The Great Pacific Garbage Patch

Die Deense groep Pinkunoizu se Great Pacific Garbage Patch is vir my alles wat musiek kan wees – ek dink nie my woorde kan dit enigsins beskryf nie, maar in hulle eie woorde gaan dit oor “a suiting picture for a world doing wrong ”

Elke stukkie plastiek wat mens koop eindig uiteindelik op in die natuur, baie daarvan in die see.  Mettertyd word dit afgebreek in tot mikroskopiese grootte, en dit stel gifstowwe vry, wat weer in die voedselketting beland.

Vieslik.

 

This entry was posted in omgewing and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to The Great Pacific Garbage Patch

  1. Die mens is die natuur se grootste vyand … ons noem dit vooruitgang

  2. perdebytjie sê:

    Om te dink,dat ek as kind nog die voorreg van ‘n plastiekvrye omgewing gehad het.Dis nie eers lank gelede nie.Tupperware was omtrent die eerste plastiek waarvan ons bewus geraak het en dit was beskou as een van die wondere vir huisvrouens!

  3. karen sê:

    In Indië het ek gesien hoe beeste plastiek wei soos hulle gras wei, agter sout aan. ‘n Veearts verbonde aan die organisasie waar ek gewerk het, het een keer 14 kg plastiek uit ‘n bees se maag gehaal. Jikes. Ek wil nie weet hoe lyk ‘n walvis se maag nie😦

    • alleman sê:

      Sjoe!
      Ek dink sulke diere se gesondheid word benadeel, sonder dat hulle noodwendig baie gouer doodgaan. In die mens se geval sal daar seker mettertyd genoeg plastiek in ons voedselketting beland, en dan sal ons leer watter effek dit op die mens het. Ek voorspel vele siektes en sindrome sal die mens ook tref.

      • karen sê:

        Ja, inteendeel, hulle sterf ‘n lang, uitmergelende dood. Maar ek verstaan wat jy bedoel – dis die subtiele vergiftiging wat probleme gaan veroorsaak. Ek het nou net weer ‘n kort artikel oor sonrome gelees. Daar is twee modelle, ‘n chemiese middel en een gebaseer op minerale. Die een op mineraalbasis werk beter omdat dit nie die vel binnedring en met hormone peuter nie, maar dit kan nie maklik opgesmeer word nie. Nou het hulle begin om die partikel superfyn te maak, maar is nou ook onseker oor wat die nanopartikels in die omgewing gaan doen. Vooruitgang is ons ondergang.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s