Simbole vir Afrikaans en Engels

Verder oor my vorige inskrywing.   In Desember 2012 was daar ‘n vlagkompetisie op Reddit se Vexillology afdeling (wat ek sopas raakgesien het), en nou plaas ek sommige van die vlae wat my aandag getrek het, hier.

Hierdie vlag vir Afrikaans is ontwerp deur iemand met die avatar naam Skoppensboer.  Ek dink dis die beste vlag – een wat miskien alle Afrikaansprekendes van sal kan hou. (Dit was nie deel van die 2012 vlagkompetisie nie – al die ander vlae hieronder was wel)

Afrikaans

Afrikaans

Hierdie vlag vir Afrikaans is ontwerp deur ‘n Vexillology liefhebber met die avatar naam Vexy:

afrikaans

Afrikaans

Hierdie Afrikaner vryheidsvlag is mooi, maar:  Afrikaans is veel groter as sekere groepe se seperatistiese strewes.  

1000px-Afrikaner_Vryheidsvlag.svg

Swahili is ‘n groot taal in verskeie Afrikalande, so nie een van daardie lande se vlae kan gebruik word om die taal voor te stel nie.  Daarom is hierdie vlag ontwerp:

Swahili

Swahili

Nou het iemand wat aan empire nostalgie ly, die vlag hieronder vir Engels uitgedink.  Dis mooi, maar die bedoelde simboliek is afstootlik: “The sun over the ocean represents the sun “that never sets on the British Empire”

british

 

Ek dink die die vlag hieronder is veel beter om Engels voor te stel.  Bedoelde simboliek: “the five most popular colours among all colours on the flags of countries with English as their official language. They’re arranged in the style of the flag of England”

english

Engels

This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Simbole vir Afrikaans en Engels

  1. karen sê:

    Ek hou van die taal monument vlag. Dis eenvoudig, stylvol en treffend. Die Engelse simbool kwessie is moeiliker. As dit ‘n Suid-Afrikaanse webwerf is, is die Britse vlag seker nie gepas nie, maar in die res van die wêreld waar Engels as vreemde taal gepraat word (dus buite die VSA, Australië, NZ, die ou Kolonies), hoekom nie. Dis immers waar Engels vandaan kom. VSA, AUS en NZ het hulle eie vlae, so dis meestal in Afrika waar alternatiewe gesoek behoort te word, om die juk van kolonialisme verder af te skud. En ek hou daarvan, want dit maak mense kreatief. Wat van die buitelyn (swart silhoeët) van Emily Hobhouse met ‘n lantern? Dit sal seker te sterk aan die ABO laat dink, né? Of die silhoeët van ‘n koppie tee? Ek dink eintlik heeltyd aan die woord “bakkie”, want dis 100% SA-Engels, maar dalk nie so duidelik nie. Oulike tema om oor te dink, dankie!

    • alleman sê:

      Hallo Karen, ek hou ook van die taalmonument vlag – net so ‘n halwe kortkoppie agter die Springbok een.
      Daar is ‘n Engelse vlag, die rooi kruis op die wit agtergrond, wat nie aanstoot behoort te gee nie, maar die Britse vlag stel die Britse empire voor (nie Engels of Engeland nie), en is ‘n steen des aanstoots selfs vir vryheidsgesinde Engelse, Walliesers, Skotte en vele groepe regdeur die wêreld wat onder Britse imperialisme deurgeloop het.

      En dis nie net imperialisme van lank gelede nie – Britse aksies tydens die Koue Oorlog soos die moord op Patrice Lumumba, die aanvalle op onder meer Irak, Afghanistan en Libië, asook samewerking met Midde-Oosterse diktature soos Bahrein.

      Nee wat, nes die Nazi vlag moet die Britse vlag waai, en Brittanje moet opbreek in Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland. Die wêreld sal dan ‘n veiliger plek wees.

      • karen sê:

        Hehe, nee, die springbok vlag is nie vir my mooi nie. I.e.g. jy’s reg oor Brittanje. Nadat Switserland vroeër die jaar gestem het om die getalle buitelanders wat in die land inkom te beheer, en die kwessie van die onafhanklike staat in die middel van Europa opgekom het, het (o.a.) Skotland weer te kenne gegee dat hulle onafhanklik wil wees. Ek kan net daarmee saamstem. (Ek wens die VSA kan ook in verskillende “lande” opbreek)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s