Die hout in ons almal se oë

Iemand soos Steve Hofmeyr wat dink dat een groep of ras meer wreed of immoreel as ‘n ander is, hou homself op oneerlike wyse oningelig  oor die geskiedenis, die mensdom en oor bestaande magsverhoudinge.   Rasse is inherent eweveel wreed of goed, daarom is dit dom  om ‘n ras te kritiseer.  Mens kan wel ‘n groep se denkwyses, politiek  en ideologie kritiseer, want dis daarin waar politiek gemotiveerde  wreedhede se oorprong is.

Die enigste manier hoe goeie verhoudinge tussen diverse gemeenskappe kan tot stand kom, is as elke groep  sy eie selfondersoek doen,  voor sy eie deur vee, en sy eie etniese entrepeneurs in toom hou.
Die geleerdes, bekendes, rykes en magtiges van elke groep, eerder as die armes en magloses, het ‘n baie groter verantwoordelikheid om hulle kant, en hulle groep se kant skoon te kry.

Oor hierdie rede, die ding van voor jou eie deur vee, het ek baie kere  anti-rassisties probeer blog.    Nie dat my blog nou juis vreeslik tel nie, maar dieselfde soort selfondersoek is al jare lank aan die gang onder baie ander Afrikaners.

Ek is seker my blog het al baie van my eie mense, ja selfs my familie, naar gemaak, en om die waarheid te sê, dit maak my ook naar.   Dit maak my naar om anti-rassisties te probeer wees, wanneer daar nie ook enige poging tot voor jou eie deur vee onder die Saffer gedeelte van ons land is nie.    Wanneer Saffers eerder aanhou om die aandag te vestig op Steve en Annelie Botes se dom uitsprake, as om ‘n woord te rep oor die uitwissing van die Potgieter gesin.

Van die ANC  weet ons om geen selfondersoek te verwag nie, want hulle is mos juis in hierdie selfde tyd besig om “kill the boer” in die hof te probeer verdedig.  Maar selfs ander, die “goeie”, “progressiewe” Saffers, verkies om nie net stil te bly oor die Potgieter gesin en al die ander moorde van die afgelope tyd nie, maar spesifiek aan te hou karring oor Steve en oor Annelie.

Kom ek noem spesifiek van wie, uit my web omgewing, ek spesifiek beter verwag het:

Ek dink hierdie mense verteenwoordig baie sterk die Saffer establishment denke van SA vandag.  Om terselfdertyd oor Annelie en Steve  kan aangaan, terwyl jy die uitwissing van die Potgieter gesin en al die ander moorde onder die omstandighede van ‘n regering wat “kill the boer” voorstaan verswyg, dink ek ‘n Saffer regverdig dit so:

  • die “kill the boer” – lied, veroorsaak nie regtig plaasmoorde nie, Afrikaners moet ‘n sin vir humor oor hierdie dinge begin kry.
  • Die meeste boere wat vermoor word ‘had it coming’ omdat hulle so rassisties is.
  • die rassisme van Annelie en Steve word veroorsaak deur hulle whiteness –  hulle whiteness is eintlik ‘n veel groter probleem vir SA as enige iets anders.

Ek kan nie meer vrede maak met die Saffer ideologie, politiek,waardes of vlag nie.

This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Die hout in ons almal se oë

  1. isabel sê:

    Dagse. Alleman jy dink nou presies soos die liberale wil he jy moet dink. Ek kan my nie indink of onthou dat ‘n blanke ooit ‘n ‘n swart kindjie met ‘n panga, knopkierie, byl, rewolwer, ens vermoor het nie. Ek weet dat van hulle uit frustasie op mense geskiet het, maar om daardie kindjie in die oe te kyk en koelbloedig te vermoor is vir my net een te veel. Die moorde in die land is rassisties. Duisende blankes, en ons is maar ‘n handvol, is deur swartmense die afgelope 16 jaar vermoor. Ja duisende swart mense is ook vermoor, maar deur swart mense. Ek kan op my een hand tel die blankes wat swart mense vermoor het. Die bewyse is daar. Swartmense vermoor blankes in hulle duisende en niks word daaraan gedoen nie. As Apartheid so erg was hoekom het die miljoene nie na Zimbabwe, Mosambiek, ens gevlug nie?

  2. Son sê:

    @Isabel – blanke mense vermoor net hul eie (wit) kinders, met rewolwers en wat ook al. En hulle moor nie net hul kinders nie, hulle verkrag en mishandel hulle ook. Ja, daar is seker ook swart mense wat dit doen.

    Maar het jy regtig al mooi somme gemaak? HOEVEEL swart mense het wit mense vermoor? Loop die meerderheid swart mense net doodeenvoudig en vermoor wit mense? Ek dink nie so nie.

    Natuurlik stook goed soos “kill the boer” hierdie wraak en haat. Maar noem my naief – ek glo steeds die meerderheid van ons mense, ongeag hul kleur, wil in vrede lewe. Dis net, daai meerderheid sal moet begin opstaan en hulle stemme verhef en ons regering aan die hare beetkry, sodat die meerderheid se belange eerste gestel word en misdadigers se menseregte nie swaarder weeg as wetsgehoorsame burgers s’n nie.

  3. Pingback: Vir almal in Blogland « Kouevuur

  4. Louwie sê:

    “Ek kan nie meer vrede maak met die Saffer ideologie, politiek,waardes of vlag nie”
    Is tragies Alleman, maar meeste van ons het nou al tot dieselfde slotsom gekom. Die storie was altyd dat, na 48 jaar van NP bewind was daar nie een swartmens wat nie een of ander tyd self in die tronk was of iemand geken het wat vir een of ander rede in die tronk was nie.
    Na net 10 jaar van ANC bewind is daar nie een blanke wat nog nie moord, roof, verkragting, aanranding, diefstal, kaping of wat ook al aan eie bas gevoel het of iemand baie na aan hom of haar ken wat dit beleef het nie.
    Dit moet stop!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s