Die vakuum heel bo

Wat gebeur as ‘n volk (of groep) sonder enige leierskap is?  Die EU (Duitsland, eintlik) moet tans Italië en Griekeland van ondergang red weens langdurige gebrek aan leierskap daar – dink maar net aan Sylvio Berlusconi.

As diegene met begrip van Afrikaners se situasie eerder die Anglo-elites wil beindruk as om te lei, sal ander mense met hul eie agendas daardie gaping vat.

Byvoorbeeld omdat Afrikaners soos Piet Croucamp (en baie ander soos hy) nou “nie Afrikaner” is nie, kan mense soos Steve Hofmeyr, wat geweldige aanhang onder gewone mense het, ‘n leierskapsrol rol inneem.

Steve lyk na ‘n warm, welmenende persoon – hy besef dalk nie dat hy sy baie duisende volgelinge in die verderf in lei nie.   Hy en sy white supremacist raadgewer  Dan Roodt.

Vir ‘n oomblik se pret kan mens aan hulle twee (wat baie cosy met mekaar op Twitter is) se verhouding dink as soos die van Grima (Dan) en Theoden (Steve)

Dan-En-Steve

Daar is by my geen twyfel dat bloedvergieting en verdere skade aan Afrikaners se posisie in die samelewing die gevolg van hulle twee se “leierskap” sal wees nie.  Byvoorbeeld ‘n volgende Skierlik, of Anders Behring Breivik agtige moorde op onskuldiges kan maklik gebeur as hierdie twee menere Afrikaners se denke al hoe meer stoot in die rigting van die internasionale white supremacists met wie Dan bande het.   En alle Afrikaners sal daardeur benadeel word.

Ek wens geleerde Afrikaners wil eerder hulle snobisme los – en soos Steve ‘n konneksie maak met gewone mense.  Soos wat Tony Ehrenreich leierskap gee aan Kleurlinge ten opsigte van gangsters, moet ‘n Afrikaner Afrikaners weg lei van rassisme.

This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Die vakuum heel bo

  1. brieweuitdievreemde sê:

    Ekself is nogal bly om te hoor dat Piet Croucamp nie ‘n “Afrikaner” is nie. Om verskeie redes.

    • alleman sê:

      Jy is welkom om uit te brei…

      Ek vind sy selfbeskrywing van ‘hy bestuur ‘n Land Rover “omdat hy nie anders kan nie”‘- erg pretensieus.
      Maar mens kan jou ook nie deur white supremacists laat lei en definieer nie – net skande en ondergang sal volg. Ten minste skop Croucamp teen dit.

      • brieweuitdievreemde sê:

        Alleman, ek dink dat – sonder dat ek nodig het om uit te brei – jy die spyker op die kop slaan met die woord “pretensieus” (asook die voorbeeld wat jy noem – ‘n mens se onderrok SAL uithang, ne.).
        Verder, weet jy, vertrou ek gewoon nooit mense wat Alles weet nie. Te gotterig vir my. [Hier moet ek seker nou die enkele voorbeelde uit persoonlike ondervinding gee, maar het (a) nie tyd nie en (b) nie tyd nie.]
        ‘n Groot deel van die aanhang van die white supremacists spruit juis uit die feit dat hulle nie sooooo pretensieus is nie, dink jy nie. Ag ja. dis ‘n jammerte, maar wat kan mens nou doen.
        Ek weet, byvoorbeeld, dat in al die plekke in ZA wat ek al in die afgelope 20 jaar gewoon het – en gewoonlik suid van die Vaalrivier – was die gevoel onder die unwashed majority (no offence): “Gee my ‘n AWB, dan weet ek waar ek staan”.
        Dit was vir my gewoonlik skokkend om te verneem en ek kon die ingesteldheid vir lank nie verdra nie. Maar as ek na die pretensieuse en politiek-korrekte -en vir eie gewin, hmmm???? – kak (jammer) luister wat die Piet Croucamps kwytraak, is ek geneig om my, eintlik sonder voorbehoud, by die bogenoemde unwashed majority te skaar.

        • alleman sê:

          Dalene ek verkies ook onpretensieuse tradisionele “regses” bo baie ander dinge. Eintlik is die DA die regses, en dit wat onder Afrikaners “regs” genoem word is setlaarsmentaliteit. Die Boerevolk, met setlaarsmentaliteit en al, is veel aantrekliker en onskuldiger as die internasionale white supremacists (Anders Behring Breivik se soort – die mense met wie Dan bande het).

          Dis baie cool as jy by die slimmes verby kan hou en jou by die unwashed kan skaar, maar iemand moet darem oplet wat aangaan. En dit is: Dan is besig om die gewone settelaarsmentaliteit Boere se denke te infiltreer met idees uit die internasionale white supremacists beweging. Het jy die Breivik en Skierlik stories gevolg? Hoe like jy dit as iemand kinders gaan skiet in ‘n township in jou volk se naam?

          O, en die Piet Croucamps het ook glad nie ‘n monopolie op pretensieusheid nie. Dan Roodt is self ‘n uiters pretensieuse pierewaaier, en hy weet ook Alles.

  2. brieweuitdievreemde sê:

    Alleman, hier’s dalk ‘n misverstand: ek dink nie aan myself as cool nie, ek’s o.a. te oud daarvoor, en dit spyt my as dit die indruk is wat ek skep. Ek skaar my ook nie met alles by die unwashed nie, maar op hierdie onderwerp -pretensielose regses v. pretensieuse politiek-korrektes- wel. Nie dat alle regses pretensieloos is etc., maar ek glo jy weet wat ek bedoel.
    (Die slimmes? Wie IS hulle nou eintlik? Dis egter seker ‘n onderwerp vir ‘n ander dag.)
    Ek is bewus van die Skierlik & Breivik tragedies maar het dit nie in diepte gevolg nie. Daar is jy reg – iemand moet let op wat aangaan, en daardie iemand is nie ek nie – nie op die politieke terrein nie in elke geval.
    Ek weet baie min van Dan Roodt af. Ek hou in die algemeen nie van supremacist-enigiets nie – daar kleef (vir my) altyd ‘n reuk aan van iets wat baaaaie lank toegestaan het: bedompig, benoud en benepe.
    Wat Piet Croucamp aanbetref: my enkele direkte en indirekte indrukke van hom was nie gunstig nie en ek dink die woorde pretensieus en alwetend som goed op waarom nie. Dalk is hy en Dan Roodt presies dieselfde, net met teenoorgestelde views? Dit sal nie die eerste keer in die geskiedenis wees wat hierdie verskynsel voorkom nie.
    Laastens, dit was nie so lank terug nie, dat soldate en polisie wel in my volk se naam kinders doodgeskiet het in townships. Ek het nie daarvan gehou nie en dit het tot ‘n mate my lewe ontspoor. Ek hoop nie om dit ooit weer te beleef nie, maar verder hoop ek ook die huidige uitwissing van menselewens in ZA (wat onder die hofie “misdaad” en “plaasmoorde” val) kan end kry. Dit ontspoor my lewe en miljoene ander se lewens nog verder..

    • alleman sê:

      Is dit nie ongelooflik hoe moeilik kommunikasie is nie? Die Korrelkop Kahuna noem my “slim” op sy blog, en nou bly ek maar eerder weg daar…

      Ek het jou nie beskuldig dat jy jou cool hou nie, ek dink jy IS cool! Ouderdom het nie altyd ‘n dooie hand op cool wees nie.

      In elk geval, rassisme moet konfronteer word al is elke oomblik daarvan pynlik en onaangenaam, want al word jy gotterig of slimjannie genoem, as die volgende Skierlik gebeur was daar ten minste Afrikaanse stemme wat geskop het teen die houdings wat daartoe gelei het.

      • brieweuitdievreemde sê:

        Hoe moeilik kommunikasie is…🙂 — inderdaad – ek beleef dit tot my verwarring al meer en meer in my lewe, en ek het (apparently in my onnoselheid) gedink die dinge raak makliker soos die lewe aangaan, nie moeiliker nie…. [People don’t HEAR what you say, they INTERPRET what you say – hoekom het ek dit nie baie vroeer geweet nie!]
        Nou ja, die woord “vakuum” in jou titel vir die bloginskrywing som dan seker als op – dis alreeds quarter to midnight as al wat Afrikaners deesdae het om van te kies, die Piet Croucamps en die Dan Roodts van die lewe is.
        Rassisme: ek wil nie hare kloof nie, maar het die woord nog enigsins regtig betekenis in ZA? Hier rond praat die Kleurlinge oop en bloot van k*ffers, en die swartes van h*tnos… niemand mind nie. Maar laat daardie woorde uit my mond uitkom, en ek is ‘n rassis.
        Of: ‘n petroljoggie by die Caltex raak na bewering verlief op my. Hy kry my selfoonnommer in die hande en hou aan boodskappe stuur en ontmoetings voorstel. Ek versoek hom om op te hou, hy doen nie. Die situasie begin grens aan teistering en ek gaan na sy werkgewer om te vra hy moet dit stopsit, wat hy doen. Die gevolg: ek (wit) is ‘n rassis omdat ek nie ‘n verhouding met die petroljoggie nie-wit) wou aanknoop nie. Niks van verskil in ouderdom, verskil in agtergrond en blote vrye keuses mbt wie jy ‘n verhouding mee wil aanknoop nie….
        Of: ek se vir iemand by die ko-operasie om agter my in die ry te gaan staan en nie in te druk voor my nie. Buitekant begroet ‘n aggressiewe jong man my en se ek het nie “maniere” nie, ek is ‘n rassis. Omdat ek eerste in die ry was en nie wou he iemand moet voor my indruk nie en iets daaromtrent gedoen het.
        Dus: Wat beteken dit deesdae om ‘n rassis in hierdie land te wees? Wie se definisie “tel”? Ek het o.a. verneem dis nie moontlik om ‘n rassis te wees as jy swart is nie. Nou vra ek jou……
        (Volledigheidshalwe: my definisie van rassis is breedweg iemand wat ander se menswaardigheid misken op ander op grond van ras/kleur.)

  3. alleman sê:

    Jammer om te hoor van die teistering wat jy ervaar het.
    Die kwessie van rassisme is ingewikkeld, en ek weet nie of mens sommer self kan besluit wat rassisme beteken sonder om die betekenis wat diegene wat eeue daaronder gely het daaraan heg, in ag te neem nie.
    En ek dink wat hulle sê is dat mens nie rassisme in isolasie van eeue se wit bevoooregting kan bespreek nie, want dit het ‘n strukturele effek wat wat wit mense steeds bo swart mense plaas – nie net in SA nie, maar in die meeste lande. Rassisme het met ‘n ongelyke magsverhouding te doen.

    Maar ek haat dit wat jy ervaar het.

    Die eerste geval is seksuele teistering, en so ‘n teisteraar sal agter enige iets (byvoorbeeld rassisme) wegkruip. Ek kan jou waarborg dat daardie selfde petroljoggie ook al swart vroue geteister het, so ek beskou dit nie soseer as rassisme nie. Ek hoop hy draai homself vas.

    Die tweede geval is soortgelyk aan die rasse-vyandigheid wat baie wit mense in SA ervaar, veral in die klein dorpies. Ek dink baie daaroor, want ek het dit ook al ervaar.
    Dit is deels ‘n poging tot rassistiese teistering – maar die mate waartoe jy suksvol op jou regte kan staan in so ‘n situasie bepaal of daar ‘n ongelyke magsverhouding is. Ek waarborg jou die pateet sou nie dieselfde aan ‘n frisgeboude wit man gesê het nie. So dis ook manlike teistering van ‘n vrou – soortgelyk aan wat baie vroue in SA elke dag ervaar.
    Beteken so ‘n insident dat swart mense in die samelewing kolliektief magtig en onregverdig teenoor wittes wil optree? Ek dink daar is ‘n minderheid swart mense wat dit wil doen (reeds doen) – en wit mense is ook soms slagoffers van rassisme soos jy in hierdie geval. Die mags – wanbalans tussen individue in SA is nie altyd aan die wit mens se kant nie. Tog meen ek daar is ‘n groot meerderheid wat net gelyke verhoudinge wil hê.

  4. brieweuitdievreemde sê:

    Dankie vir die terugvoer, Alleman. Ja, die oorgrote meerderheid, glo ek ook, wil net gelyke regte he asook ‘n kans om in rus en vrede aan te gaan met daaglikse dinge.
    En rassisme is nie ‘n eenvoudige onderwerp nie, nee. So beter dat ek nie NOG ‘n blog-inskrywing hier in jou kommentaar-gedeelte doen nie🙂
    Een ding waaraan ek sal herkou (in die goeie sin vd woord) is jou opmerking oor ongelyke magsverhoudinge. En in die lig van: wat moet ek NOU doen (dekades later) aan die feit dat ek beter geleenthede gehad het as diegene om my en dat daar dus in baie gevalle ‘n magswanbalans is tussen my en Plas of my en Tryn (en Flink, haar seun) of my en Toto of sy broer Sunday etc. etc. etc ? Dit klink dalk na ‘n dom vraag, maar ek weet nie wat die antwoord is nie.

    • alleman sê:

      Eintlik hoef jy jou bevoorregting net te erken – in jouself. Dit maak alles beter – vir die swart mense met wie jy te doen kry, en vir jouself. Jy moenie jou gelyke regte opgee nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s