SA se verregse malletjies net so afhanklik van sensuur as Sjina se kommunistiese party

Sjinese sensors  vee daagliks duisende van alle inskrywings uit op Sina Weibo, Sjina se grootse microblogging site, en op ander Sjinese websites.  Die Sjinese kommunistiese party hou veral nie van kritiek op die korrupte manier hoe kommunistiese partyleiers finansieel baat by hulle mag nie, en ook nie van kritiek op hul okkupasie van Tibet nie.

‘n Kommentaar soos hierdie, (deur  “Little Wooden House of Yanta” -iemand met 3,700 volgelinge op Sina Weibo)  is tipies van wat uitgevee word:

Just look at how frightened this Tibetan farmer looks . . .

tibetse-boer

Waarvoor is die Sjinese kommunistiese party so bang? Die Sjinese is baie tevrede – hul regering  dra meer as  90% van die bevolking se goedkeuring weg (sien hier en hier).  Dis ‘n getal wat, sover ek weet, deur geen demokrasie geëwenaar kan word nie.  Hierdie tevredenheid is as gevolg van die regering se skouspelagtige sukses met die vermindering van armoede.

Nietemin, Sjina se sensuur, en hulle wrede vervolging van kritici, ruik na vreesagtigheid.

Ewe afhanklik van sensuur, is SA se verregses (wat nou skynbaar by die FAK oorgeneem het, as Dan Roodt, SA se mees hatige malletjie, nou daar kan skryf.)   Ek beskou dit as ‘n skande dat die FAK vir Dan publiseer, en het summier ‘n kommentaar daar gelewer (wat natuurlik delete is – sien my kommentaar heel onder). Opdatering (7 Junie 2014) – my kommentaar by die FAK het intussen weer verskyn – met ‘n antwoord van Marthinus van Bart

Ook die Vryheisdfront se Philip van Staden, het vrees vertoon vir kritiek en vrye debat.  Hy het ook ‘n kommentaar – sien hieronder – van my uitgewis – wat ek ewe astrant gaan terug sit het, en wat hy toe weer uitgevee het!

Die Vryheidsfront en die FAK is organisasies wat beslis bestaansreg het, in die lig van SA se verengelsde politieke partye wat veral die belang van die Anglo-elites bevorder.    Hulle kan gerus meer oop en oopkop raak, en die meer sinistere en  rassistiese elemente in hul geledere isoleer.

***

Hier is my kommentaar by die FAK:

So jammer om te sien dat die FAK nou ook op die Doktor Dan Roodt – wa gespring het.

Doktor Roodt is iemand wat nie kan verdra dat Afrikaners vreedsaam met die swart groepe saamleef nie.   Hy kan nie ernstig opgeneem word nie, want hy spandeer die meeste van sy tyd om kwaad te probeer stook.

Gelukkig is hy nie geloofwaardig genoeg om veel rassekonflik te veroorsaak nie.

Dis goed dat die FAK goedgedink het dat ‘n resensie van Van Bart se boek geplaas moet word, maar talle ander, meer geloofwaardige mense – geskiedkundiges, byvoorbeeld, kon gevra gewees het om die resensie te doen.

 Hier is my kommentaar wat Philip van Staden uitgevee het:

Twee maande gelede, toe Niekie  te laag op die DA kandidatelys geplaas is om die parlement te haal, was hy: “hartseer, bitter teleurgesteld, heeltemal verslane. Dis ’n verskriklike terugslag vir my.” -sien Rapport hier:

Twee maande gelede was Niekie dus ongelukkig met die DA omdat hulle nie sy politieke loopbaan verder gesteun het nie – nie omdat hy sodanig van hulle politiek verskil het nie.

Dink Niekie en die Vryheidfront regtig kiesers is dom genoeg om te glo hy het hierdie skuif na die VF oor enige beginselredes gemaak?

 

This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

9 Responses to SA se verregse malletjies net so afhanklik van sensuur as Sjina se kommunistiese party

  1. Hi Alleman, ek wonder soms of ‘n mens nie net mense soos DR moet doodswyg nie. Ek het Meneer Doktor se blahblahblah net halfpad gelees, ek moet bely. Iemand wat in die jaar 2014 nog frases soos: “die geslepe Britte” gebruik (??? slegs die Britte was geslepe – in 1000e jare was daar dus onder alle ander groepe/nasies nooit enige geslypte ou diewe nie🙂 ), en dan se dat die Van Bart boek “die wreedheid en verontmensliking wat met slawerny gepaard gegaan het” ONTHUL (??? so ons het dit nooit vroeer geweet nie?) is iemand wat OF nie baie reis / lees van wat in die res van die wereld aangaan nie, OF ‘n spesifieke soort agenda het. Hierdie soort hatige retoriek herinner my regtig baie aan ‘n hond wat sy eie kots staan en opvreet – niks wat ek teen honde het nie, maar ek wil nie daarna staan en kyk nie, daar is ander, waarskynlik beter, dinge om te doen.
    Ten gunste van Meneer Doktor, kan ek net se ek het gister na ‘n lesing geluister waarin Umberto Eco verduidelik dat haat “generous” is – dit soek ondersteuning en wil dus graag ander mense betrek, terwyl liefde “eksklusief” is, gerig op een persoon ter uitsluiting van ander. Ek stel dit nou ‘n bietjie eenvoudig maar dis tog iets om oor te dink. Umberto Eco sou dalk Meneer Doktor beskou as ‘n besonder vrygewige persoon🙂
    Die Umberto Eco lesing is op youtube by intelligence squared.
    Groete,

    • alleman sê:

      “‘n hond wat sy eie kots staan en opvreet” – Sjoe, ek sien nou ek gebruik te veel woorde om Dan te beskryf – jou beskrywing wen loshande!

      Ek erken dis oninteressant om Dan te kritiseer, maar sy arrogansie om namens Afrikaners te praat pla – veral omdat hy gereeld swartmense of Engelssprekendes sover kry om hom ernstig op te neem.

      • Alleman, ek reken verder dis net die Engelse & swartmense wat in elk geval sit en WAG vir so iets wat hom ernstig opneem, m.a.w. diegene wat hulle eie vooroordele gewoon wil bevestig. Hierin is die Engelse & die swartmense nie uniek nie & maar daar is baie van hulle wat net sit en wag om die ‘rascist Boer’ te bevestig en dit maar Meneer Doktor se bedrywighede soveel meer onverantwoordelik..

  2. NS: Volledigheidshalwe — ek dink ek het al voorheen op jou blog genoem dat ek nie mal is oor die Engelse (of die Amerikaners) nie. Maar ek dog almal weet al lankal hoe vals en agterlik hul eie weergawes van hulleself is. Vind Meneer Doktor dit dan nou eers uit?

  3. seegogga sê:

    Ai die probleme van die wereld maak ‘n mens sommer depressief. Maar vir die pret het ek jou getag by ‘n musiekspeletjie. Neem sommer deel vir ‘n bietjie pret en afleiding!

  4. Pingback: Toortsie se liedjiespeletjie: Speel saam, dis gratis! | Seegogga se Bloggie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s