Bang oumense misgun hulle kinders vryheid van Empire

Ek kan skaars inhou hoe teleurgesteld ek is oor die Skotse nee stem. Die jongmense wil nie meer deel wees van die oorloë en onreg wat in Whitehall uitgedink word nie, en ook nie die hele korrupte Westminster stelsel nie. Maar die oumensies is bang. Bang oor wie hulle gaan beskerm as die Empire wat soveel mag in die wêreld uitgeoefen het, nie meer daar is om te dien nie.

Hulle is bang vir hulle eie vryheid!

Nou wil ek (wat al gevaarlik naby 50 is), ‘n paar dinge oor oumense sê:

  • Oumense is nie vanself wys nie – net wyse jongmense word wyse oumense.
  • Mens neig om al meer vreesagtig en gekant teen verandering te word namate jy ouer word.  Maar lewe is verandering. Ek hoop dit gebeur nooit met my om so vreesagtig en konserwatief te word dat ek nee stem vir my kinders se vryheid nie – dan eerder meer pyne en swak gesondheid of die dood.

Maar wag tot die bang oumensies wat so verknog aan Britse empire is, uitgesterf het – so oor 10 of 20 jaar. Dan  hoop ek sal die jongmense ‘n Skotse republiek begin wat die wêreld inspireer.

This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Bang oumense misgun hulle kinders vryheid van Empire

  1. Son sê:

    Ek was ook erg teleurgesteld oor die Nee stem😥

  2. Jy is reg… ek sien dieselfde vrees rondom my. Mense leef in die verlede en wond al hoe konserwatiewer hoe kleiner hul wêreld raak.

  3. Dis jammer dat mense uit vrees stem en nie weens oortuiging nie. Dis baie soos in SA ook. Tog is dit verblydend dat kiesers in Skotland die kans kon kry om te stem in ‘n referendum waar elkeen se stem WERKLIK tel en die toekoms direk en dramaties kan beinvloed. Behalwe vir Switserland, is ‘n referendum ‘n demokratiese proses wat erg afgeskeep word.

  4. Louwie sê:

    Sou dit goed wees as die Afrikaner Ja te stem vir `n eie akkertjie land? Indien nie, waarom nie? Hoe verskil die Afrikaner se wens vir onafhanklikheid van die van die Skotte?

    • alleman sê:

      Die algemene siening wereldwyd is dat ‘n volk wat die meerderheid op sy grondgebied het, nie gekeer behoort te word om onafhanklik te word nie. Min volke waarvoor dit geld, is nie onafhanklik nie – en dink dis omtrent net die Kurde, en ek dink hulle eie staat is om die draai,
      Ongelukkig het ons nie so ‘n grondgebied nie, tensy die lyne baie klein getrek word daar by Orania.

      Die interessante ding van Skotse nasionalisme is dat dit nie ‘n bloed nasionalisme is nie. Die Skotte (in die algemeen) verwelkom alle rasse en kulture as Skotte.
      Daar is wel rassistiese verregse Skotte, maar hulle is geneig om pro-Britse unioniste te wees. Vir sulkes verteenwoordig die Britse vlag die grootste hoop teen die swart gevaar.

      As Afrikaners nie bloed nasionaliste was nie, sou ons raakgesien het dat ons bruin familie dieselfde taal, godsdiens en waardes (behalwe die bloed nasionalisme) as ons het. So ‘n verenigde Afrikaanse volk sou ernstig kon aanspraak maak op ‘n groot land wat strek deur die Wes- en Noord-Kaap.

  5. EkGeeOp sê:

    Ons “bruin familie” praat dalk Afrikaans, maar verder het hul nie veel in gemeen met Afrikaners nie.

    Ek dink dis arrogant om die uitslag van die Skotse verkiesing af te maak as “oumensies wat bang was.” Respekteer eerder die keuse van die meerderheid Skotte.

  6. Toortsie sê:

    Ek wil my nou nie uitspreek oor die Skotte en hulle stem nie, ek weet regtig te min.
    Maar die banger word soos ons ouer word… begin ek ook al aan my bas voel… MAG EK NOOIT VIR MY KINDERS ‘N MEULSTEEN OM DIE NEK WEES EN HULLE KEER OM VOLUIT TE LEEF NIE.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s