Hoekom die ANC nie links is nie

Ek het hierdie geskryf na aanlyding van Flip Buys se wanvoorstelling dat die ANC links is (en linkses dus soos die ANC is)

Die ANC is ‘n komplekse organisasie, wat beslis ook ‘n krimpende aantal linkses insluit, maar dit is duidelik dat regses – Zulu nasionaliste, Afrika nasionaliste en tradisionaliste, asook comprador kapitaliste die botoon voer.

Die ANC se tradisionalisme

Die toename in ongelykheid in SA sedert 1994 pla die ANC blykbaar nie want die party tree hoofsaaklik op in belang van ‘n swart middelklas en tradisionele leiers, en baie van wat hulle doen dui op ‘n minagting van arm mense.

Voorbeelde:

  • Die voortgesette onderwerping van landelike swart mense aan tradisionele leiers.  Sien hier en hier

  • Die steun van monargiee soos Swaziland se koning Mswati wat selfs geldelike steun van SA kry.  Ware linkses is republikeine, en keur nie Mswati se verdrukking van sy land se mense goed nie.   As die ANC links was, het hulle gehelp om Swaziland te bevry soos wat linkses van baie lande gehelp het om swart mense in SA te bevry.

  • Die steun aan koning Goodwill Zwelithini is veral ‘n bewys van hoe regs die ANC onder Zuma geword het.   Nadat Zwelithini in April Xenofobiese aanvalle op swart buitelanders aangehits het, het die ANC regering hom nie gestraf of selfs gerepudieer nie, maar hom beloon deur met Operation Fiela kwaai op immigrante toe te slaan, asook met ‘n yslike geldelike verhoging aan hom en ander tradisionele leiers.   Hierdie verhoging dui ook op ‘n intensie om  tradisionele leiers te beloon en hul mag te vergroot.  Volgens minister Gugile Nkwinti is tradisionele leiers ook “verhewe bo politieke gesag”

  • Die weiering om swart skole in arm gebiede te verbeter – hierdie is ‘n tegniek om arm mense onder te hou.

Die ANC se wals met neo-kolonialisme

In hierdie opsig is die ANC regs deur dikwels op te tree as comprador kapitaliste, byvoorbeeld:

  • Die skiet van Suid-Afrikaanse mynwerkers namens Lonmin, ‘n Britse maatskappy by Marikana
  • Die wapentransaksie met ‘n konsortium onder leiding van BAE Systems
  • Die toeken van kontrakte aan Britse maatskappye soos G4S om staatswerk te doen
  • Die verengelsing van Suid-Afrika
  • Steun in die VN veiligheidsraad vir die 2011 Anglo Amerikaanse aanval op Libië wat die land erg gedestabiliseer het.

 

This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Hoekom die ANC nie links is nie

  1. Baie interessant… Dit maak my benoud, want dit lyk of hulle net maak wat hulle wil

  2. Alleman, het hierdie terme – “links” en “regs” – nie irrelevant geraak nie? Waarom analiseer enigiemand nog die dinge wat in ZA aangaan? Who cares of die ANC links of regs is!! As enigiets hier rond gewerk het, sou dit dalk vanuit ‘n akademiese perspektief interessant kon wees. Dalk. Maar nou werk niks nie. Akademiese vrae het langer geen meer betrekking op enigiets nie.

    Dink jy mens gaan met analises enigsins nog betekenisvolle antwoorde kry? Het onlangs ‘n artikel in ‘n Hollandse koerant gelees oor Parys 13/11/2015. Ek kan die link ongelukkig nie terugvind nie. Die skrywer s^e daar dat ons almal “weet” wat en waar die vrot is – in Parys, in Brussels, in Amsterdam — maar ons mag dit nie s^e nie. Om meer spesifiek te wees: ons almal weet dat sommige mense in Parys hoort en ander in die woestyn. Maar ons mag dit nie s^e nie. Het “links” en “regs” nog enige betekenisvolle bydrae oor om te lewer?

    (Om moontlike misverstande uit die weg te ruim – let asb op die vraagtekens – tradisioneel gebruik om ‘n vraag aan te dui. Deesdae nie meer nie, ek weet.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s