Ons Anglo base

Wat Iris ­Minier van Boss Models sê:

mens “moenie trots wees dat jy Afrikaans is nie”, dis nie iets wat mens “vir enigiemand moet sê nie”.  En “dit is soos om vir almal te sê jy is ’n Nazi” ensovoorts. – Rapport

Wat sy eintlik bedoel:

Suid-Afrika behoort aan Anglo en British belange, en Afrikaanssprekendes moet daarby inpas deur te verengels, en voor Anglo baasskap die knie te buig.

Natuurlik moet Zulu, Xhosa etc sprekers volgens die settelaar en neokolonialis se denke dieselfde doen – dis net moeiliker om dit hardop te sê.  En gelukkig vir mense soos ­Minier, staan SA tans onder beheer van compradores met Britse titels.  Beide Mbeki en Zuma  is immers tot Britse ridders geslaan, en het dienste verrig ter voordeel van BAE systems en ander Britse maatskappye.

Maar ongelukkig vir mense soos Minier sal SA nie altyd in British-friendly hande bly nie.  Wanneer ware anti-kolonialisme begin inslag vind, en wanneer Sjina die magtigste land in die wereld is, sal Engels se dominansie tot ‘n einde kom – nie net in Suid-Afrika nie, maar in baie ander soortgelyke lande.  Baie van ons is nog jonk genoeg – ons gaan dit sien gebeur.

Intussen nooi ek vir Minier uit om The language of colonialism te lees.

This entry was posted in Afrikaans, suid-afrika and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Ons Anglo base

  1. Dit laat mens wonder wat die reaksie sal wees.

  2. Zeppie sê:

    Afrikaans en moerse trots daarop…

  3. Straight Facts sê:

    Iris is not from Boss models, please state correct facts in such a controversial issue

  4. en toe versuur die love-me-relationship….oornag. hahaha. En sommer een van die dae gaan die Britse-vriendelike handjie-vashou verbrokkel. http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Zuma-calls-off-UK-trip-over-Camerons-snub-20141026

    • alleman sê:

      Hallo Daniel – Ja, dis waar. Anders as sy voorgangers is Zuma ‘n Comprador wat nie eerstens die Britte dien nie. Hy dien wie ookal hom help.
      Ek kan my goed voorstel dat sy danigheid met die Russe, Sjinese, Mugabe ensovoorts, nie goedgekeur word deur die Britte nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s