afgetakel tot diere waarna die Volk aktief en passief deelgeneem het aan die uitgewissing van miljoene.
    Is Malema die werktuig om die Afrikaner te verontmenslik sodat die Volk vir ET en al die ander in hulle duisende moordadig kan uitwis?
    Steve is `n dwaas, dit sou vir ons almal beter wees as hy hom voltyds wou toespits op sy kooi-kaskenades.

  15. isabel sê:

    Ek se altyd jy het nie ‘n universiteitsgraad nodig nie. Dit is in elk geval net boeke wat deur ander ouens met hulle opinies geskryf wat jy nou so gedienstig in jou koppie prop. Ek se as jy ‘common sense’ het is jy beter as daar ‘n moeilike situasie ontstaan. Hierdie geleerde ouens moet nou eers deur hulle rakke en rakke informasie swoeg om by die oplossing uit te kom. Julius Maleme het NIE ‘common sense’ nie. Hy het NIE rakke en rakke informasie om deur te werk nie, hy ken net een liedjie,so hy is ‘n NIKS.
    Los vir Steve uit. Hy kan dig, sing en ja lekker droogmaak, maar in sy liedjies (baie van hulle!) sing hy nie dat ons swartes moet doodmaak nie.
    Hy is ‘n Afrikaner wat kan sien hoe ons gemoor, gemartel, besteel, verkrag word. Hy veg vir ons soos Eugene Terre Blanche het.

  16. Skoor sê:

    Ja, en Steve kan lyfwagte bekostig. Ek kan nie.

    Jack Parow kan ‘n song maak met die sin!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s