Hoe lyk mag in SA

Ek het ‘n diagram gemaak van hoe ek mag in SA verstaan. Dis glad nie wetenskaplik nie, net my eie persepsie – en ek sal graag enigeen se opinies wil hoor.

Ek dink politiek in SA, en binne die ANC veral, is ‘n ongelooflike balanseertoertjie. Elke ding moet gebalanseer word tussen verskeie belangegroepe. Wat besluit word en ook alles wat nie besluit word nie en net in die lug bly hang, hang af van onderhandeling, determinasie, straataksies, geldelike mag, dreigemente, persepsies, stakings, suurlemoensop, en nog baie ander faktore.

Die diagram wys nie die getalle van die verskillende groeperings nie, maar hoeveel mag hulle tans uitoefen, en dit kan in die toekoms  verander na gelang van die determinasie en denke van elke groep.   Dis ook verkeerd om te dink dat in alles die een se dood die ander se brood is.   Dis eerder belangrik om te verstaan dat as een groep ‘n ander benadeel, stook hy toekomstige probleme vir homself en die land.

Dis maklik om te dink dat een ding, byvoorbeeld stakings en straatmag deur die linkses, of nasionalisme onder die (swart en wit) regse groepe die land se belange bedreig. Tog dink ek dat ‘n private gesprek tussen iemand soos ‘n myngroep se direkteur of die Britse ambassadeur met iemand in die ANC leierskap, net soveel invloed (en dikwels nie ten goede nie) kan hê as ‘n reeks stakings en optogte.

This entry was posted in mag, suid-afrika and tagged , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Hoe lyk mag in SA

  1. isabel sê:

    Ek het die gevoel dat alle mag van die blankes, asook alle hulp aan hulle, gaan weggeneem word.
    Daar is 600 000 werklose blankes.
    Op ons plase word geprospekteer. Die boere word nie eens geken in die toestaan van prospekteer en myn lisensies nie. Ons landerye gaan besoedel word. Watse reg het enige mens nog in hierdie land?
    Ons word uitgemoor en vervolg. Ek het my vuurwapen ingehandig want daar word geen lisensies meer toegestaan nie. Ek is bang hulle kom op die ou einde en skop my deur af.
    Hierdie is ‘n (korrupte) polisie staat.

    • alleman sê:

      Isabel ek sal sê arm wittes en boere het groot probleme wat grootliks ignoreer word.
      Maar welgestelde wit mense in SA is nog steeds een van die mees bevoorregte groepe in die wêreld.
      Dis nie ‘n polisiestaat nie, maar dit kan in daardie rigting beweeg as daar nie mense is wat waak nie.
      Dis ‘n selfsugtige staat – die ANC regering gee ewe min vir wit armes en boere om as vir die swart massas. So moet dit nie as as ‘n samswering teen wit mense sien nie, want meeste van die tyd is dit nie, hoewel dit beslis in spesifieke gevalle gebeur.

  2. alleman, ek het hierdie inskrywing al lank terug gelees en dit baie interessant gevind. Ek dink dis ‘n baie goeie oefening deur jou. Dit laat mens dink en ek het nou lank hierdie diagram in my kop gehad. Dus die volgende paar vrae:

    * Dink jy nie die Afrikaner se magsblok moet veel kleiner wees nie? Veral as jy dit vergelyk met black business en selfs die ANC se magsblok? Hoe dink jy oefen Afrikaners nog mag uit en in watter sfere? Om blote geraas te maak (soos baie Afrikaners) is tog nie magsuitoefening nie. In in werklikheid is drukgroepe soos solidariteit en afriforum tog niks meer as ‘n irritasie vir die magshebbers nie? Miskien projekteer Afrikaners die bietjie mag wat hulle nog het net soveel beter as ander groepe?

    * Watter mag oefen Zanu-PF in Suid-Afrika uit?

    * Dink jy regtig Brittanje het nog soveel mag in Suid-Afrika en soveel meer as die VSA? Brittanje het invloed, maar ek twyfel of dit nog soveel is as wat jou diagram weergee.

    * Dink jy nie Sjina verdien ook ‘n blokkie nie?

    * Ek sou ook ‘n baie groot magsblok skep wat dui op die groot besighede (banke, Anglo, mynhuise ens.) Ek dink Groot Besigheid se mag is enorm.

    *Ek weet ek het nou hier mag en invloed as sinonieme gebruik, maar mens behoort dit eintlik duidelik te onderskei, maar dalk is ek nou te tegnies. Ek glo bv. die SAKP het min mag, maar baie invloed.

    In elk geval, dankie vir hierdie denk-stimulasie oefening! Dis kommerwekkend dat so min mense die moeite gedoen het om kommentaar hier te lewer!!! Miskien is dit omdat die gemiddelde Afrikaanse blogs maar by die oppervlakkige hou. Te veel moeite om regtig ‘n bietjie te dink oor dinge.

    BiB

  3. alleman sê:

    BiB, dankie vir hierdie kommentaar. Oor of Afrikaanse blogs by die oppervlakkige hou, wil ek net sê ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die manier hoe bloggers met mekaar kan meeleef, selfs al het hulle nog nooit ontmoet nie, iets moois is. Dat ek as ekspat nog kan deel voel, dat ander mense vir my, en ek miskien vir ander, iets kan beteken so via die internet, is besonders en spesiaal.

    Ek wil lankal al ‘n inskrywing maak oor watter mate van mag “ons” het, so ek sal nou eerder jou ander punte probeer pak. Ook oor Britse mag in SA sal ek eerder apart probeer skryf.

    Ek dink geld, invloed, denke, getalle, en energie / mobilisasie is almal soorte van mag.
    Die Zulus en Afrikaners het as groepe meer mag as die meeste ander volksgroepe omdat hulle as groepe meer en makliker mobiliseer.

    Ek dink groot besigheid en banke se mag is enorm soos jy sê, maar ek het hulle as deel van die Britse, Engelsprekendes, Afrikaners, en Black Business groepe gesien.

    Sjina verdien seker ‘n blokkie, maar ek het nie ‘n aanvoeling vir hoe groot nie.

    Zanu-PF se mag in SA bestaan veral uit hul invloed, kontakte en vriendskappe met hoogeplaaste ANC lede, en die manier hoe hul land grab die massas in SA se verbeelding aangryp.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s