Naspers se verowering van Sarie Marais

Sarie Marais is ‘n mooi, onskuldige ou liedjie uit die tyd van die Anglo-Boereoorlog, en in 1931 was daar ook ‘n anti-imperialistiese fliek gemaak met dieselfde naam. In 1949 begin Nasionale Pers ‘n vrouetydskrif genaamd Sarie Marais. Later het dit net Sarie geword, en ook al hoe meer consumerist geword, met advertensies van reuse internasionale skoonheidskorporasies vir allerlei skoonheids- en verslankingsprodukte, en lesers word gelok met stories wat eindeloos oor die Britse koninklikes swoon.

Sarie tydskrif het ook ‘n webbladsy by die sarie.com domein. In 2004 registreer ‘n random ou (nie ek nie, by the way) die sariemarais.com domein, en begin hy die sariemarais.com Afrikaanse webbladsy/forum.  Sewe jaar later, in 2010, kry hy ‘n dreigende brief in Engels geskryf, van Naspers se prokureurs wat allerlei bewerings maak oor hoe sariemarais.com Naspers kastig benadeel.  Toe die ou hom nie boeglam skrik nie, en laat blyk hy gaan sy rug styf maak, moes Naspers gou tou opgee, want hulle het nie regtig ‘n saak wat gewen kon word nie.

Dit pla my dat Naspers nou in praktyke soos brand name bullying hul Anglo-Amerikaanse ewekniee soos Virgin probeer nadoen.

En dis vir my sleg dat ‘n Afrikaanse tydskrif die naam van Sarie, ‘n naam wat ‘n ou-wêreldse, anti-imperialistiese en republikeinse betowering het, kan misbruik om die royals te bevorder, en aan hulle ‘n status te verleen wat hulle geensins verdien nie.

En dit hinder my dat daar klaarblyklik niemand anders is vir wie dit pla nie.   Dis asof ons alle historiese bewussyn verloor het, en nou net verbruikers is.  Hoe kan dit wees dat Afrikaanse vroue elke week hierdie tydskrif koop, en die kru manier waarop Sarie misbruik word pla hulle nie?

Jy kan die Naspers korrespondensie  hier sien.

This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Naspers se verowering van Sarie Marais

  1. Son sê:

    Kan ek eerlik wees en net sê: “Ek het nie geweet nie”? En ek lees goeters oor koninklikes heeltemal mis, want dit interesseer my nie juis nie. Maar nou weet ek en nou gaan ek bietjie dink oor my lees van die Sarie. Maar hel, daar is klaar so min ordentlike vrouetydskrifte *sug* Soms is dit beter om net niks te weet nie. Regtig waar.

    • alleman sê:

      Ek wil ook net sê: ek dink glad nie sleg van enige iemand wat die Sarie lees nie, en ek dink ook nie alles van die tydskrif is sleg nie. Dis ook nie spesifiek Naspers teen wie ek dit net het nie.
      Ons word al baie dekades ingetrek in die proses van kapitalisme, en om dit nie as bloot die norm te sien nie, verg iets, naamlik ‘n poging om terug te staan en te dink wie en wat ons is, en watter rol korporasies in ons lewens behoort te speel.

      Die probleem is die meedoënlose manier hoe kapitalisme elke ding, hoe kosbaar ookal, in besit neem en verander in ‘n produk om uit geld te maak, asook die manier hoe ons gereduseer word tot blote verbruikers.

      Iewers moet ons soms ‘n lyn trek en sê: “hierdie is nie vir enige korporasie om besit van te neem nie” , die “Karoo is nie vir Shell nie”, “Sarie Marais is nie Naspers s’n nie”, “ons laat nie advertensies aan kinders onder 12 toe nie” – sulke dinge. Perke vir korporasies.

      • Staffieliefhebber sê:

        Ek dink ek sien wat jy bedoel, jy wil nie hê korporasies moet net kan maak en breek soos hulle wil nie. Dit is belangrik want geldwaarde kan nie aan alles gekoppel word nie, dit is waar konsepte soos selfbeskikking, of net ‘n behoorlike deelnemende demokrasie kan help. Mense kan dan hierdeur eienaarskap vat van hulle omgewing en goed wat vir hulle belangrik is, net omdat ‘n maatskappy kan geld maak deur die reënwoude af te kap, beteken nie dit is reg nie, die waardes van ‘n samelewing bly belangrik.

        Ek bedoel nie om dit weg te gooi nie. Ek bedoel net dat kapitalisme beter is as sosialisme omdat dit kompetisie as hoofelement bevat, en dus effektiwiteit verbeter, vermorsing van belastinggeld verminder en keuses bied aan die verbruiker. Die kwessie van waardes is ook nie net ‘n probleem waar kapitalisme ter sprake is nie, sosialistiese projekte kan ook groot skade aanrig, miskien besluit ‘n sosialistiese regering om orals Steenkoolkragsentrales te bou, of om in elk geval reënwoude af te kap omdat dit ‘n “hulpbron” van die nasie is. Mense en samelewings is die probleem, en as dit ‘n onbeheerbare massa “diktatorskap” is, nog erger, maar selfs van vandag se bekendste demokrasieë is ongevoelig vir hulle mense se behoeftes.

        Wêreldwyd is mense apaties, stem skaars 50% van stemgeregtigdes in verkiesings, dit is omdat state te groot geword het, en die maghebbers nie behoorlik tot verantwoording deur hulle kiesers geroep kan word nie. Dit is hoekom ek van klein gedesentraliseerde stelsels soos die van Switzerland hou. Selfs die saak van sosialisme vs kapitalisme word deur kompetisie tussen die kantons hanteer deurdat, mense wat ontevrede is met ‘n sosialistiese kanton kan wegtrek na ‘n kapitalistiese kanton toe. ‘n Uitermate sosialistiese kanton se ekonomie mag dalk swaarkry agv hoë belastings ens. Terwyl ‘n totale kapitalistiese een weer met sy eie probleme mag sit, omdat mense vry is moet politici hulle in ag neem, selfs minderheidsgroepe, en gewoonlik het hulle hulle eie kantons, en so is almal deel van Switzerland sonder om mekaar te bedreig om te verwens.

        Ek dink die grootse strydpunt in Switzerland is tussen twee dorpe wat elkeen aanspraak maak dat hulle die oorspronklike geboorteplek van Heidi is…..

  2. Ek hou van die ‘Perke vir korporasies’, dis asof hulle dink hulle kan doen wat hulle wil. Ek lees ook nou en dan die Sarie. Hulle kan seker nie oorleef sonder advertensies van groot skoonheidshuise nie en ons slurp mos alles op wat die celebs doen😀

  3. MaanKind sê:

    Ek het nogal onlangs gehoor van die debakel oor die handelsmerk. Ek dink die tyd is verby wat ons as verbruikers geboelie kan word om enige iets te doen. DIe internet het ons bevry. En ek dink amper daar is sekere ‘kringe’ wat bekommerd raak oor die mag van die internet en Facebook en blogs.

  4. Piet Smith sê:

    Dankie Alleman, Ek het die stukkie nou regtig geniet, Net soveel as my argument met Naspers🙂

  5. Brand Smit sê:

    “Sarie” (die tydskrif) se mense sal seker argumenteer dat die blink, modebewuste Afrikaanse dames wat vandag “Sarie” lees die moderne, byderwetse inkarnasies is van die “ou-wêreldse, anti-imperialistiese en republikeinse” heldin van weleer.

    Tot ‘n mate is hulle seker reg.

    Dat Naspers geen reg het om name soos “Sarie Marais” op te eis asof hulle geboortereg daarop het nie, is ook heeltemal korrek.

    Laastens, goeie stuk, Alleman. Daar was ‘n paar dinge wat jou gepla het. Jy’t nie tyd gemors om hulle aan te spreek nie. En toe jy klaar gepraat het, was die vloer oop vir bespreking.

  6. Louwie sê:

    “Everything is fine. Keep shopping” sê eintlik alles van ons samelewing. Moet nie stres oor ons julle en dit wat vir julle van waarde is verkrag nie, dis eintlik goed vir julle. Hou net aan koop. Vergeet armoede, vergeet besoedeling, vergeet dat ons die aarde plunder. Hou aan koop … en ons doen dit !!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s