Afrikatekens en ‘Oorwin plaasaanvalle’

Hier doen ek nou iets wat ek self nie goedkeur nie – om ‘n boek wat ek nie gelees het nie te kritiseer. Maar die boek Oorwin Plaasaanvalle deur Lukas Swart bevat ‘n DVD wat veronderstel is om jou van Afrikatekens te leer

Uit die resensie: ‘Die verkenners pak ook sogenaamde Afrikatekens (takke stokke, klippe, blare en letterlik enige ander voorwerp) op die grond uit wat aan die aanvalspan kommunikeer presies wat gedoen moet word en wanneer. Met behulp van die tekens kan die aanvalspan bv. sien of die beoogde slagoffers verkrag, vermoor, vermink, of slegs beroof moet word.’

Daar is ook ‘n Afrika tekens webbladsy wat waarsku:
“Vir die wat hoogmoedig en te slim is om van die vyand se metodes teen ons te leer, sal Jesaja 5 vanaf vers 13 spoedig ‘n werklikheid word. Wanneer jy met hierdie dinge die spot wil dryf, hou tog net in gedagte wat met die spotters van Noag, Josef, Moses, Jakob, Elisa en soveel ander gebeur het”

Hierdie soort waarskuwing is vir my ‘n teken op die grond. ‘n Teken van ‘n gedreig om jou te dwing om saam te stem, of ten minste stil te bly oor jou voorbehoude.  Daarom dink ek daar is ‘n goeie kans dat die hele idee van Afrikatekens uit die duim gesuig is.

This entry was posted in afrikaners, politiek, witmense and tagged . Bookmark the permalink.

20 Responses to Afrikatekens en ‘Oorwin plaasaanvalle’

  1. agoodway sê:

    Net soos talle kere in die verlede – as jy ‘n Suid Afrikaner wil oortuig – gebruik aanhalings uit die Bybel!. Ek moet ook die geloofwaardigheid van hierdie storie in twyfel trek. Die feit dat hulle probeer om geld maak uit die boek en ander dienste wat aangebied word deur AKSKA help ook nie juis om my van opinie te laat verander nie.

  2. alleman sê:

    Arnold ek stem saam oor die gebruik van die Bybel, maar wat die geldmaak betref verskil ek. Dit is nie verkeerd om geld te maak uit dienste wat ander mense se lewens kan red of beveilig nie. Dis maar wat die mediese dokter, die veiligheidsman en die sweiser van veiligheidshekke ook doen.
    Maar mens se dienste moet die geld werd wees.

  3. boendoe sê:

    Dit voel ook nie vir my reg om uit “Afrikatekens” geld te wil maak nie. Kan nie presies my vinger daarop sit nie.
    Miskien het dit te doen met die feit dat ek dink dis ‘n spul versinsels. Dalk nie doelbewus nie, dalk bloot net die gevolg van ‘n vrugbare verbeelding, maar strooi, nietemin.

  4. boendoe sê:

    Dit voel ook nie vir my reg om uit “Afrikatekens” geld te wil maak nie. Kan nie presies my vinger daarop sit nie.
    Miskien het dit te doen met die feit dat ek dink dis ‘n spul versinsels. Dalk nie doelbewus nie, dalk bloot net die gevolg van ‘n vrugbare verbeelding, maar strooi, nietemin.

  5. Terug pieng: Wie spot met Noag? « Bamboes

  6. machiel sê:

    Nou wonder ek wat daai stokkies wat so oormekaar lê om jou avitar se “A” te maak beteken…?

    Kan iemand wat die boek gelees het, of die dvd gesien het, asb vir my laat weet wat die teken is vir “betaal geld in hierdie arme ou se rekening”? Dis iets wat ek sal kan gebruik – en wat sal bepaal of ek daarin sal glo, of die spot sal dryf met mense wat wel daarin glo…

  7. rightsaidreverend sê:

    Ek het nie die boek gelees nie, maar ‘n vriend van my het onlangs sak en pak uit sy huis getrek toe die Lukas-ou hom oortuig het dat hy in is vir ‘n moerse rooftog omdat daar allerhande tekens voor sy huis was. Papiertjies en stokkies en ag… die hele ashoop het skielik tekens van gevaar gespel.

  8. Chris sê:

    Alleman, miskien moet jy maar by jou eie goedkeurings bly, lees die boek dan kan jy saampraat. Aan die anderkant hoef jy nie, dis jou lewe, jou vrou ,jou kinders… Moet net nooit se jy het nie geweet nie.

    Hier’s ‘n man wat 14 jaar van sy lewe opgeoffer het om jou die sleutel tot misdaadvoorkoming in ‘n boekvorm te gee en jy skiet dit af sonder om die boek te lees.

    Sterkte.

  9. alleman sê:

    Dit sal goed wees as iemand die boek en DVD kan ondersoek, want as is dit nonsens is, gaan soveel mense onnodig in vrees lewe bloot omdat die wind die stokkies op ‘n sekere manier gewaai het. Sien asseblief rightsaidreverend se kommentaar hierbo. Meer nog – die lukrake val van stokkies ensomeer kan rasseverhoudinge nog verder vertroebel.
    Myns insiens is Afrikaners een van die mees goedgelowige nasies, en word maklik met ‘n slap riem gevang.

  10. Chris sê:

    Rightsaidreverend, as jou vriend uit sy huis getrek het was dit sy eie keuse en verseker nie die Lukas ou se aanbeveling nie. Jy sien as jou vriend die boek gelees het sou hy presies geweet het hoe om die situasie te ontlont.

    Alleman, ek verskil van jou, Afrikaners is nie goedgelowig nie. Daar is egter die wat alles aanvaar wat vir hom opgedis word, net omdat hy eenvoudig te sleg is om te dink. Dit is egter nie uniek aan afrikaners nie.
    Ek hoor wat jy se oor rasseverhoudinge en ja dis ‘n probleem… Die vraag is vir watter redes het swartmense dit al die jare vir blankes weggesteek?
    Aan die ander kant is dit ook so dat dit ‘n deel van die swart kultuur is wat deur kriminele gekaap is om hulle doel te bereik.
    Daar is ‘n groot deel van die swart bevolking (veral in stedelike gebiede)wat die “taal” nie meer verstaan nie.
    Hoe ook al dit bly ‘n probleem. Radikale swart groepe erken dat as die kennis van die “taal” aan blankes bekend word hulle die land nooit weer sal kan “skoonmaak” van die “umlungu” nie.

    Myns insiens is dit ‘n kragtige wapen om op te neem in die stryd teen misdaad.

    • Chris jy praat in die kol. Ek het nie die boer of DVD gesien maar my persoonlike ondervinding het my geleer dat daar steek baie waarheid in die stokkies taal wat sommige as “asblik omgooi” na verwys. Geldmaak? Kom nou ouens. Nes ons ou boer volkie is. So afgunstig soos wat kan kom. Net oor hy nie die kennis het en die ” geld” kan maak nou is daar so afguns streek wat deurkom. Dr vra jou geld net om in sy ontvangs te sit nog voor jy hom gesien. Jy glo aan sy “stokkies” taal. Jy bring jou motor. Ek vertel jou my “stokkies” taal van wat jou motor makeer. Ek maak reg en jy betaal my. Selfde ding. Wees dankbaar daar is n man wat die kennis het en kan oordra. Dit het geld gekos om die DVD en book te druk. Use it or don’t use it. Jou keuse.

  11. Kobus sê:

    Sjoe alleman…. soos jy noem… ‘n mens sal nou nie gewoonlik iets kritiseer waarvan jy nie die moeite gedoen het om uit te vind nie.

    Wanneer jy 2 keer verhoed dat jou bakkie gesteel word, dmv die erkenning van die tekens, SONDER dat Lukas sy voete in jou erf sit dan gesels ons weer.

    As jy rondry en jy sien soveel tekens dat jy nie weet wat om meer af te neem nie, dan gesels ons weer.

    As jy saam met Lukas op ‘n plaas in die berge stap en hy wys vir jou stap-vir-stap hoe die moord beplan is dan gesels ons weer.

    As hy vir jou ‘n datum uitwerk van ‘n moontlike aanval en die kiewiete gaan mal presies op die regte tyd en jou honde blaf so dat jy nie met hulle kan huishou nie, dan gesels ons weer.

    So: As jy nie van die idee hou nie – LOS dit uit. Moenie daaroor bekommerd wees nie en moenie aannames maak waaroor jy nie kennis dra nie.

    AKSKA groete

    Kobus

  12. Thinus sê:

    Die tekens is seker goed, solank dit net nie ‘n wig tussen ons en swartmense bring nie, want die meeste van hulle is goeie mense

  13. Kobus sê:

    Thinus

    AKSKA stem saam. Lukas werk saam met swart informante wat hom help met van die tekens.

    Julle kan gerus die SATM dvd bestel (R50 plus posgeld) en dan mooi luister oor hoe hy se dat misdaad almal raak en dat die radikale groep swartes in die minderheid is.

  14. Thinus sê:

    Dankie Kobus, ek sal wel

  15. Kobus sê:

    Dankie Thinus – skreeu as daar iets is wat jy nie verstaan nie.

    Groete

  16. toenderbuks sê:

    Ek het die boek gelees en die DVD gekyk. Die DVD bevat net breekstukke en maak jou lus vir meer, wat waarskynlik die doel is. Ek weet van die tekens vanaf Boy Scouts, ons het daar ook van geleer.

    Ek dink tog dat Lukas weet vaarvan hy praat maar dit is duidelik dat hulle nie heeltemal in beheer is nie omdat misdaad selfs in hulle gebiede nog plaasvind. Wat my ook pla is die sektierse aard van AKSKA. Dis amper soos n’ kerk. Gaan lees maar hulle forums. Dit gaan meer oor godsdiens as tekens. Elkeen probeer vir die ander bewys dat hy nog gemakliker is en nog meer die Here vertrou. En dat enige politieke ontwikkelinge hulle nie bang maak nie omdat hulle altyd alles verstaan en kan verklaar en nie so banggat soos die nie-AKSKA lede is nie. Hulle is mos altyd in beheer. Dis hoe hulle “pose”.

    Ek is nie so seker nie. Daar is ook teologiese snert soos die stories hoe die VSA met hurricanes gestraf word as hulle die Jode uit Gaza uit dwing, en hulle wissel gedurig tussen oortuig wees van die ou Apartheid orde en dit weer wil sleg maak. As AKSKA Apartheid sleg se is dit OK, maar as jy die ou army kritiseer stenig hulle vir jou. Nogal skitsofreen. Ek dink Lukas se probeem is dat hy goed is in tekens maar nou dink dat hy die wereld kan verklaar, pleks net by sy kundigheidsgebied te bly en dit saam met profesionele dienste uit te bou. Ek was in die begin heel excited oor hom maar intussen dink ek hy wil net altyd reg wees, tipiese PF-houding. Ek dink dis ligetiem van om om geld te wil maak maar sy dienste moet meer profesioneel bemark word omdat mense nie die tyd het om gedurig die stokkies in hulle jaard te lees nie. Dit is eenvoudig nie praktikabel nie. Dis beter om melbourne toe te verhuis pleks om elke dag stokkies te moet lees. Huidiglik werk dit so dat as jy die tekens self kan verstaan het jy miskien n’ kans, maar AKSKA is baie versigtig om geen verantwoordelikheid op hulle te neem nie, so op die ou ent moet jy of n’ pro soos Lukas word wat betekn jou werk gaan suffer, of jy moet in elk geval n’ profesionele sekuriteitsfirma bertrek, so waarvoor leer jy die taal?

  17. labri2013 sê:

    Aan almal bo. Daar is meriete in elke saak. Mens moet probeer voorkom dat eie ideolgiese en politieke sienswyse ‘n groter volk (alle wettige en ongelukkig ook onwettige!) bewoders van hierdie pragtige land, skeiding bring. Ek het nie die boek gelees of die DVD gesien nie. Wat ek egter persoonlik beleef het is dat daar wel, soms, let wel, ek se soms, aanduiding(s) is van ‘n beplande aanval. Dit is slegs wanneer dit ‘n georganiseerde aanval is. Die meeste van die aanvalle op weerloses en bejaardes is egter nie noodwendig georganiseerd nie. Dit is dikwels vanuit wanhoop, swak opvoeding, honger, magteloosheid en eie versinde “weerwraak” dat baie van hierdie misdade plaasvind.
    Sonder om ons polisie aan te val (die regering) of selfs baie van die sekuriteits-ondernemings, en veral dan ook die laaste kategorie, hoe meer vrees gesaai word, hoe makliker om “jouself” te “bemark”.
    Ek noem dit aangesien my ouers baie jare gelede op hul plaas aangeval is. Wreedaardig. Hul is egter baie later vanwee ouderdomsverwante oorsake dood. Destyds het ek ‘n goeie werk prysgegee om my ouers te gaan “beskerm” teen gewetenlose instansies wat op hul geteer het deur elk sy eie “uitmuntende” sekuriteitstelsel te adverteer.
    My reeds getraumatiseerde ouers moes dag in en dag uit kyk na amateurvervaardigde videos van sogenaamde getraumatiseerde mense na beweerde “aanvalle”. (Alles deel van kleine dramatjies wat geskryf is………….) Elke aand wat ek met hul gepraat het, vanuit die destydse Wes-transvaal, kon ek hoor hoe hul vre(e)s(e) daagliks groter geword het.
    Nie as gevolg van die aanval per se nie, maar juis vanwee die gewetenloosheid van die bemarkingsafdelings van die verskeie (destydse) sekuriteits-ondernemings.
    So het ek ook in 2007 op die plaas gebly van ‘n man wat beweer het dat hy destyds vir veiligheid gewerk het. Of dit waar is? Ek weet nie. Daar is baie van hulle wat sulke bewerings maak. Gegrond op die man se drankgewoontes………….. – en nee, ek oordeel nie. Die feit is net dat hy in die middel van die nag op die plaas sou uitstorm en verwoed sou begin skiet op die geringste geluid. Nie net die lug in nie. Sommer links of regs. (En nee, sy wapens is nie gelisensieerd nie, en hy beplan ook nie om dit wettig te maak nie!)
    Hy sou enige en alle plastiese sak wat van die aangrensende plakkerskamp aangewaai was teen die verskillende bome, raakgesien het as “tekens” van beplande aanvalle.
    Die feit is dat hy en sy vrou in vrees (ge)lewe (het) omdat hul nie hul werkers betaal nie. Hul eintlik mishandel.
    Mens moet dus onderskei. Die stokkies, sakkies, blikkies, ag, die rommel van ‘n samelewing wat sy selfrespek en respek vir sy naaste verloor het, dit moet nie gesien word as ‘n gemikte aanval teen ‘n individuele persoon / gesin / gemeenskap nie.
    Dalk moet elk van ons eerder begin met selfondersoek. In my bykans sestig jaar het ek nog net respek gehad van die mense wat “vir” my (ek verkies om liewers te se, SAAM met my) gewerk het. Nee, nie omdat ek heilig is of volmaak nie.
    Net maar dat ek respek betoon het en dit veelvoudig terug ontvang het.
    Gedurende 2004 – jul sal nog in my opvolgende blogs daarvan lees – het ek dikwels in die nag wakker geword van die plaaswerker by my kamervenster. Nie omdat hy my veiligheid bedreig het nie. Inteendeel, dat hy geluide gehoor het. Gaan ondersoek instel het – en my kom inlig het van wat hy gesien het.
    Nodeloos om te se….. ons HET die polisie (Mooinooi) in kennis gestel van wat ons gesien het. Let wel, dit was in 2004. Die skuldiges (BLANKES en swartes!) is in Januarie 2007 gearresteer. Veel meer kan ek nie nou se nie aangesien die hofsaak steeds aan die gang is.
    Om vinger te wys of te oordeel is maklik.
    Hervorming begin by selfondersoek. Herstel van gemeenskapswaardes begin by eie ingesteldheid.
    Net miskien, indien ons mense sou betaal om die oortollige blikkies, sakke, ag, alle gemors langs die paaie op te tel (die werkskepping waaroor die regering droom!), net dan mag ons dalk een van die groot misdade wat deur die regering aan sy eie stemgeregtiges (asook hul afhanklikes) gepleeg word, omkeer en kan ons dalk ‘n gesonde nasie bou.
    Ek is nie ten gunste van enige spesifieke “etniese” / kultuurgroep, of hoe mens dit ookal wil noem nie.
    Net maar wil ek noem dat die man wat so links en regs geskiet het…….. ‘n bepaalde politieke uitkyk het en hom ook met soortgelyke mense omhang. Die laaste paar jaar het hy mense wat ‘n …………..”visie” aanhang………en glo my. Dit is nie meer lank nie dan gaan daar mense dood wees vanwee die geskietery.
    En nee, ek het die polisie in kennis gestel van die misbruike, net soos in 2004 moet ons aanvaar dat polisiering nie slegs ‘n taak is van die “amptelike magte” en/of sekuriteits-ondernemings nie. Dit begin by elk van ons.
    Dit begin by selfrespek en respek vir ander. Ons omgewing.
    Dink net, as ons nou die sakkies wegvat, en al die ander goed, en hul moor nog…….. wat gaan ons dan blameer?
    Weet jul, al die jare het ons gedink die swartes is onnosel, onopleibaar en toe kom ons agter dat hul in so ‘n mate gemobiliseer is / was dat die RSA “omvergewerp” is agv sankies ens.,
    Genade, hul kon dit regkry met ‘n bosoorlog.
    Ons kry dit nie eers reg met al die ontwikkeling rondom internet, selfone en sateliete nie.
    Nee wat. Ek dink ons het baie om aan onsself te verduidelik en te verklaar.
    Wie reg is, is nie vir my belangrik nie.
    Wat reg is, en hoe ek daaraan kan meedoen, dit is al wat vir my tel.

  18. labri2013 sê:

    NS. My oorlede Ouma het my vroeg reeds geleer: “My kind, jy gaan die dood vind presies waar jy hom soek.”
    Eweneens glo ek dat ons die oplossing van ons land se probleme gaan vind presies in elke uithoek waar ons dit gaan (op)soek.
    Party sal my dalk ‘n humanis of idealis noem. Die etikette pla nie.
    Wat belangrik is, is dat die kleed waarmee ek myself omhang, ook my gewete sal pas. Hierdie koning van my menswees (my gewete) is immers nie die koning wat kaal loop nie.

  19. Ek dink die tipe goed saai net onnodige paniek – daar lê soveel blare en takkies en goed voor my erf en ek lees niks, behalwe dat die bome nou uiteindelik besig is om finaal van hulle lente jassies ontslae te raak, ek sien uit na die nuwe seiseon wat voorlê, en ek stem 100% saam die boek moet nie gelees word as feitelik nie, en ek sal beslis nie geld daarop mors nie!

Lewer kommentaar