Post-Afrikaners

Een Afrikaner oor wie talle Engelssprekende Suid-Afrikaners tot onlangs toe baie positief was, is Oscar Pistorius.  Die rede daarvoor is dat hy daarin geslaag het om te presteer sonder om ooglopend Afrikaans te lyk.  Hy het  nie 2-tone khaki gedra nie, Engels gepraat, en nooit politiek gepraat waarvan mens gehoor het nie.  So gemaklik was Anglo-SA met hom, dat die Daily Maverick, Zapiro, en talle ander, hom as ‘n goeie post-Apartheid Suid-Afrikaner kon eer.   

Image

In hierdie manier van dink is ‘n goeie post-Apartheid Afrikaner iemand wat Afrikaans tot sy huis en die kunste beperk, sy kinders in Engels laat skoolgaan, homself as ‘n Suid-Afrikaner beskryf en politiek aan Anglo-SA oorlaat.

Dit sal my nie verbaas as Lulu Xi­ngwa­na vir Oscar voor Reeva se dood ook, soos Zapiro, as ‘n goeie post-Afrikaanse Suid-Afrikaner gesien het nie.  Tog kon sy gemaklik Reeva se  skietdood  op Afrikanerskap blameer.
Dus, wanneer jy goed doen, is jy ‘n Suid-Afrikaner, maar wanneer iets verkeerd gaan, word jy nou weer net ‘n Afrikaner, en jou Afrikanerskap word dadelik onthou.   Dis dieselfde selektiewe manier van dink wat by rassiste voorkom.

Sy het darem om verskoning gevra ook, maar mens  kan nie wegkom van die idee dat Anglo-SA ongemaklik  is met die bestaan van Afrikaners en die ander volksidenteite  nie, en dat ons vir Anglo-SA ‘n soort other is nie.  Vandaar die beleid van Engelse koerante soos die Mail & Guardian om glad nie oor plaasmoorde te berig nie.

Dit is ook nie lekker om ‘n buitestander te wees wat nie inpas by die sentrum van geldmag nie, en daarom sien mens talle Afrikaners en swart mense wat vir hulself ‘n Engelse identiteit ontwikkel.  Wat anders moet mens daarvan dink as Afrikaanse mense, selfs joernaliste by Afrikaanse publikasies, op Twitter dinge skryf soos “I had a lovely run this morning, now I’ll have my first cuppa”.  (Dis nie dieselfde as om in Engels te kommunikeer met Engelssprekendes waar nodig nie, dis ‘n skuif in identiteit)

Ek beleef hierdie soort ding, tesame met die verengelsing van talle instansies, as ‘n oorwinning van Britse kolonialisme.  Ek kan glad nie verstaan hoekom ons nie die meertalige land kan hê wat in 1990’s in die vooruitsig gestel is nie.

Image

This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Post-Afrikaners

  1. Son sê:

    Hoekom moet ons altyd ‘n taal issue hê? En hoekom is ‘n Afrikaner vanselfsprekend wit? Tegnies gesproke kom ‘n Afrikaner van Afrika. Dus… Of sal ons onsself almal Afrikane begin noem?

    • alleman sê:

      Dit gaan nie vir my oor identiteit nie, of wat ons onsself noem nie en dit gaan beslis nie oor wit nie. Maar ek het ‘n yslike probleem met verengelsing (ja ek weet dis nie cool nie, maar dis nou maar hoe dit is).
      Net soos baie ander lande is SA met geweld geneem. Deur die verengelsing van SA en ander kolonies, ook die nuwe neo-kolonies in die Midde-Ooste wat ook met geweld geneem is, word die oorwinnings van daardie geweld permanent gemaak – dit bly waar ongeag hoe cool die Britte vir ons lyk.

      • Son sê:

        Dalk het ek myself nie heeltemal reg uitgedruk nie. Ek bedoel, hoekom skaam wees vir Afrikaans en om Afrikaans te praat? Daar is derduisende mense wat Afrikaans praat en trots is daarop wat NIE wit is nie. Dis beslis nie net die “verdrukker” se taal nie. Wanneer gaan Afrikaans en Afrikaner ophou om ‘n vloekwoord te wees?

  2. karen sê:

    Ja nee, die blerrie Engelse – ek het laas naweek selfs vir Frankryk geskree in die Ses-Nasie wedstryd, net om nie vir die Engelse te ondersteun nie. En ek is “jonk”, het geen Boereoorlog moes meemaak of selfs met die pond grootgeword nie. Maar as mens lees van hulle verowerings reg oor die wêreld, dan laat dit mens bitter vir sulke gierigheid. Moet sê, as ek in Suid-Amerika iewers gewoon het (as inboorling) het ek seker dieselfde oor die Spanjaarde gevoel.

    • alleman sê:

      Hello Karen. Ek hou van die Engelse, Skotte, Walliesers en so. Dis die Britse Ryk waarmee ek ‘n probleem het. Dalk sal die wereld ‘n veiliger plek wees as Brittanje opbreek en elkeen van die sogenaamde home nations sy eie pad inslaan.

  3. brieweuitdievreemde sê:

    Alleman, dis wat my bly maak en laat lekker kry van my lewe hier in die Groot Karoo. Engels is vir alle praktiese doeleindes ‘n “foreign language” hier. Self die Chinese praat “Afrikaans” (hulle weergawe). Is dit kinderagtig dat ek so lekker kry as ek Afrikaans in al sy dimensies (ook bar dimensies) aldag en elke dag om my hoor? Weet nie en gee ook nie regtig om nie, ek geniet dit. Die Britte het hier nie juis headway gemaak nie🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s