Voordele van die verengelsing van Suid-Afrika

  • Goedkoop geskoolde arbeid vir Brittanje en Australië sonder enige onderwys- en universiteitskostes, byvoorbeeld die tienduisende Suid-Afrikaners en mense van ander verengelsde Afrikalande en Indië wat vir die Britse NHS werk.
  • Groot aankope by Brittanje soos die wapenaankope en die Gautrein word by Brittanje gemaak na intieme gesprekke tussen SA presidente en ‘n Britse premier.  So kan SA daadwerklik hulp verleen aan werkskepping in Brittanje.
  • Blankes kan via Engels bly voortleef aan die blanke taalbestel van Afrikaans/Engels , en hoef nie enige swart tale te leer of te akkommodeer nie.  Daarom bedryf blankes (ook Afrikaanssprekendes wat oor die “oorlewing van Afrikaans” kerm) hulle maatskappye, organisasies en websites  net in Engels, want die swart elite is mos Engels.
  • Identifikasie met die Britse en Amerikaanse saak.  Danksy Engels oorheers  Amerikaanse en Britse nuus, asook flieks, webbladsye, social networks, boeke en  televisie ons denke  in SA, met die gevolg dat die meeste Suid-Afrikaners elke Anglo inval, bombardement en regime change van die volgende Moslem, Arabiese of Afrika land steun.
  • Suid-Afrikaners kan opgewonde tweet elke keer wanneer Amerika en Brittanje beplan om die volgende Moslem, Arabiese of Afrika land aan te val, en dan voel hulle soos revolusionêre wat gehelp het met regime change in daardie lande.
  • Ons hoef nie ander tale te leer nie.  Ons leer net Engels want daar is niks wat die  Sjinese, Spaanse, Duitse, Swahili of Portugese werelde ons kan leer nie.   Die Sjinese, Duitsers en Brasiliërs weet in elk geval niks van hoe om ‘n ekonomie te bedryf nie, so ons het nie studente nodig wat in daardie lande moet gaan leer nie, ons hoef net studente na ons wyse en welmenende moederland te stuur.
  • Afrikaans is die taal  van die slegte ouens wat nie wil saamwerk en verenig rondom Engels soos wat die ryk swart mense doen nie.  Die verengelsing van SA kan  Afrikaners ‘n les leer.  So kan ons byvoorbeeld Jason Lloyd se plan volg om Stellenbosch Universiteit aan Engels te oorhandig ter bestrawwing van Afrikaners.
  • Brittanje en die VSA was betroubare bondgenote in die stryd teen Apartheid.  Enige gunste wat die ou SA regering vir hulle gedoen het met behulp van jong manne se lewens  in Angola en Mosambiek in hulle stryd teen kommunisme tydens die koue oorlog was bloot toevallig.  Die verengelsing van Suid-Afrika is Brittanje en die VSA se prys vir daardie onwrikbare beginselvastheid.
  • Daarom kan Engels nou die weg baan vir maatskappye soos WallMart, Apple, Virgin, Facebook, Amazon, Barclays en nog baie ander om Suid-Afrika te omvorm.
  • Verengelsing is ook wit Engelse en Brittanje se prys vir die opofferings wat hulle gemaak het om die verdrukking van swart mense in SA te stop.   Soos een man het Engelse weerstand gebied teen Apartheid, en het ook niks daarby gebaat of enige iets met die ontstaan daarvan te doen gehad nie.
  • Die koningin is die simbool wat ons kan verenig in ‘n Statebond van ander verengelse onderdaan lande.  
  • Met London as intellektuele hoofbasis,  met Shakespeare in ons leerplanne, gee ons ons kinders ‘n Rolls-Royce van ‘n toekoms.
This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

One Response to Voordele van die verengelsing van Suid-Afrika

  1. Pingback: Blog-ontploffing « Kouevuur

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s