Wat is al die nonsens oor Sussie Wie?

Aan almal wat so gal braak oor Sussie Wie wil ek net sê ek hou van haar. Daar is iets nuuts aan die manier hoe sy boeremusiek, Afrikaans en Afrika musiek meng in Ring ka ting. Vorige pogings soos Johannes Kerkorrel was eintlik te ernstig.

Ring ka ting is baie speels en aangenaam, soos baie Afrika musiek eintlik is. Dit speel reguit met platvloersheid sonder om rerig te platvloers te wees- daarom is dit baie interessant, en baie Afrikaans!

Wanneer dit kom by produksie kwaliteit, kan goed wat nie so sterk staan op daardie gebied nie, ook suksesvol wees omdat dit oorspronlik is.

Die ouens wat geblog het oor hoe kak daardie video kamtig is, het waarskynlik ‘n CD met Wenners Wenners Wenners Wenners Wenners iewers in hulle huis. En daaraan is nie salf te smeer nie.

This entry was posted in musiek and tagged , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Wat is al die nonsens oor Sussie Wie?

  1. S.W sê:

    BAIE DANKIE! EK WARDEER DIE MOOI WOORDE’ EN DIT MAAK MY HART BLY OM TE SIEN DAAR IS MENSE WAT MY MUSIEK GENIET!
    DUISEND DANKIE’S
    1.SIT DIE C.D IN.2.DRAAI DIE VOLUME OP.3. GOOI MIELIES.

    GROETNIS
    SUSSIE WIE

  2. alleman sê:

    Plesier – dit lyk of jy heelwat pret het.

  3. SuZ sê:

    lol
    ek was die gelukkige wenner van die sussie wie CD op MK…en ons like dit!!! lol, dis cute. ek speel dit selfs by plekke waar ek gaan DJ. Go Girl

  4. Lukas-Marie Afrikana sê:

    Alle mense wat dink Sussie wie is ‘cool’ en eg Afrikaans maak my skaam om te se ek is n trotse Afrikana. Sulke mense moet verban word on sulke snert te verkoop. Die ergste van als is dat daar n mark is, verskoon my afrikaans, vir die KAKA!

    Die kuns en talent om goeie musiek te kan maak sit nie in almal se broek nie en moet vergeefs nie deur almal probeer word nie. Afrikaanse musiek word vir die gek gevat en word n ‘laughing stock’ vir ander Suid- Afrikaners. Is Afrikaners regtig so Commom?????

  5. Dr W. M. Liebenberg sê:

    Sussie Wie
    Jy maak my dag, of liewers week, want ek speel jou Ring Ka ting weekliks om my bietjie op te beur. Ek en my vrou gee Engels aan ‘n Universiteit hier in China in die Guangdong Distrik en as iemand hier inloer, speel ek die video. Moet se die Chinese het nie dieselfde smaak daarvoor as wat ons het nie, maar geniet die lawigheid terdee. Aan al die ernstige bokse daarbuite, doen bietjie retrospeksie en moenie alles afkraak wat nie “Ofrikaans” is nie. Indien ons weer SA toe kom, ek dink nogak in 2010 in Jan/Febr sou ek graag ‘n vertoning van jou wou bywoon. Ek hou van jou ligte, speelse aanslag.
    Groete uit Guangzhou
    Dr W. M. Liebenberg

  6. Leon de Jongh sê:

    Hi.

    Ek dink sy is stunning. Die girl kan sing!! Sy kan einge party rock!!!!

    Kom aan mense, sy het hope talent en is baie goed. Kom ons ondersteun haar!

  7. Dr W. M. Liebenberg sê:

    Ons is in SA gedurende Julie en Augustus. Tree sy dalk iewers op? Laat weet asb.
    Willem

Lewer kommentaar