Category Archives: sommer net

Handdruk besig om uit te sterf

Ek hoor vandag ‘n kommunikasiekundige sȇ die handdruk is besig om te verdwyn in Brittanje. Daardie eeue oue mooi menslike interaksie wat wedersydse vertroue bevestig, se dae is getel. En ek moet sȇ, ek sien dit self. Nie net sien … Lees voort

Posted in sommer net | Tagged , , , | 6 Kommentaar

Geloof

My seun kom van die skool af, wys reguit die lug in op, en sê: Weet julle wat!  Jesus woon daar doer buite in die ruimte! Ons is sprakeloos. Die volgende aand toe ek hom in die bed sit, het … Lees voort

Posted in religie, sommer net | 4 Kommentaar

Kuruman espresso

Ek moes nog ver bestuur, en bestel ‘n espresso (my gunsteling soort koffie) in Kuruman, maar die vriendelike kelnerin bring toe ‘n groot koppie koffie.  My skoonsus vra toe of hulle dan nie weet hoe maak mens espresso nie. “Nee … Lees voort

Posted in sommer net, suid-afrika | Tagged | 7 Kommentaar

van sterretekens

Gewoonlik as iemand van sterretekens skryf hou ek summier op met lees – ek moes dit ook gedoen het toe hier gelees het. 1. Ek hou van droë en verlate plekke – soos die Karoo. 2. Ek het in die … Lees voort

Posted in sommer net | Tagged | 9 Kommentaar

Versoeking

Jare gelede het ek as student soms bus bestuur vir ekstra inkomste. Veral tydens diensplig-innames het ek en ander studente goed geld gemaak op die manier. Ons het soms ure gery wat onverantwoordelik – selfs krimineel was. Byvoorbeeld een keer … Lees voort

Posted in sommer net | 2 Kommentaar

Mens kliek

Mens klik nie op skakels nie, jy kliek. As jy die twak by Naspers is wat met die geklikkery begin het is, wel ek aanvaar dit nie so nie. Gaan sê dit maar vir Ton Vosloo. Toe, hardloop voor die … Lees voort

Posted in sommer net | Tagged | 6 Kommentaar

Boeke wat jou krag neem

Ek kan nie juis Engelse voorgeskrewe boeke uit my skooldae onthou nie, behalwe ‘My family and other animals’ wat OK was. Op universiteit onthou ek hoe depressing JM Coetzee se boeke was, en hoe verskriklik depressing en vervelig was ‘Story … Lees voort

Posted in sommer net | Tagged | 14 Kommentaar

Digkuns

My swaer het een keer gesê: Ek kan ook dig, dis baie maklik: ek sit ek staan toe val ek om hier lê ek nou!

Posted in sommer net | Tagged , | 5 Kommentaar

Wat maak ‘n goeie blog artikel?

Vir my is dit eerlikheid – maar jy moet terselfdertyd verstaan wat sal interessant sal wees vir iemand wat jou glad nie ken nie. (Laasgenoemde is een rede hoekom MySpace vir my so erg is). Party mense skryf lekker op … Lees voort

Posted in sommer net | Tagged , | 8 Kommentaar

Waar is die Afrikaanse bloggers?

‘n Groeiende lys is te kry by blogafrikaans. Daar is ook nog so ‘n paar by Mweb. Maar eintlik is daar baie minder as wat ‘n mens sou verwag. Ek dink die hoofrede is eenvoudig. Baie mense wat in Afrikaans … Lees voort

Posted in sommer net | Tagged , , | 7 Kommentaar