Rassisme by die UOVS

As ‘n oud-Kovsie ondersteun ek Mhambi se voorstel dat Afrikaanse bloggers hulle uitspreek teen die Reitz studente wat swart mense verneder het en ‘n video daarvan gemaak het (en ek wil almal aanmoedig om dieselfde te doen). Ek dink hierdie ouens is walglik en gemeen. Die mense wat hulle verneder het is nie kinders – soos hulle nie. Ek hoop hulle sal kwaai gestraf word.

Die siekte van koshuis tradisies

Ek was vir 6 maande in J.B.M Hertzog, ‘n koshuis net langs Reitz. Die koshuise het allerlei kunsmatige tradisies gehad, soos byvoorbeeld ontgroeningseremonies. In een so ‘n seremonie moes mens byvoorbeeld ‘n mengsel drink wat jou laat kots. En jy moes vir ouens van jou eie ouderdom – wat dalk 2 jaar langer as jy op kampus was, maar nog nie diensplig gedoen het nie – ‘Oom’ sê. En daar was ‘n jaarlikse eet-kompetisie, waar gekyk is wie kan die meeste eet. Die tradisies was bedoel om jou ‘trots’ te maak. Daar is iets siek aan die manier hoe die manne so oorhoops met mekaar is in ‘n koshuis.
Verder kan ek onthou dat ons ontsaglik bevoorreg was, en soos die kat se snor behandel is. Daar was goeie kos (wat nogtans soms onverdiende protes uitgelok het), en bediendes wat die koshuiskamers skoongemaak het. Hierdie bediendes is ‘squeesas’ genoem, maar behalwe vir die beledigende naam, kan ek nie enige insident onthou waar hulle nie goed behandel is nie.
Die belastingbetaler het sowat twee derdes van ons studiekostes gedek, en sommiges (ekself inkluis) het rondgeval en van studierigting verander. Ander het jare lank gedop, maar kon nogtans daar rondhang om die koshuislewe te geniet. Wat begin het as ‘n universiteit wat Afrikaners bemagtig en opgegevoed het, het iewers langs die pad in lui-lekker land vir wit jongmense verword.
Myns insiens is die Reitz-kwessie nie net een van rassisme nie, maar ook ‘n simptoom van onnodige en onregmatige bevoorregting wat van lankal af kom.

Integreer die koshuise nou

Ek was nie juis ten gunste van die idee dat koshuise integreer nie, want ek het gehoor dat swart en wit studenteleiers voorheen ooreengekom het om apart te woon. My redenasie was dat die studenteowerhede nie moet inmeng teen dit wat die studente self besluit het nie. Nou besef ek dat Prof. Frederick Fourie reg is om die koshuise te integreer. Want hierdie bedorwe brokkies sal in aanraking kom met swart studente wat baie hard moes werk, en wie se ouers baie hard moes werk, vir die voorreg dat hulle kan studeer. Hulle sal mense sien wat hulself gereed maak om die land te lei, en nie tyd het vir nonsens soos ‘n gekots nie.

En die koshuisowerhede kan gerus sommer alle studentemotors op die kampus verbied. Dan kan die wit bloedjies leer om self te stap of fiets/bus te ry soos wat hulle swart medestudente doen.

This entry was posted in afrikaners, politiek, suid-afrika, witmense and tagged , , , . Bookmark the permalink.

44 Responses to Rassisme by die UOVS

  1. Gary sê:

    Ek stem saam dat die video en ontgroening vieslik is. Maar om te veralgemeen, en selfs rassistiese opmerkings te maak is ook nie reg nie. Die ontgroenings en video’s is juis as gevolg van “ou” studente wat die tradisies geskep het EN hoe sekere ouers (neem kennis nie almal nie) hulle kinders grootmaak. Ek weet van arme wit bloedjies wie se ouers ook hard gewerk het en nie geld het nie (weens politieke omstandighede) en wat tot 7 onderskeidingsgekry het, wat nie eers kwalifiseer vir ‘n beurs nie omdat ander bloedjies dit eerder “verdien”? en ander arme wit bloedjies wat nie met motors rondry nie terwyl van die “ander” bloedjies wel en dan nie net sommer enige motor nie. Ag nee, wat gebeur het is verkeerd maar moenie veralgemeen nie. As jy op meriete (LET WEL MERIETE) in die univ gekom het, verdien enigeen soveel as die ander om daar te wees en daar te bly en asjy so geseend is om ‘n motor te hê, is dit jou voorreg.

  2. mnr.muller sê:

    Hm, ek ken nie die Kovsie kampus so goed nie, maar hierso by Stellenbosch het die Studentesake afdeling baie inisiatiewe geloods (vanaf 2000) om koshuise weg te laat beweeg vanaf ‘n ontgroeningstradisie (waar nuwe eerstejaarstudente geintimideer word) na ‘n waardegebaseerde stelsel (waar hulle werklik – no strings attached – verwelkom word).

    Die meeste tradisies wat net klakkeloos van die een generasie seniors na die volgende oorgedra is (en word) se uitkomste het heel verdraaid geraak mettertyd. ‘n Mens sou hoop dat die idee agter saam-suffer-sessies sou wees om gees te bou, maar ‘n goeie tradisie moet elke jaar aan die uitkomste gemeet word, en met ‘n kritiese ingesteldheid aangepas word. Kunsmatige tradisies wat gruwelike praktyke bloot voortsit “omdat dit aan ons gedoen is”, is uiters ongesond.

    Universiteite is juis dié milieu waar jy netwerke kan skep tussen slim mense met wie jy in die toekoms gaan moet werk. As wit outjies net aan wit outjies blootgestel word, dan gaan hulle netwerk aan die einde van hulle studies redelik bleek lyk, vermoed ek.

  3. Terug pieng: Ek piepie nie « My Kop Op ‘n Blok!

  4. Ek stem saam, alleman! En kom ons gee sommer die wit studente se ouers se plase, huise en besighede ook weg. En geen wit student mag ooit weer sakgeld kry of sy eie boeke kan koop nie – hy moet by sy swart maatjie leen.

    Komaan, Alleman! Jy kan tog seer sekerlik nie ernstig wees oor jou possie se laaste stelling nie! Dink jy werklik dis net swart studente wat swaarkry? Dit jy werklik dis net swart studente wat nie motors het nie? Jou argument het goed water gedra, maar jy het dit ontneem van alle credibility met jou laaste twee paragrawe. Daardie vier studente, sou hulle werklik skuldig wees aan dit wat die universiteitsowerhede en die politici ons wil laat glo, verteenwoordig beslis nie die sentimente van elke wit student nie. Nog minder vereenselwig elke wit student hulle met die optrede van die “gewraakte vier”.

    Verder moet jy jouself afvra: Is gedwonge integrasie van persoonlike leefruimtes werklik nodig? Sal jy vir ‘n jaar of vier ‘n koshuiskamer met enigeen en elkeen van jou kollegas wat van dieselfde ras as jy is, kan deel? Vergeet die kollegas – kyk sommer so naby as jou eie familie. Beoordeel dan weer die konsep van gedwonge integrasie…

  5. Skoor sê:

    Ek veroordeel die daad en die mense wat betrokke was. Ongelukkig in Suid-Afrika gebeur daar nou elke maand iets wat die swartmense van die land ‘skietgoed’ gee, en waaroor hulle ‘rassisme’ kan uitgil.

    Hierdie mannetjies was walglik, laag en gemeen. Ek hoop hulle word geskors en by GEEN instansie in SA toegelaat om weer te studeer nie.

    Nie omdat wit dit teen swart gedoen het nie, maar omdat een persoon dit aan ‘n ander gedoen het.

    Ek wonder net of dit die opvoeding is wat hulle ouers aan hulle gegee het, en of dit die siekte van ons tyd is wat hulle so laat optree het.

    Dit is verkeerd!!! Dit is net jammer dat dit ‘n bleddie rasse-insident geword het.

  6. Roer sê:

    Wag ‘n bietjie. Eers die vanselfsprekend. Nie alle wit studente is bedorwe brokkies nie. Jy was dalk een, maar jy kan nie almal onder dieselfde kam skeer nie. Plus, dis lekker om daar ver oor die water te sit en te kritiseer, maar die situasie het bietjie verander in SA en is baie gevaarliker, so is jy bereid om jou wit bedorwe brokkies na Kovsie’s toe te stuur? en dit met ‘n geruste hart dat hulle veilig sal wees? Die feite van hierdie saak het nog nie eers borgstatus gehaal nie so ver ek weet so wag maar eers met die oordeel. Hierdie kinders was stupid, maar om hulle as “gewraak” uit te beeld?! Asseblief. Hulle het ‘n goeie pakslae nodig en ‘n paar lesse in liefde vir jou medemens. Verseker ‘n apologie aan die skoonmakers. Niks wat gemeenskapsdiens nie kan reg stel nie. ‘n Mens kan onmoontlik hulle onder dieselfde kam skeer as geharde misdadigers.

  7. Reggie sê:

    Ek stem saam met jou alleman. Dit vat guts om jou standpunt in te neem. Ek was op Maties en die tradisie verskans meermaal verwronge waardes. Rassisme moet egter by die naam genoem word waar dit pas. En ons moet minder wat verkeerd is probeer verduidelik en verdedig. Die ouens wou dit met swartmense doen om hulle punt te maak-finnish en klaar!

  8. Alleman, ek het nie die video gesien nie, so ek is ook maar uitgelewer aan die sensasie-soekende media op grond waarvan ek ‘n standpunt inneem. As die video egter is soos wat die media daaroor rapporteer, verwerp ek hierdie aksies. Punt. Geen “maars” of “wants” nie.

  9. ADRIANA sê:

    Alleman

    Ek was ‘n paar jaar terug op universiteit en ‘n familie lid is nou ‘n eerste jaar. Ek was in ‘n groep waar daar nog ontgroen was, maar nie verneder was nie. Ek het my ontgroening baie geniet.

    My suster hulle het ‘n swart HK lid wat ‘n splinternuwe Mercedez ry. Die Swartes is al net so bederf as die wittes in jou oe. Eerstejaars mag nie meer volgens tradisie ontgroen word nie, maar mag teen mure vassuig????

    Terloops, tradisie het nooit onderskeid gemaak tussen wit of swart nie. My mede swart en indier studente het ontgroening gehad. My sus se mede swart en indier studente geniet dit ook nou al.

    Dit was nog nooit kosher om personeel te ontgroen nie

  10. Roer sê:

    Reggie, meeste van ons het skuilname… Hoeveel ‘guts’ kan dit nou vat om ‘n standpunt in te neem?

  11. labmuis sê:

    Roer,

    Ek dink jy verwar twee dinge. Die verskriklike vlakke van misdaad in SA is een ding en niemand wil voorgee dat dit enigsins normaal of aanvaarbaar is of dat dit nie mense se gemoedstoestand beinvloed nie – allermins Alleman. Ek tel ten minste 9 blog inskrywings waar hy oor die verskriking van misdaad praat.

    Wat by Kovsies gebeur het is ‘n heeltemal onverwante ding. Dit was nie maar net stoute seuns wat ‘n goeie pak slae kort nie. Ek vermoed verder dat hulle aksies niks met die land se misdaad te doen het nie. Daardie studente se laakbare optrede is ‘n simptoom van mense wat hul medemens se menswaardigheid so aantas omdat hulle hul as onmense sien. Dit is iets baie meer sinister. Sodra een groep mense ‘n ander groep as onmenswaardig sien, gebeur die verskriklikste dinge. Dink slawerny, boere in konsentrasiekampe, jode in konsentrasiekampe, die martel van gevannenis in Irak en so kan mens aangaan. Juis daarom moet die kampus owerhede vinnig en baie hard optree. Dit moet duidelik gemaak word dat hierdie paar studente se gedrag nie geduld sal word nie en dat dit geensins verteenwoordigend is van die blanke Afrikaanse bevolking nie. Want dit is ongelukkig ‘n ideale lat vir die res van die land/wêreld wat so graag die Afrikaner wil slaan.

    Verder stem ek saam met Alleman dat daar iets diep ongesonds is aan klomp jong mans wat so saam in ‘n koshuis is. Ek is ten volle vir integrasie in koshuise, nie net oor die kleurgrense heen nie, maar veral ook van mans en dames.

  12. Kom ons maak almal in die video pienk. Dit bly nog naar en die deel wat in die wêreld weerklink is die oënskynlike urinering in voedsel. Siek. En sad.

  13. Ek stem saam met Boerinballingskap. Geen “maars” nie.

  14. Reggie sê:

    Roer, agter die nic, praat vir jouself.

  15. alleman sê:

    @Roer – Jy is heeltemal reg, dit het geen moed van my geverg om ‘n standpunt in te neem teen die studente nie. Want as hulle sou probeer om alle Afrikaners wat walging teen hul dade uitgespreek het terug te kry, sou hulle die res van hul lewens daaraan moet wy – ‘n onbegonne taak. Maar my blog is nie anoniem nie. Ek het ‘n kontak-bladsy hierbo wat my naam en epos adres aandui. Dit was nie altyd daar nie, maar ek het eenkeer ‘n skerp aanval op Koos Kombuis gedoen, en toe gereken dat dit nie reg is om anoniem so skerp teen iemand te skryf nie. In die algemeen dink ek dit is goed om aanvanklik anoniem te skryf want die Internet en google onthou alles wat ‘n mens skryf. Maar as jy heelwat geskryf het, en jou ware stem en standpunt ken, is dit goed om jou anonimiteit te laat vaar en te staan by wat jy sê.
    Ek stem nie met jou ligte oordeel oor die studente saam nie – ek wil ook soos Boer en George sê: Geen “maars” nie.

    @Soldaat. Nee, dit is nie net wit studente wat ryk en bedorwe is nie. Maar wit rassisme het sy wortels in onregverdige wit bevoordeling, en dis hoekom die meeste mense dit so afstootlik vind.
    Die ding van die motors het ek miskien onnodig bygesleep, maar ek glo nie dat iemand wat nog nie gewerk het, ‘n motor verdien nie.

  16. Da Mario sê:

    Interessante post, ek kan niks byvoeg oor die hele video ding wat iemand nie alteeds gesê het nie.
    Maar ek sluk maar bietjie swaar aan jou post. Eerstens, ek het toe ek begin studeer het, na my Nasionale Diensplig, vir g’n niemand (mede-student) “Oom” of “meneer” gesê nie. Dit was vir my lagwekkend as van my klasmaats dit wel gedoen het, ‘n paar gesprekkies het onduidelikhede hieroor opgeklaar.
    Nee wat, ontgroening is belaglik.

    Andersins… ek het met my eie geld gestudeer toe ek reeds gewerk het. Het jy al gesien hoe word beurse toegeken?? Waar dink jy kry die “arme” swart studente geld om te studeer?? Hulle is g’n so minderbevoorregd as wat jy wil voorgee nie, hulle is lankal op die bevoordeelde voet.
    As ‘n student nie sy eie koshuiskamer kan skoonhou nie is hy darem maar ongelooflik pateties. Kan die arme bloedjies darem hulle self aantrek, self was en stryk?? Of was julle so bevoorregd dat dit ook vir julle gedoen is? En word dit vandag nog gedoen??

    Onregmatige en onnodige bevoorregting van witmense?? ROFL… snaaks, maar ek sien bitter min daarvan. Ek sien wel simpel kinders wie se ouers ‘n baie swak job gedoen het daarmee om hulle maniere te leer, maar dit het bittermin met rassisme uit te waai. Omgekeerde rasissme is die tipe van ding wat jy en Mahmbi en kie eerder moet aanspreek.

  17. alleman sê:

    Da Mario, die wit studente se arrogansie spruit uit die manier hoe hul ouers en voorouers onregmatig bevoordeel is. Hulle is natuurlik self ook baie welgesteld – sonder dat hulle al gewerk het, is hulle alreeds baie ryker as wat die swart werkers wat hul urine moes eet ooit kan hoop om te wees.
    Sonder twyfel sal swart bevoorregting ook tot swart arrogansie en rassisme lei – maar dis nie nou die tyd of plek om daardie saak by te sleep nie.

  18. Ek wil net graag byvoeg tot my kommentaar: geen “maars” nie, maar ook nie “wants” nie (want die slagoffers is Afrikane, want die studente is wit bevoorregtes ens.). Sulke gedrag moet veroordeel word ongeag die ras/entnisiteit/geloof van die persone betrokke. Alleman, ek stem nie saam hoe wyd jy die net span itv die ras-kwessie nie, maar ek stem saam met die onderliggende sentimente in jou inskrywing. Ek dink net mens moet versigtig wees vir dubbele standaarde (as witmense so-iets aan mekaar doen of Afrikane, dan is dit “meer” aanvaarbaar…). Sulke gedrag is onder alle omstandighede onaanvaarbaar. Die harseerste van die hele voorval is natuurlik dat ‘n sekere tipe stereotipe van die Afrikaner deur sulke gedrag verterk word (nes swart-teen-wit misdaad die stereotipe wat blankes van Afrikane het, versterk).

  19. Alleman, ek verstaan nie hoe jy iemand se ekonomiese status met rassisme verbind kry nie, regtig. Rassisme loer nie wat in jou beursie aangaan nie. Jy kry wit rassiste wat stinkryk en brandarm is. Ditto vir swart rassiste. Let wel – JY KRY SWART RASSISTE!

    Wat by die UVS gebeur het, is jammer. Dis verder laakbaar, veroordeelbaar en watse “baar” jy nog aan wil dink. Maar is dit nie opvallend hoe hierdie video sy verskyning gemaak het juis op ‘n tydstip toe wit en swart studente in opstand gekom het teen die universiteitsowerhede se swak ondersteuning van die integrasieproses nie? Ek sê nog steeds – ek ruik ‘n rot.

    Voorts is niemand bereid om die vraag rondom gedwonge integrasie van persoonlike leefruimtes aan te spreek nie. Is dit werklik rassisme wanneer jy nie bereid is om ‘n koshuiskamer te deel met iemand wie se kultuur, gebruike en dies meer hemelsbreed van jou eie verskil? Uit eie ondervinding kan ek vir jou sê dat dit party dae hare op die tande verg – vir beide partye!

    Wat verder interessant is, is die ophef wat oor hierdie “episode” gemaak word, terwyl Irvin Khoza net ‘n rukkie voor dit openlik na mense verwys het as “kaffers”, en wit joernaliste verbied is om ‘n toespraak van Jacob Zuma by te woon. Stel jouself voor die rolle was elke keer net omgeruil – die vier studente was swart, Khoza was eintlik ‘n Van der Merwe, en die joernaliste wat die deur gewys is was almal swart. Dink jy die UVS-petalje sou die wêreld se voorblaaie gehaal het? Never! Maar meneer Van der Merwe sou sy hande vol gehad het – dit kan ek jou waarborg!

    Daar’s te veel stelle reëls in Suid-Afrika, Alleman. En ongelukkig, wil dit my voorkom, moet die blanke in Suid-Afrika speel volgens die stel waar hy nooit ‘n wenner kan wees nie. En daai kite vlieg nie meer by my nie!

  20. Net iets oor ryk wit studente: Ek wil graag hier oor myself praat. Ek het arm groot geword en is in 1990 na ‘n tersiêre instansie. In die vakgebied waarin ek opgelei is, was daar destyds (en is daar steeds) min beurse.

    My ouma het vir my klasgelde en koshuis vir 3 jaar betaal en my ma vir my sakgeld. Ek het bitter swaar gekry en omtrent niks gejol nie, maar baie goeie punte behaal. Ek wou graag verder as net 3 jaar studeer, maar daar was nie geld nie.

    Ek was ‘n voorbeeld van ‘n arm wit student en raak naar op my maag as ek hoor dat alle wit mense ryk was. Daar was ander wit studente wat ook arm was.

    Ek het my eerste werk begin in ‘n losieshuis met R1000 in my sak aan die einde van 1993. Daar was vir my geen lang vakansie nie.

    Oor die UOVS: Dit is ‘n lelike menseregte-vergryp en behoort gestraf te word.

  21. alleman sê:

    @Soldaat ek wil nie ‘n direkte verband beweer tussen rassisme en ekonomiese status nie. Ek wil sê daar is ‘n verband tussen rassistiese gedrag en die bevooregting van wit mense as ‘n groep die afgelope 350 jaar. Dit is nie ‘n lekker onderwerp nie, en ondanks die feit dat ons mede-landgenote dit al lankal aan ons sê, sluk die meeste van ons (ek inkluis) swaar en langtand daaraan. Tog glo ek dis die waarheid.

    @Rosalind: Ek het nooit probeer sê dat alle wit studente ryk is of was nie – wat ek probeer sê, is dat wit arrogansie en rassisme sy oorsprong het in wit bevoorregting. Dalk is jou gebrek aan arrogansie en rassisme deels te danke aan die feit dat jy dit nie breed gehad het nie.

  22. alleman, “bevoorregting van wit mense as ‘n groep die afgelope 350 jaar”….ek dink jou kwas verf nou effe breed. Hierdie stelling is ongenuanseerd en grens aan ‘n (baie populistiese) veralgemening. So asof asof dinge in SA net in witmense se skoot geval het…
    Soms wonder ek of die huidige sosiale stratifikasie in SA enigsins anders daar sou uitsien as institusionele rassisme nooit bestaan het nie.

  23. Alleman ja ek verstaan dat dit heeltemal dat jy dit nie so bedoel het nie. Ek wou dit maar net se wat ek hoor dit baie, en elke nou en dan steek dit kop uit.

    Wat vir my so lelik is van die Kovsie-ding: Dat die skoonmakers juis kwesbaar is. Is hulle gesien as “benede”? Of “uneducated so ons kan maar met hulle mors?”

    Ai tog.

  24. Da Mario sê:

    ‘n Verband tussen rasisme en wit bevoordeling van 350 jaar? Nee wat, daai is ‘n frase uitgedink om omgekeerde rasisme te regverdig. En dis nog net 14 jaar aan die gang…
    Gaan dit 300 jaar vat vir jou agter-agter-agter kleinkinders om te begin moan uit ondervinding, of weet hulle apartheid was verkeerd maar gaan nie nog 300 jaar wag voor hulle begin stem dikmaak oor swart rasisme nie? En wat dan daarna? Terug na wit rasisme om die onregverdighede van 1994-2294 reg te maak? Klink vir my baie stupid…

    Ek’s jammer, maar daai studente was ongelooflik simpel en BAIE verkeerd. Dit het egter NIKS met rasisme uit te waai nie. Antwoord gerus DGS i.t.v. sy vraag oor wat as dit swart studente was, ‘n blanke wat soos Khoza gepraat het en as swart joernaliste weggewys moet word. Wat dink jy verder sal die reaksie wees op ‘n Wit ekonomiese bemagtigings forum om maar mee te begin?? Nee wat… hierdie storietjie vlieg nie lekker nie.

  25. Mr Muller,

    Ek verstaan glad nie wat jy bedoel nie. Jy verwys na ontgroening? Hierdie geval by die UOVS het niks met ontgroening te doen nie, die mense wat die brousel moes drink was nie studente nie! Ek dink jy verwar die issues.

    Wat gebeur het, het ook niks met koshuistradisies van dopery te doen nie. Dit is dinge wat studente aan mekaar doen.

  26. @Rosalindfranklin: ek salueer jou! Jy is ‘n bewys vir almal, watse kleur ookal, dat enige mens sy drome kan bereik deur opoffering en toewyding. Daar hoef geen “bevoorregting” te wees om sukses te kan behaal nie. Ek het die teenkant van die pennie gehad. Ek het met ‘n “monster-beurs” studeer! Ek was bevoorreg genoeg om aan die Fakulteit Krygskunde van Stellenbosch Universiteit (beter bekend as die Militêre Akademie) te studeer.

    Net so bietjie agtergrond: Ek het ‘n maandelikse salaris verdien wat vir alle praktiese doeleindes net sakgeld was om my studente-kaskenades te finansier. Ons het in ‘n menasie tuisgegaan waar die standaard so hoog was, dat die mense van Saldanha Sondae plek bespreek het om daar te kom eet! Ons handboeke moes ons self koop, maar dit was hoogs gesubsidieërd. Natuurlik was jou uniform gratis. So ook verblyf- en klasgelde. Hel – as jy wou perdry, het die weermag vir jou toegang tot ‘n perd gegee! Ditto vir seiljagvaart, skubaduik en valskermspring! Die vliëniers onder ons kon selfs eenkeer ‘n week ‘n Harvard vir ‘n spin gaan vat! Vakansies het jy ontplooi, gaan kursus doen of gaan werk by ‘n eenheid, en daarvoor het jy ekstra toelaes ontvang. Generaal Meiring, die destydse hoof van die weermag, het op ‘n keer genoem dat dit die Staat net ‘n rapsie minder as R1 miljoen kos om ‘n student vir drie jaar lank op die Akademie te hou. Maar die belangrikste van alles – alle rasse in die weermag het toegang gehad tot hierdie fasiliteit/beurs/goue lepel.

    Die punt wat ek wil maak, is dat sukses nie bepaal word deur hoe ryk of arm, of bevoorreg al dan nie jy is of was nie. Jou velkleur het ook boggerol daarmee uit te waai. Dit gaan oor hoe jy die kanse wat na jou kant toe kom benut. Nie oor jou stamboom se kleur die afgelope 350 jaar nie!

  27. Mens hoef natuurlik nie bevoordeel te gewees het, om rasisties te kan wees nie.

    Maar rasisme verskyn op verskillende wyses. Daar is iets soos kompeterende rasisme, waar twee groepe meeding om hulpbronne.

    Dan is daar paternalistiese rasisme, die ‘ dis ons swartes en ons weet wat goed is vir hulle’ rasisme. Dit is ‘n mederwaardige rasisme.

    En Afrikaner rasisme is dikwels die een, en gaan dikwels gepaard met ekstreme arrogansie.

    Daar was ‘n liedjie op die Britse treffer perade in 80’s “I have never met a nice South African”

    En dit gaan onder andere so, “because they are allot of arrogant bastards who hate black people.”

    En mense sien dit in hierdie video, nie soseer die haat nie, maar die bravado in liggaams taal. Die manier wat die wit studente sit, loop en praat drup van verwaande arrogansie.

    Ons is juis besig om ‘n tydvak in te gaan waar Afrikaners se posisie meer gelykmatig besin word deur die buite-wereld. Die ANC kan nie meer wegkruip agter verskonings nie, want hulle het die politieke mag. En dit is goed vir Afrikaners want hul kan hul saak begin stel.

    En dan kom hierdie studente, en herbevestig net die ou mites rondom Afrikaners eensklaps. Ek probeer in 3000 woorde te verduidelik hoekom Britse documentaries Afrikaners verkeerd voorstel, en dan kom hierdie swape en beeldsend vir die hele wereld dat ons selfvoldaande rasistiese poepols is.

    Behalwe dat hierdie optrede duidelik moreel plein verkeerd is en onverskoonbaar is, behoort Afrikaners, as hulle besef het wat se skade hierdie gebeure, aan hulle, hulle families en gemeenskap doen. Dan behoort hulle dit met woord en daad beveg.

    Almal wat dit nie verdoem nie, is meelopers.

    Daar kan geen verskonings wees nie.

  28. Da Mario sê:

    Mhambi aka Wessel…
    ‘n Spul fyngevoelige Britte gewees wat daai song geskryf het. ‘n Klomp wat ‘n gerieflike blinde oog vir hulle eie “arrogansie” tydens die Anglo-Boere Oorloë se konsentrasiekampe gedraai het.
    Dis so goed soos SA sportspanne wat Australiërs nie like nie weens arrogansie wat hulle verwar met competitiveness.
    Ekself sien niks fout met arrogansie nie. Jy verwar issues, kan nie die anderkant van die muntstuk sien weens jou ooglopende meegevoel nie en verstaan nie politiek nie.

    “ONS” is nie rasisties nie, en het gevolglik nie nodig om aanhoudend sorry te sê nie, hierdie ape is die uitsondering op die reël, en enige een wat ‘n hele groep blanke Suid-Afrikaners as sulks veroordeel is net so onnosel.
    Verkondig eerder daardie boodskap, of kan ek ALLE swartes oordeel op grond van so paar misdadige elemente wat hulle skuldig maak aan plaas-aanvalle? Sal dit lekker afgaan??

  29. Ek hou nie van meerderwaardigheid van enige aard nie, of dit nou rassisme is of snobisme, of wat ookal. Van wie dit ookal kom. Want dit beteken dat een persoon dink hy is beter as ‘n ander, en wie gee enige een die reg? Die ken nie eens die individu nie?

    Dankie vir die boodskap aan my soldaat.

  30. Mhambi, as die Britse bevolking ‘n nasie oordeel op grond van 4 studente se optrede, is die hele Britse bevolking ‘n spul patete. Nog minder maak hulle (die studente) optrede van my ‘n “selfvoldane rassistiese poepol”. In elk geval – screw die Britte. Hulle het hulself net ‘n bietjie meer as 100 jaar terug skuldig gemaak aan volksmoord hier aan die suidpunt van Afrika, so hulle het regtig nie die morele hoëgrond om enigsins te oordeel nie.

    Da Mario slaan die spyker op sy kop met sy laaste paragraaf. Persoonlik dink ek dis hoogtyd dat Afrikaner-nasionalisme weer herleef. Vir te lank was ons die muishonde, terwyl al die ander se vergrype en foute gerieflikheidshalwe met ‘n simpatieke oog bejeën is. Ek wil nie meerderwaardig wees nie, maar ek weier om enigsins langer ‘n tweedeklas-burger in my eie land te wees. Ek het net soveel reg om hier te wees soos die volgende ou, of hy nou bruin, geel of swart is. Dis hoog tyd dat die wêreld, inkluis jou geliefde Britte, besef dat Suid-Afrika se probleme die gevolg is van good-for-nothing leiers wat nie oor die vermoë beskik om die modernste land in Afrika te bestuur nie, en eerder die persepsie van blanke rassisme aanvuur ten einde hul eie tekortkominge te verdoesel. As die Britte dit nie kan raaksien nie, het dit laat in die dag geraak op daai eilandjie…

    @rosalindfranklin – my plesier!

  31. limo sê:

    ek wil manet se ek stem nie heeltemal saam oor die 4 inwoners van reitz maar dit hoef nie so groot storie te gewees het nie! die ander bloedjies soek net skietgoed om ons wit studente van kampus af weg te kry en uit suid-afrika! ek se net kom ons wit mense staan saam en keer dit! hulle maak so groot storie van dit maar wat van plaasmoorde? Boere net doodmaak omdat hulle wit is! Wat daarvan? Plaasmoorde haal nie eers meer nuus! koman mense wie is nou deesdae die rasiste? wie probeer nou ons wit volk uitroei? hoekom maak nie so groot bohaai daoor?

    Ek is wit uovs student en woon ook in n koshuis en het nie n probleem met die ander rasse maar hulle met ons! soos ek al gese het ek het nie n probleem met ander rasse maar wil net nie saam hul in n koshuis woon omrede ons kulture verskil! Bv die werkers wat koshuise skoonmaak(sqeezas) kom baie goed oor die weg met ons wit studente! mense asb kyk hierdie redenasie oor die 4 reitz studente en en alles rondom dit uit n groter oogpunt!

  32. Ontstoke sê:

    Ek is nou regtig keelvol vir hierdie storie. Dis vir my heeltemal uit verband uit geruk en mense geniet die aandag wat hulle van regoor die wereld ontvang. Hierdie mense het vrywillig deelgeneem en nou is hulle eers ontsteld oor als?Hoe verduidelik jy dit. Hierdie 4outjies word nou as barbaare gebrandmerk,maar het nie iemand doodgemaak,verkrag of vermink nie. Wat noem hierdie siek wereld dan die aanvallers van boere wat baie erger dinge doen?Hoekom word daar nooit ‘n bohaai daaroor gemaak nie. Is dit nie rassisties nie….dis definitief ‘n rassistiese gemotiveerde aanval 90% van alle kere.
    Weet die wereld van die wit meisies wat gedreig word om verkrag te word? Seker nie, dis mos nie rasisties nie..!

  33. alpha sê:

    Gaan julle darem so tekere ook wanneer ou tannies se vingers met snoeiskere afgesny word? Of is dit ok omdat sy wit is? Ek sien NIEMAND wat ‘n moerse bohaai DAAROOR opskop nie. Gaan en gaan kyk die hele video op Youtube – hulle het in elk geval nie regtig in die kos gepiepie nie. Ek sien ook nie dat hulle ENIGSINS dit aaklig gevind het nie. nee – inteendeel dit lyk asof hulle hulle gate uit geniet. Boonop het dit ‘n volle jaar omtrent gevat voordat die “trauma” ingeskop het – toe ‘n swart student dit aan die groot klok gehang het. Intussen word die kampus afgebreek en die wit meisies word met verkragting gedreid. ‘n Wit meise se klere is van haar afgeruk en van die Thakaneng brug afgegooi maar dis seker nie rassisme nie, ne? Julle is ‘n spul lamsakke wat net gaan wakkerskrik wanneer dit die dag te laat is. ‘n Woedende swart massa gaan nie jou mening oor die Reitz video vra voordat hulle jou aanrand of doodmaak nie! Nee jou wit vel gaan klaar jou “ticket” wees. Nugter alleen weet hoekom ek julle nog probeer waarsku – julle sal dit heel waarskynlik geniet om op die manier te probeer boete doen vir apartheid…..

  34. alleman sê:

    Die misdaad met die snoeisker waarna jy verwys, is gepleeg deur ‘n Mosambieker. Hoe sal dit help om in ‘n Afrikaanse blog teen sulke dinge tekere te gaan?

    Wat swart rassisme betref, ek bekommer my daaroor. Ek wil nie hê ons moet daardie rassisme wakker maak deur self rassisties en dom te wees nie. Daardie Reitz studente het aan die ANC ‘n groot stok gegee waarmee wit studente, die rektor en bestuur, asook Afrikaans en Afrikaners in die algemeen geslaan gaan word. Moontlik gaan prof Fourie nou vervang word deur ‘n ANC man wat na die UV ‘deploy’ word.
    Miskien as Afrikaners in Afrikaans oor die Reits video tekere gaan, sal ons mense insien dis onnosel om so rassisties op te tree want almal word daardeur benadeel.

  35. Sammi sê:

    Vandag dit ontvang:

    Hierdie is nie ‘n snaakse email soos gewoonlik nie. Ek het ‘n maaitjie wat swot op Bloem, Willem, en toe het ek gister vir hom ‘n briefie gestuur om te vra of dit regtig so rof gaan daar soos wat hulle se in die nuus.

    Hierdie was sy reply…

    Lekker dag,
    ……………………………………………………………..

    ……………………………………………………………..

    (no subject)

    Hi hi!

    Ongelukkig is dit nag. More, donderdag, kom al die swart koshuise van bloem (hul word weereens met busse aangery) om te kom “toi toi”. SASCO wil nou alle wit en afrikaans studente van UV weghê!

    Gister, Dinsdag, het amper 50 van hul by ons klas try inkom en ons weer uitjaag. Ons dosent, Prof Lubbe (baaaaie famous) is rondgeruk voor die deur
    toe hy hul try uithou. Al die wit seuns het opgestaan en hul weggestamp. F*kn E-TV kameras het die varke so opgevryf om ons uit te kry.

    Ek kan dit nie flippen glo nie!!!!!

    Die wit meisie koshuise is al amper leeg, studente bang om op kampus te
    wees. Die goed is flippen barbare! Als word afgebreek, gesteel en niemand doen NIKS!

    Die kaaaaak gaan nog spat, wittes is gatvol en ek hoor wat die mense praat onderlangs. Gister is ‘n wit girl aangerand IN ONS FOODCOURT, tydens die optog wat ONwettig was. Al haar klere is afgeruk en van die Thakaneng brug (foodcourt) afgegooi. Sy moes kaal koshuis toe hardloop.

    MAAR, niemand van hul is rassisties nie. Wit moet weg, steeds hul nie rassisties nie. Gisteraand op 3rd degree (E-tv 20:00) is alle Christene as rassiste gemerk.

    Motors ruite uitgeslaan, moer toe geskop en wit girls word met bakstene ens gegooi. Dreigemente om verkrag te word is algemeen deesdae.

    Ons borge onttrek, STR student waai, regte studente waai. ALMAL is oppad om te waai. 1ste jaars begin wegbly/opskop om volgende jaar iewers anders oor te begin.

    Sal maar sien wat donderdag gebeur, weet nou al die k*k gaan spat!

    PLEASE VERSPREI WAT EK VERTEL WANT

  36. alleman sê:

    Sammi
    Lees asseblief hier:
    http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_2287108,00.html
    Daar is mense wat daarop uit is om kwaad te stook, so moet asseblief nie alles wat in jou Inbox beland voor die voet glo nie.
    Hou kop!

  37. Sammi sê:

    Ek probeer kop hou!

  38. Roer sê:

    Dis makliker om kop te hou as jy nie IN S.A. is nie! Ons het elke dag met hierdie rassisme te doen.

  39. alleman sê:

    Dit is dalk so dat dit maklik vir my is Roer, maar mense weet tog die Internet en kettingbriewe is vol rumours en ander gemors. Dis die eerste ding wat mens moet weet nog voor jy ‘n Internet konneksie kry.
    En verder – dit is ook al lankal bekend dat daar mense is wat probeer kwaad stook deur gerugte te versprei – byvoorbeeld die Suidlanders.

    Boosheid is in die mens.

  40. Sammi sê:

    Ja wel, waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie. Ek dink daardie email is wel uit die hart geskryf van ‘n student op die 4e.
    Ek sien nou van Roer se kommentaar dat jy nie fisies hier is nie en ek MOET saamstem, geen mens kan hul indink wat op die grond aangaan as jy nie hier bly nie.

  41. alleman sê:

    Sammi wat is die verskil tussen Namakwaland (of waar ook al jy woon) en hier in die buiteland wanneer dit kom by kennis van wat op die Kovsie kampus aangaan?
    Ek glo eerder die Volksblad as gesiglose stuurders van eposse.
    Ek ontken nie swart of wit rassime nie – ek het dit teen mense wat leuens versprei om nog meer kwaad te stook.

  42. Ek het die week daardie betrokke epos van drie mense gekry. Dit is reguit na “delete”
    ‘n Knee-jerk reaksie van wit mense het ons nou so nodig soos ‘n gat in die kop.

  43. mnr.muller sê:

    @rosalindfranklin: op skrikkeldag het jy vrae gehad oor my kommentaar.

    Die rassistiese Reitz-video is, volgens my, veroorsaak deur ‘n behoudende studentekultuur wat in die koshuis heers – ‘n kultuur waar tradisies voortgesit en vernuwing stopgesit word:

    1. ontgroening-tradisies word voortgesit
    2. integrasie-inisiatiewe word stopgesit

    Albei hierdie punte het direk betrekking op die Reitz-video en die walging wat dit by Alleman en die wêreld ontlok.

    As jy die vollengte video kyk, dan sien jy dat die betrokke inwoners die koshuispersoneel inspan om aan al die koshuisaktiwiteite (down-downs, sêr, atletiek, touchies) deel te neem. So wil hulle kyk of swartmense by Reitz sal inpas (d.w.s. of integrasie sal werk) of nie.

    In die edited 4-minute einddeel sien ons dat die koshuispersoneel ook aan die laaste aktiwiteit deelneem en met die brousel-seremonie ingelyf word as volwaardige Reitz-inwoners.

    Die laaste deel – waar jy gedwing word om ‘n brousel te sluk – is ‘n skending van menseregte. In die konteks van wit teenoor swart word dit geinterpreteer as rassisme; in die konteks van baas teenoor klaas as klassisme, en senior teenoor eerstejaar, as doop.

    Ek glo nie die video het bedoel om rassisties of klassisties te wees nie; die studente het bloot hulle koshuiskultuur grappenderwys op die koshuispersoneel afgedwing – hulle het hulle gedoop.

    En dit was verkeerd. Maar hoe spreek ‘n mens nou die studentegedrag aan?

    Vir my lê die antwoord in ‘n omvattende kopskuif na ‘n waardegebaseerde stelsel waar alle Kovsie-koshuisinwoners hulle tradisies begin meet aan nuwe uitkomstes wat hulle in ‘n menseregte-samelewing moet en wil behaal.

    Van hulle ou tradisies sal wegval, ander sal aangepas word, nuwes sal bykom. Die idee van tradisies as ‘n klakkelose voortsetting van boelie-aktiwiteite moet wegval, die goeie geesbou-tradisies moet behoue bly en nuwe tradisies wat integrasie en diversiteit aanhelp, moet ontwikkel word.

    Dit is maar hoe ek die situasie sien. Die Reitz-video dui op ‘n institusionele probleem wat op ‘n sistemiese vlak aangespreek moet word.

  44. gatvolma sê:

    As ouer wil ek ook my straaltjie bypiepie. My dogter studeeer daar en al van haar 1ste jaar moes ek hoor hoe goed daar verniel word deur swart studente – en die meisie wat aangerand is – die werkers het net so geniet om saam op die veld te hardloop – hulle het gedink dis ‘n groot grap – aldag en heeldag moet ek hoor hoe die musiek bler in die swart koshuise en studente wat swaar geld betaal om daar te wees nie kan studeer nie – maar wat gee hulle om hulle word mos “gesponsor”
    Eki het eenkeer daar gaan kuier en swartes gooi hul papiere langs die vullisdromme en nie binne-in nie.
    Kan die mense nie verstaan die rasse wil nie meng nie – hoekom moet als op die studente forseer word – vergelyk bietjie die toestand van die wil koshuise en hoe min maintenance gedoen moet word teenoor die swartes s’n.
    Dank vader my kind is in haar laaste jaar – en ek wil se dat UOVS nog steeds baie beter daaraan toe is as ander universiteite – PE se koshuise sien jy skaars meer wil studente – vra jouself af hoekom – hierdie insident kom al van jare se opvreet van dinge wat die man in die straat nie weet wat aangaan in universiteite nie.
    Ek as ouer se nog steeds viva UOVS – hulle het puik leerkragte en doen hul bes

Lewer kommentaar