Mens moet eintlik common wees

Ek het lekker gelees aan Sonkind, PJ, Dellie, DemoerinMurphy en Xena se draakstekery met snobwaardes, en toe in dieselfde week het  Dana Snyman op ‘n heel ander manier daaroor geskryf (ook hier gestoor).   As daar nou skielik ‘n totale aanslag teen snobwaardes is, wil ek ook deel wees daarvan, op my eie manier.

Snobwoorde, en uitdrukkings besoedel Afrikaans.

“Arbeid adel”  is ‘n snobistiese uitdrukking, en gee ‘n leidraad van waar hierdie snobwaardes vandaan kom.   Adelikes is mense met koninklike familiebande,  die klas Engelse wat gemeenskaplike grond in Engeland vir hulself toegeeien het, en daardeur ‘n menigte in Engeland grondloos gemaak het, en sodoende ‘n werkersklas geskep het wat lank gewetenloos uitgebuit kon word totdat hulle hulself begin organiseer en verdedig het.  Adelikes het graag aan hulself allerlei positiewe eienskappe toegeskryf, en hulself graag daarvoor geluk gewens.  Hulle het hulself as die verfyndes met “edel” eienskappe voorgehou, en ook graag aan die common mense (wie se grond hulle gevat het) negatiewe eienskappe toegeskryf, vandaar die woord common.  Dis hoekom common eintlik ‘n goeie woord is, en adelik of edel as ‘n vreeslike belediging  behoort gesien te word..

Snobwoorde in die kolonies

Sal ons maar oorslaan hoekom hierdie Britse ruling class  se dinge so bewonder word in die kolonies.   Dis deels hoekom snobisme in SA so gevestig is, maar om daaraan te dink maak my baie moeg en ongelukkig.

Hipsters en Die Antwoord

Wat my betref is hipsters ‘n ander soort snob – jy moet sorg jy is nooit waar die massas is nie.   Hipsters was die eerstes wat Die Antwoord geluister het.  “Almal wat iemand is”, het Die Antwoord geluister toe die common agterossies nog gedink het Die Antwoord is common.  As mens regtig teen snobisme is, moet dit jou nie pla as jy dieselfde as die massas is nie.

This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

9 Responses to Mens moet eintlik common wees

  1. Son sê:

    So, as ek jou reg lees, ek wat nog altyd NIE een van die massas wou wees nie, dan is ek eintlik ‘n bleddie snob?!😆 Ai tog, ek kan nie wen nie. Okay, so ek is dan nou ‘n kommin snob😉 (Ek dink nog steeds Die Antwoord is kommin!, En Jack Parow ook😆 )

  2. Retha sê:

    Lekker onderwerp! Ek dink mens moenie kliphard probeer anders óf dieselfde wees nie. Snobisme, soos doelbewuste handelsnaam-klere, laat my koud. Aan die ander kant hoef mens ook nie kliphard te werk om te dra wat almal dra of die woorde te gebruik wat almal gebruik nie.

    As jy ‘n toegewyde gelowige is kan jy probeer getrou wees aan wat God jou voor roep, andersins kan jy getrou wees aan jouself. Mens hoef nie doelbewus in te pas (of doelbewus aweregs te wees) by die snobs of die common mense nie.

  3. Ek voel nou vreeslik pleb/pat/kommin wat ookal…

    Die ding is ek het nie eers geweet daar is ‘n woord soos “arbeid adel” nie😦
    Hehehehe,

  4. murphy sê:

    Presies. Hoe meer jy dink jy is grênd of anders, hoe komminer is jy eintlik.

  5. Ek het daardie skryfstuk gaan lees. Absuluut amazing Dahrling! Amazing dat die mense duisende rande spandeer om te dress om ‘n meazly R100 000 in te samel. Die amazing slaat my soos ‘n sonstraal in die oog!

  6. demoerin sê:

    My kop spin nou al – common het te veel betekenisse.

  7. Louwie sê:

    `n Kommin klip in die bos: “die klas Engelse wat gemeenskaplike grond in Engeland vir hulself toegeeien het, en daardeur ‘n menigte in Engeland grondloos gemaak het, en sodoende ‘n werkersklas geskep het wat lank gewetenloos uitgebuit kon word totdat hulle hulself begin organiseer en verdedig het. Adelikes het graag aan hulself allerlei positiewe eienskappe toegeskryf, en hulself graag daarvoor geluk gewens. Hulle het hulself as die verfyndes met “edel” eienskappe voorgehou, en ook graag aan die common mense (wie se grond hulle gevat het) negatiewe eienskappe toegeskryf,”
    Klink dit nie verskriklik bekend nie? Vervang net Engelse met witmense en later Afrikaners/Boere.
    En ten spyte van Waterkloof en die rooi Z4 was ons nog maar altyd erg kommin, die hele lot van ons.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s