Israel se oorlog teen kinders

Sien gerus hieronder die Engelse omroeper en politieke kommentator Jon Snow se pleidooi vir genade vir die Palestyne.

En terwyl baie duisende mense, onder meer Jode en Suid-Afrikaners protesteer en betoog in solidatiteit met die Palestyne, en teen die oorlogsmisdade van Israel, voel Obama en Cameron  blykbaar vere.   Zuma doen ook maar nie juis iets nie, terwyl daardie ander British onderdaan, Tony Abbott soos van hom verwag kan word, aan Israel se kant is.

This entry was posted in suid-afrika and tagged , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Israel se oorlog teen kinders

  1. Dit maak mens so hartseer… niemand wen

  2. vuurklip sê:

    Daar twee kante aan hierdie saak! Lees gerus Sam Harris se siening van albei kante:
    http://www.samharris.org/blog/item/why-dont-i-criticize-israel

    • alleman sê:

      Harris se leuenagtigheid is gebasseer in die feit dat hy nie die kolonialisme wat hier aangaan ten volle erken nie, en dit ligtelik afmaak, byvoorbeeld:
      “You have one side which if it really could accomplish its aims would simply live peacefully with its neighbors”
      Dit is nie waar nie – om ander mense se grondgebied in te neem soos wat Israel doen, is oorlog.

      Die tweede groot leuen wat diep loop in Harris is dat Moslems hulle geloof op die res van die wêreld wil afdwing. Daar is natuurlik sulkes, net soos in elke geloof, maar die oorsprong van Moslem terreur is nie in ‘n begeerte om hulle geloof af te dwing nie, maar in die neokolonialisme van Amerika en Brittanje. In talle midde-Oosterse lande is Amerika en Brittanje se wil afgedwing, òf militer òf met behulp van behulpsame diktators soos Mubarak, die Saudi koningshuis, en Hamad bin Isa Al Khalifa (die koning van Bahrein, en groot vriend van die Britse koningsfamilie).

      In diens van sy anti-teisme, stel Harris hierdie konflikte wat uit neokolonialisme spruit, as godsdiens konflikte voor. Ek het voorheen geskryf oor hoe hierdie ouens wanvoorstellings maak oor godsdiens om die boosheid van hulle neokolonialisme weg te steek:

      https://alleman.wordpress.com/2009/04/14/godsdiens-vlieg-jou-nie-in-geboue-vas-nie/

  3. karen sê:

    Wat het geword van die pen is magtiger as die swaard? Dalk sal hulle harder probeer om die konflik op te los deur gesprek en kompromieë as hulle nie meer wapens gehad het om mekaar moer toe te skiet heeltyd nie (wat aan hulle verskaf word van buite). Het jy al hierdie video gesien:
    http://www.filmsforaction.org/watch/this_land_is_mine/

  4. Dit is nie Israel wat Gaza en die Palestyne bedreig nie, maar HAMAS en die inwoners van Gaza wat toelaat dat hul grond deur terroriste gebruik word om Israel van aan te val. Die oorsaak van die oorlog is daar vir almal om te sien: HAMAS vuur missiele vanuit Gaza op Israel met die bedoeling om die Israelse staat te vernietig – van die aardbol te vee. HAMAS vuur die missiele uit skole, kerke, hospitale en sagte teikens en gebruik sodoende Palestynse lywe as menslike skilde. Israel doen wat enige ander land sou doen – hulle skiet terug en ongelukkig tref hulle die skilde wat hulle nie daar gesit het nie. Die Palestyne moet HAMAS verjaag en hulself red. As dit gebeur kan die inwoners van Gaza en die Wesoewer en Israel oor ‘n tweestaat-oplossing praat. Vrede is moontlik, maar nie met HAMAS daar nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s