Ek sien ‘n berig oor ‘n YCL leier se dood, en daar verskyn Facebook gebruikers se kommentare daaronder soos:
Lekker kry ek nou – verdomde swart barbaar – watse verligting is dit nie vir ons Blankes – dat een swart terroris vrek is – seker weer rooi strikkie siekte onder lede gehad – is mos al wat hul ken – steel, moor, roof, verkrag en TEEL – verder is hul goed vir niks nie.
en
Nog ‘n uitgeteerde, honger bul wat gemartel word tot sy dood om vir die katte te voer.
En dis die trant van amper al die kommentare.
Is daar niemand in Naspers wat omgee oor die skade wat hierdie soort kommentare aan menseverhoudinge in die land doen nie? Dit verbreek ook elke reel in hulle eie kommentaarbeleid (oftewel die nuwe Facebook-kommentaarstelsel)
Die “Rapporteer” – knoppie blyk geen effek te hê nie, of werk dit dalk net vir Facebook gebruikers? En as die kommentare wat gerapporteer is eers ure of dae later verwyder word, dan is dit reeds te laat.
Daar is baie goeie goed op Naspers se koerante, maar hierdie soort ding laat my wonder of Naspers nie maar SA se Newscorp is nie – ‘n gierige maatskappy wat nie omgee oor die skade wat hulle aanrig aan die land en sy mense nie, solank die geld net bly invloei.
Opdatering: 17 Sept OK, die kommentare hierbo is toe darem verwyder, baie ure later. Dit help niks – nuwe, soortgelyke kommentare het reeds verskyn, en die skade is reeds gedoen, want min mense lees so ‘n berig lank na die tyd. Die minste wat gedoen kan word, is om die kommentaarfunksie te sluit by doodsberigte, misdaadberigte en so.
Heita Alleman. Gesien jy’t onsreis gevolg – ons is nou by http://www.bisarkatar.wordpress.com
Sukses! NS: ek stem saam met jou re Media24 se patetiese webruimtes waar mense galbraak sonder keer
Dankie Sybrandus, ek sal dit nie misloop nie.
Alleman, ek dink daar is by min mense twyfel dat Naspers ‘n “gierige maatskappy” is “wat nie omgee oor die skade wat hulle aanrig aan die land en sy mense nie, solank die geld net bly invloei.” Ekself het geen respek vir Naspers nie.
Jaa … daar is baie Naspers – bashing op my blog. En tog publiseer hulle baie wonderlike goed, en daar is baie Naspers joernaliste van wie ek hou.
My antwoord aan jou raak al weer ‘n hele inskrywing..
Al die “galbraak” kommentaar behoort ‘n rooilig iewers te laat flikker. Dit beteken mense is GATVOL.
Ek het baie begrip en simpatie met mense wat ly onder die misdaad epidemie, die korrupsie en verengelsing van die nuwe SA. Maar ek dink nie dis die bron van hierdie soort kommentare nie.
Ek kan die ou Suid-Afrika baie duidelik te onthou, en ek is seker dat hierdie soort kommentaar ook in die die ou Suid-Afrika gemaak sou gewees het, as daar toe webbladsye met kommentaarstelsels was.
Waaroor sou mense toe gatvol wees? Die bevoorregting van blankes deur die staat? Die geweld van die staat teenoor swart mense?
Nee, sommige blankes van die ou Suid-Afrika het so gepraat, nog voor hulle enige rede gehad het om te kla – ons noem dit rassisme – ek ken dit al lank voor 1994.
Nee jagter, ek dink dit beteken dit is tyd vir selfondersoek, maar dit vra vir volwassenheid en beskaafdheid, en die mense wat so onbeheersd skel is baie vêr van volwasse of beskaafd (of die Christene wat hulle soms beweer hulle is?).
Dis vir my skrikwekkend om gedurig sulke kommentaar (ook in ons koerante) te lees. Ek kan net hoop dat dit dieselfde tien mense is wat aanhoudend gal braak.
Ja, ek dink jy is heeltemal reg – dit moet dieselfde 10 mense wees. Want selfs onder “regses” kan daar nie baie wees wat so pateties is, en so min werk vir hulle hande het, dat hulle heeldag net kan sit en haatkommentaar lewer op elke artikel sodra dit verskyn nie.
Sover ek bewus is, is elke eenheid binne Naspers daarvoor verantwoordelik om hul eie benadering tot dié soort kommentaar te bepaal. As werknemer by Volksblad kan ek getuig van ons webredakteurs se toewyding daaraan om ‘n balans te vind tussen vryheid van spraak en die inperking van haatspraak.