Skaam?

‘Ek kry skaam om te sê ek is afrikaans’ het hierdie ou geskryf na aanleiding van wat hy alles op Aardklop gesien het.

Daar is maar altyd sommiges wat hulle swak gedra. Ook onder ander nasies soos die Engelse. Die vlagswaaiende dronk en geweldadige Engelse by sportbyeenkomste en in Spanje se vakansieoorde het ‘n Engelsman eenkeer laat skryf dit lyk vir hom hoe trotser iemand is op Engeland, hoe minder trots kan Engeland op daai persoon wees. Virseker is dit ook so met Afrikaners. Ek is nie trots of skaam nie maar ek bly lief vir my mense al ken ek sommiges se foute.
Ek dink dis ‘n probleem dat mense altyd ‘trots’ wil wees op hul volk of span of sulke goed. Doen eerder iets wat jou trots maak op jouself

This entry was posted in afrikaners and tagged . Bookmark the permalink.

17 Responses to Skaam?

  1. Ja dit gebeur met alle nasies en wat ‘n mens sien, gewoonlik die sleg, is dan wat die algemene opvatting is.

  2. Ek dink Afrikaners het die geneigdheid om te glo dat Afrikaners “ekstra kommin” is of dat daar net ‘n “kommin” element onder Afrikaners is. Jy’s heeltemal reg oor die Engelse ens. As jy eers in ander dele van die wereld was, besef ‘n mens elke volk het sy kommin element – selfs ook hier in Korea sien ‘n mens dit. Daar is nou maar eenmaal klasse in alle samelewings. Ek dink Afrikaners is ekstra sensitief daarvoor (selfs ek is soms skaam vir ander Afrikaners).

  3. idiwidi sê:

    Stem saam. Kommin is orals. Hier in Taiwan is daar ook ‘n baie beduidende element van super-kommin. Maar sou dit nie so cool gewees het as Afrikaners net ‘n bietjie minder kommin kon wees nie?

  4. As Afrikaners hulle smaak in musiek bietjie kan wysig, sal dit al klaar ‘n begin wees!

  5. alleman sê:

    Boer ek wonder na watter musiek verwys jy?

    idiwidi ja dit sou baie cool gewees het as sommige Afrikaners kon verander. Vir my is kommin nie iets wat met jou musiek smaak of kleredrag te doen het nie, dis eerder anti-sosiale gedrag (en ten diepste agressie). Byvoorbeeld dronk mans wat in groepe loop en moles maak, mense wat hul sienings met geweld of dreigemente wil afdwing, selfs daardie vrou wat met haar baba se stootkarretjie van voor af tussen my en my vrou deur bars of mans wat kaalbolyf na die supermark gaan.

    Mense wat as kommin beskou word is soms net eksentriek of trou aan ‘n ou idee of styl. Byvoorbeeld in Leeds het ek ‘n vrou teegekom wat al baie jare lank ‘n Elvis – fan is. Om ‘n Elvis fan te wees is nie juis baie cool in Engeland nie, maar sy laat haar nie afsit nie, en haar Vespa is vol Elvis plakkers. Daar is iets moois aan haar getrouheid.

    Die manier hoe mense mekaar dwing om te konformeer tot die mode van die dag (in musiek, menings of wat ook al) deur hulle te laat skaam kry of te stigmatiseer grens aan agressie. Daarom is dit eintlik kommin om modebewus te wees.

  6. Alleman, jy lei my nou die leeukuil binne….

    Ek glo dat wat jy luister, wat jy praat, lees en kyk nie jou kommin maak nie, maar wel reflekteer dat jy kommin is. In die verband: Mense wat hou van musiek wat kru en in swak smaak is, en dan as “humor” opgedis word. Mense wat dink dat slegs kru grappe snaaks is. Mense wat tydskrifte/koerante lees, wat afhanklik is van seksstories en kaal lywe vir hulle sirkulasiesyfers ens.

    Hierdie is maar my eie subjektiewe siening van wat “kommin” is.

  7. alleman sê:

    Ek wil nog steeds weet watter musiek jy bedoel (en ek is ongelukkig nie baie op hoogte van musiek nie).

    Kom ons kyk na seksstories en kaal lywe. Die tabloids is beroemd daarvoor, met SA se nuwe tabloids wat nou die Britse resep so naboots. Maar koerante soos The Guardian hou ook daarvan om kaal lywe of artikels oor seks te publiseer in hul tydskrif (wat jy saam met die koerant kry). Niemand beskuldig Guardian lesers ooit daarvan dat hulle kommin is nie. Dalk is dit omdat The Guardian en sy lesers die finale arbiters is van wat kommin is en wat ‘in’ is (beide in Brittanje en in kolonies soos Suid Afrika). Maar ek dink dit is eerder omdat almal, kommin of nie, in seks geinteresseerd is, en daarom bied selfs die intellektuele publikasies dit aan.

    Die tabloids se seksstories is seker meer op die vlak van skinder – wat miskien met aggressie verbind word. Maar ek dink eerder lesers van sommige tabloids, spesifiek van “The Sun”, is kommin omdat hulle ‘n ongure klomp vlagswaaiers is wat immigrante en ander kulture haat.

  8. Ek kan byvoorbeeld vir jou een naam gee. Party mense kan my maar slag, maar ek dink Robbie Wessels se musiek is oor die algemeen kommin (hoewel daar een of 2 luisterbare liedjies tussenin verskyn). Sy nuwe fliek “Poena” of so iets, voer platvloersheid na nuwe hoogtes. Goeie humor kan ook seker soms verwys na genitaliee en mens se anus-funksies, maar dis darem nie al waaroor humor gaan nie! Mense wie se woordeskat hoofsaaklik beperk is tot die beskrywing van die liggaam en liggaamsfunksies, is vir my kommin.

    Van die beste publikasies wat ek lees, het nie nodig om seks-skinderstories te verkoop vir sirkulasie-doeleindes nie.

    Ek kom agter jy koppel aggressie en xenophobia aan “kommingeit”. Dit doen ek nie. Kommin is vir my meer te doen met mens se psige, as met jou sosio-politiese oortuigings.

  9. alleman sê:

    Goed, ek moet toegee oor die fiksasie met liggaamsfunksies – dit is kommin en nie noodwendig aggressief nie.
    Maar wat is dit dan wat mense kommin maak? Want nie almal wat semi- of ongeletterd is en/of redelik dom is, is kommin nie.
    Ek dink ook nou sommer aan die idee van boere-adel en hul werk met die opheffing van verarmde Afrikaners die grootste deel van die vorige eeu. Hoeveel eeue verg dit, en is daar nou ‘n groot groep wat ondanks daardie eeu se werk flink besig is om terug te sak? Of moet mens eerder soos die Britte toegee dat daar ‘n deel van die bevolking is wat agterlik is, en dit maar so aanvaar?

  10. mieliepap sê:

    My vrou het vir ons ‘n Pieter Koen CD op OR Tambo gekoop toe sy laas daar was, net omdat vir haar so kommin was dat sy haar lag nie kon hou nie, sy moes dit vir iemand speel. Nou, spyt dit my, luister ons gereeld na “Daars ‘n tatoo van jou naam op my linkerboud…” en “… en hul skree as ek die ref nog ‘n toffie gee ..”, maar dit is sommer net vir comic relief. Ons arme gaste moet ook daarna luister, versprei die evangelie jy sien.

  11. Ek wou al meermale ook as Afrikaner bedank het. My probleem is net dat ek nie weet hoe mens dit doen nie. Hoe maak jy jouself los van jou gene en jou geskiedenis? Ek dink nie jy kan nie.

    Ek stem saam dat Afrikaners nie uniek is nie. Jy kry die hele reënboog in die volk, soos ook maar in enige ander volk.

    Kommin kan ek hanteer. Ek wens net daar was meer in my eie taal wat tot my gespreek het. Daar is bittermin TV-programme in Afrikaans wat ek sal kyk. So ook bied koerante en tydskrifte nie veel nie. Dit voel so asof die Afrikaanse media vasgehak het in die vorige eeu.

    Eintlik wens ek net die Afrikaner was bietjie meer verlig en nie so verkramp nie. Ek sal toegee, dat dit baie beter is as 20 jaar terug. Maar dit bly vir my voel dat ons die hele tyd gaan catch-up speel.

  12. idiwidi sê:

    Ek het elders op die web ‘n nes gevind waar kommin in Afrikaans uitbroei – daar is selfs ‘n hoe-om-te-weet-jy’s-kommin afdeling: http://www.poes.co.za

    (Moet liewer nie vra hoe ek per ongeluk op die blad beland het nie.)

  13. alleman sê:

    George ek voel ook (nee ek weet) dat mens, of ek in elk geval, my nie kan losmaak van waar ek vandaan kom nie.
    Afrikaners is eintlik baie uniek – maar nie juis beter as ander volke nie.
    As daar min is in jou taal wat tot jou spreek moet jy dit wat jy nodig het self maak. (Maar ek dink jy weet dit reeds)

  14. In Amerika is alles groter en beter – kommin ook. Jerry Springer, Ricky Lake en Cheaters is kommin. En daai vrou wat skreeu “Haile King Booker”. Grrr!! Oom Gert wat nog sy ou landsvlaggie op die “side board” en nog “regmaak om dorp toe te gaan” is eenvoudig maar nie kommin nie. Sy maniere is onverbeterlik en hy is ‘n trotse afrikaanse man. Sy buurvrou se drie vlieënde swaeltjies teen die muur is beslis kitsch, maar dit maak haar nie kommin nie. Bietjie agter met die “less is more mode” ja. Maar in die pad af bly Piet Skiet wat tot laatnag Shane se “Sies jou Vark” laat weerklink gemeng met “heit jou lekka ding” afgewissel met ‘n string vloekwoorde terwyl vleis gebrand word en motorenjins “gerev” word. Kommin verby. En sy kommin wyfie lag skel as sy kommin pel haar kaplaks op die boud klap. En die kindertjies staan grootoog en leer hoe om kommin groot te word.

  15. Kowie sê:

    Jo – Anne, ek kan nie meer saamstem met jou nie. Het ‘n ruk in Amerika gewoon en moet se – na ‘n goeir dosis van hulle het ek nog nooit weer gevoel Suid Afrikaners is kommin nie – en is ek diep trots op my nasie en kultuur. Hulle – en ek – is nie elke dag nootwendig reg nie, en ek verskil ook met die ‘n groot deel van ons musiek asook die brandewyn kultuur, maar dit is nog steed stukke beter as sogenaamde ou kulture. Het tot so 2 jaar gelede baie te doen gekry met groot groepe (300 – 800) jong mans (Engeland, Singapore, Amerika) wat in Suid Afrika kom opleiding doen het vir 3 – 6 maande. En wat ek daar beleef het, het my weereens oortuig dat my Afrikaner nasie baie kosbaar is. En as ek die dag keelvol is en dink ons kan darem bietjie meer gesofistikeerd wees, dan begin ek sommer by myself.
    Mooi Loop.

  16. Kowie sê:

    Jammer vir die kommin spelfoute! Jo – Anne, ek kan nie meer saamstem met jou nie. Het ‘n ruk in Amerika gewoon en moet se – na ‘n goeie dosis van hulle het ek nog nooit weer gevoel Suid Afrikaners is kommin nie – en is ek diep trots op my nasie en kultuur. Hulle – en ek – is nie elke dag noodwendig reg nie, en ek verskil ook met ‘n groot deel van ons musiek asook die brandewyn kultuur, maar dit is nog steeds stukke beter as sogenaamde ou kulture. Het tot so 2 jaar gelede baie te doen gekry met groot groepe (300 – 800) jong mans (Engeland, Singapore, Amerika) wat in Suid Afrika kom opleiding doen het vir 3 – 6 maande. En wat ek daar beleef het, het my weereens oortuig dat my Afrikaner nasie baie kosbaar is. En as ek die dag keelvol is en dink ons kan darem bietjie meer gesofistikeerd wees, dan begin ek sommer by myself.
    Mooi Loop.

  17. alleman sê:

    Dankie vir almal se besoeke – teen hierdie tyd het die ou wat my die oorspronklike stuk laat skryf het, ook al sy stuk verwyder – tog jammer.
    Hoe kosbaar/spesiaal is Afrikaanse mense? Soms as ek SA toe gaan dink ek daar is nie nog sulke wonderlike mense in die wereld nie. Maar dan lees ek weer wat sommige ouens aanvang, en ek besef ons is ook ‘n nasie met ‘n besonderse talent om vir onsself vyande te maak.

Lewer kommentaar