Daar is vir my niks so pateties soos rykes en welgesteldes wat “aktiviste” word, omdat hulle reken hulle is die victims in die samelewing nie. Hierdie soort denke maak van jou ‘n oneerlike pateet.
Vat byvoorbeeld hierdie libertynse “aktivis”, wat ander “aktiviste” oneerlike tegnieke leer om boeke wat hulle nie gelees het nie, te “rate” volgens politiek.
Natuurlik kry mens dieselfde soort libertyne ook in SA, en selfs ook in Afrikaanse blogs.
Advertisements
Gelukkig weet min mense van hierdie groepe “aktiviste” as mens nie toevallig daarvan lees,soos ek hier.
Ek dink jy is reg hulle is redelik skaars in die gewone lewe, maar hulle spam die Internet nogal op groot skaal.
Wel darem net sommiges … daar is mense wat goeie werk doen met hulle geld as hulle belangrike sake ondersteun. Ek stem egter saam dat dit met ander net ‘n vertoon is.
“80% of books I rate I don’t read’ – snaaks op ‘n werklike siek manier. En niemand in die gehoor vat hom aan nie? Ek wonder of die mense by SETI al ooit oorweeg het dat die intelligente lewe in die buitenste ruim waarskynlik alles in hulle vermoe doen om ons te vermy……… met rede!