Social media hype oor die revolusies

Talle joernaliste en ander skrywers wil mens laat glo dat die revolusies in Tunisië en Egipte,  wat heel moontlik in ander lande posvat, aan Facebook en Twitter te danke is.  Ek dink hulle oordryf bietjie.

In 1848 het ‘n golf van revolusies oor Europa, en selfs ander plekke soos Brasilië gespoel.  Verskeie idees soos sosialisme, demokrasie, liberalisme was in die lug.  Die kernidee was seker gelykheid: die republikeinse idee dat konings en ander “adelikes” nie oor die massas moet heers nie, veral nie as hulle hoog en lekker lewe danksy uitbuiting van die massas nie.  Hierdie soort denke kan vlamvat, en daarom is revolusies “aansteeklik.”

Dis hierdie selfde idees wat in Egipte en elders aan die werk is.  Ja, die revolusionere gebruik die kommunikasiemiddele van die dag, maar die revolusies is nie as gevolg daarvan nie, en die Egiptenare hoef beslis nie vir Facebook dankie te sê nie.

 

This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Social media hype oor die revolusies

  1. sosiale media is nie joernaliste nie, ek glo niks wat hulle se nie. is ‘n oordra van skinderstories, soos om telefoontjie te speel.

  2. alleman, ek verskil alweer.🙂

    Dit is waar wat jy van die revolusies se in die 19de eeu (en vroeer), maar is dit nie so dat tegnologie die fenomeen van hoofsaaklik “leierlose” revolusies dryf nie? En sou daardie 19de eeuse revolusies nie reeds baie vroeer plaasgevind het, sou daar die hedendaagse tegnologie gewees het nie? Dink net, vandag hoef jy nie vergaderings by te woon of om hoekies te ontmoet om enigiets te reel nie, jy skakel net jou selfoon aan.
    Dit sal baie interessant wees om die ooreenkomste te ondersoek tussen ‘n bevolking se toegang tot sosiale media en suksesvolle revolusies (soos nou in Tunisie en Egipte…en nog wat kom). En miskien bied dit ‘n goeie verklaring hoekom revolusies nie ontstaan in Zimbabwe en ander outokratiese Afrika-state nie….en for that matter ‘n land soos Noord-Korea. Wanneer jy nie toegang het tot die tegnologie nie, is dit bitter moeilik om binne ‘n diktatorskap te spontaan te mobiliseer.
    Ek glo hedendaagse tegnologie wat sosiale media moontlik maak, het inderdaad revolusies “gerevolusioniseer”.

  3. Louwie sê:

    Alleman, Moet nou nie Julia die Malman se donder probeer steel nie. Hy is persoonlik verantwoordelik vir wat in Egipte gebeur het. Hy en sy Joef Leek het dit hier beplan.
    BB, dit is seker so dat tegnologie `n rol kan speel, maar ek dink daar is ander faktore ook betrokke.
    Met al ons selfone en Facebook en Twit en Tweet verstik ons steeds in ons eie rommel hier ter plaatse sonder `n teken van opstand of betoog, en dit terwyl die mense kwyl van kwaad vir die slapgat ANC se wanbestuur.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s