In elke ekspat se agterkop

is die gedagte van wat as dit met iemand in my familie gebeur.  Wel, nou het dit.  My tannie is een van daardie groep wat vermoor moet word, en sy is gister in die vroee oggendure op die mees wreedaardige manier denkbaar aangeval in haar huis. Vir ure lank.  Deur 3 mans  wat sy nie geken het nie.   Ek sien nie eers kans om neer te skryf wat hulle alles gedoen het, en vir haar gesê het nie.  As ‘n buurvrou nie vroeg die oggend by haar huis  aangekom het, en die die aanvallers laat vlug het nie, sou sy nie meer geleef het nie.

In seker elke ekspat se agterkop is ook hierdie gedagte dat ek daar moes gewees het, nie hier waar dit veilig en maklik is nie.  Al is dit miskien om die bloed van die vloere te help afwas, of om mense by te staan.  Of miskien, as daar nie soveel massas van ons in die buiteland was nie, kon ons kollektief dalk die regering al soveel gas gehelp gee het, dat ons na 17 jaar van verkiesingsdemokrasie al ‘n polisiehoof kon gehad het wat nie ‘n ANC politikus is nie maar ‘n professionele polisieman.  Een wat nie self misdadig is nie.  Maar na 17 jaar is so ‘n hoof – ‘n professionele en eerlike een – nog nie aangestel nie.

Nog ‘n ekspat  gedagte – dat daar ‘n organisasie van ekspats moet wees wat iets positiefs vir SA doen.   Ek het al hoe lank al hierdie idee, en het byeenkomste van ‘n groep in London bygewoon wat deur Sierra Leone ekspats gelei word, en wat probeer om  stabiliteit en ekonomiese groei in Wes Afrika aan te help met die magte en geleenthede wat to ‘n ekspat se beskikking is.  Daar is baie wat ons by hulle kan leer, maar ek het nog  niks bereik op daardie gebied nie.

Ek het ook altyd gewonder of ek my (miskien aanstellerige) idee van myself as antirassisties sou kon behou in hierdie soort geval, en of my reaksie rassisties sal wees.  Of my reaksie van ‘witlikheid’ of  ‘whiteness’ sal getuig.  As it happens – ek gee nie veel  om daaroor nie – ek dink nie anders oor swart mense as voorheen nie.  Maar daardie wit, bruin en swart mense in SA se elites (insluitende kerklikes, akademici en joernaliste), wat hulself as die progressiewes en vryheidstryders sien, en wat voorgee dat swart Suid-Afrikaners, uniek in die wêreld, nie in staat tot rassisme en rassistiese geweld is nie, en wat voorgee dat ‘n haatlied teen een groep in ‘n land nie gevolge het nie, en wat gedurig geirriteerd is omdat wit mense se reaksies op geweldsmisdaad nou nie reg is nie – as een van hulle die woorde ‘witlikheid’ of  ‘whiteness’ of rassis vir my sê – sal ek die label sonder enige skaamte vat.  ‘n Woede brand in my teen almal wat daardie lied verdedig – veral teen die kerklikes, akademici en joernaliste wat dit doen – ‘n woede wat ek net nie weet wat om mee te doen nie.

Daar was immers nog nie ‘n ruling elite in die wereld wat nie sy kerklike, akademiese en joernalistieke praise singers gehad het nie.    Hierdie praise singers is immers deel van die elite, al kritiseer hulle dalk soms so ligweg en hoflikies.

Daar was ook nog nie ‘n ruling elite wat homself nie as goed en voordelig vir almal gesien het nie.  Maar elke elite wat hoog lewe, en van bo af tart, kom uiteindelik tot ‘n val.

This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

12 Responses to In elke ekspat se agterkop

  1. Son sê:

    Daar is van ons mense wat vir die res van ons lewe in twee geskeur gaan wees. Ons wil nie rassisties wees nie, maar ons kan wat in ons land aan die gebeur is, net nie meer VAT nie. Maar ons wil so graag glo dat daar iewers tog ‘n reenboog is, dit is net… ons kan nie die reenboog meer sien nie en ons weet nie of die donker wolk nie dalk vir altyd die son gaan wegsteek nie. En van ons het NET hierdie land waar ons sal bly, tot ons dooddag toe. En ons is moedeloos, al wil ons nie wys of sê dat ons moedeloos is nie. Dis hel.

  2. Son sê:

    En ek is verskriklik jammer oor jou tannie, al weet ek dis ook net lee woorde vir jou en vir haar. Ek kan my nie eers indink in haar situasie nie. Maar vir wat dit werd is, ek dink aan julle.

  3. Ai Alleman, ek is so jammer om te lees wat met jou tannie gebeur het. Ek dink as mens in SA wil bly, is daar ‘n paar dinge wat mens moet besef: dit gaan nie beter raak nie. Daarmee moet mens maar deal, sou jy besluit om hier te bly. Inteendeel. Meer rassepolarisasie is ons voorland.

  4. Roer sê:

    Alleman, ek is jammer om hiervan te lees en ek wens julle sterkte toe. Ek weet dis moeilik, maar jy moenie moed verloor nie. “A rusty nail placed near a faithful compass, will sway it from the truth, and wreck the argosy.” Ek soek self nou al ‘n rukkie vir ‘n organisasie van ekspats “wat iets positiefs vir SA doen”, maar kry niks. Dit sal great wees om betrokke te raak so indien jy inligting oor so iets kry, sal ek graag daarvan wil hoor. Nogmaals sterkte.

  5. alleman sê:

    Dankie vir julle simpatie. Die aanvallers is ook al klaar gevang, dit is iets wat mens darem hoop gee.
    George, ek sien niks noodwendigs aan meer rassepolarisasie nie en sal graag wil weet hoekom jy so dink? Die enigste mense wat daarby baat is faksies binne die ANC wat dit gebruik om magtiger te probeer word. Maar dis ‘n dom metode wat sleg kan backfire.

  6. alleman…regtig jammer om hierdie slegte nuus te verneem. Sterkte! Sal my nie nou verder hier uitspreek oor my eie denke rondom die situasie in SA nie.

  7. Alleman, eintlik voel ek soos Boer en wil nie op hierdie inskrywing in ‘n vreeslike bespreking betrokke raak nie. Ek sal volstaan met die volgende. Die rassekaart word meer in vandag se ANC gebruik as sê maar 10 jaar gelede. En natuurlik is dit vir eie gewin. Sekere leiers binne die ANC skuif die fokus van die regering se talle mislukkings weg deur wittes as die sondebokke uit te maak. Hoe meer die regering onder druk kom as gevolg van sy mislukkings, hoe meer kan daar ander sondebokke gesoek word om die regering se mislukkings te probeer toesmeer.

  8. Hoof Moer sê:

    Bliksems ….. en kan baie erger woorde aan dink om te gebruik, maar eers daar gestaan. Ek is nie op n politieke kassie nie, maar daai kak van jy moet omverskoning vra omdat jy wit is / of nou na 17 jaar jou kop moet hang in “skaamte” omdat jy blank is – se hele militere moer met dit. Ek is n wit / blanke / Suid Afrikaner / Afrikaner wat in die buitenland woon. Ek is nie skaam daaroor nie, en alhoewel myself as n brit sien (hoes dit vir deurmekaar), le my roots in Afrika.

    Ek vra nie omverskoning daarvoor nie, want wat ek het, het ek voor gewerk, en as ek meer wil he, moet ek harder werk. Ek verwag nie dat iemand my iets op n skinkbord gaan gee nie, en al word dit op n skinkbord aangebied, sla ek dit nog steeds nie aanvaar nie – as jy nie werk daarvoor nie, verdien jy dit nie !

    Nou dat ek klaar geraas het, wil ek n voorstel maak. As jy n groep wil begin (hier in London, ja ek is ook hier in die Big Smoke), kan jy my opsign om te help, hel, ek het n domain, http://www.afrikaans.me wat jy kan gebruik as jy wil.

  9. ridwan sê:

    Alleman my Afrikaans is not worth much and I struggle to read and understand but I have just read your post on your aunt (tannie).

    I am so sorry to read about her ordeal. I trust that she is recuperating and healing.

    We live in a crazy country and it baffles me most days why we are so violent.

    It is not right and we deserve more.

    Your aunt deserves more.

    Ridwan

  10. Nikita sê:

    Jammer om te lees van jou Tannie. Dis verskriklik. In Maart is my swaer op sy plaas vermoor. Dis wreed. Niemand verdien om deur sulke gewelddadige misdadigers vermoor te word nie, dit in jou eie huis – jou plek waar jy veilig behoort te wees. Ek weet hoe jy moes voel. Sterkte vir jou en jou familie. Ek dink as jy iets wil doen – as ‘n ‘ekspat’, dan is daar die kinderhuise en as jy vir iemand die geld gee – soos Skoor met haar oumensie-projek, dan dink ek dit is iets wat ons almal kan doen. Geld gee vir iemand wat jy WEET iets daadwerkliks SAL doen en dat die geld nie net iewers gaan ‘verdwyn’ en dit NIE uitkom by die mense wie jy WIL hê dit moet bereik nie. Ek raak eerder betrokke by die Skoor-projek as by ander projekte waar ek nie weet OF my geld regtig die in nood gaan help nie. Daar is baie ‘skeppers’ tussen-in – soos met enige ander organisasie ook.

  11. Reinhardt sê:

    Dis altyd sleg om te lees van sulke insidente. Baie sterkte aan jou en jou familie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s