Huilerige welgesteldes

Daar is vir my niks so pateties soos rykes en welgesteldes wat “aktiviste” word, omdat hulle reken hulle is die victims in die samelewing nie.  Hierdie soort denke maak van jou ‘n oneerlike pateet.

Vat byvoorbeeld hierdie libertynse “aktivis”, wat ander “aktiviste” oneerlike tegnieke leer om boeke wat hulle nie gelees het nie, te “rate” volgens politiek.

Natuurlik kry mens dieselfde soort libertyne ook in SA, en selfs ook in Afrikaanse blogs.

 

 

Posted in Uncategorized | Tagged , | 4 Kommentaar

‘n Paar dinge wat libertyne nie graag sal wil erken nie

Mens sou nie kon dink die libertynse siening sou kon vatplek kry by ‘n volk wat so baie soos Afrikaners by die staat gebaat het nie.   Maar nou kry mens tot al Afrikaanse blogs wat hierdie filosofie verkondig, en daarmee saam natuurlik veldtogte teen die idee van gelykheid.

Daar is natuurlik  invloede wat sommige Afrikaners in hierdie  rigting lei, byvoorbeeld:

  • Die persepsie dat die SA staat van vandag ons vyandiggesind is
  • Steve Hofmeyr wat ‘n groot Ayn Rand aanhanger is (asook ‘n volgeling van Dan Roodt)

So kry mens natuurlik hierdie libertynse bloggers wat sowaar veldtogte voer teen die ideaal van gelykheid:

Die voordele van gelykheid is so oorweldigend, en hierdie ouens se begeerte om klein koningkies te wees so obvious, dat mens hulle eintlik ten beste met ‘n paar comics kan antwoord:ILkxuCPyweQdlH unionize-top-ten-color swartmense-met-gewere PYUblKF OGrZEBU libertarian-paradise kSTSw5t  how_libertarians_vote

 

F7Qg7RW

 

JKjti4x

Posted in suid-afrika | Tagged , | 3 Kommentaar

Ons Anglo base

Wat Iris ­Minier van Boss Models sê:

mens “moenie trots wees dat jy Afrikaans is nie”, dis nie iets wat mens “vir enigiemand moet sê nie”.  En “dit is soos om vir almal te sê jy is ’n Nazi” ensovoorts. – Rapport

Wat sy eintlik bedoel:

Suid-Afrika behoort aan Anglo en British belange, en Afrikaanssprekendes moet daarby inpas deur te verengels, en voor Anglo baasskap die knie te buig.

Natuurlik moet Zulu, Xhosa etc sprekers volgens die settelaar en neokolonialis se denke dieselfde doen – dis net moeiliker om dit hardop te sê.  En gelukkig vir mense soos ­Minier, staan SA tans onder beheer van compradores met Britse titels.  Beide Mbeki en Zuma  is immers tot Britse ridders geslaan, en het dienste verrig ter voordeel van BAE systems en ander Britse maatskappye.

Maar ongelukkig vir mense soos Minier sal SA nie altyd in British-friendly hande bly nie.  Wanneer ware anti-kolonialisme begin inslag vind, en wanneer Sjina die magtigste land in die wereld is, sal Engels se dominansie tot ‘n einde kom – nie net in Suid-Afrika nie, maar in baie ander soortgelyke lande.  Baie van ons is nog jonk genoeg – ons gaan dit sien gebeur.

Intussen nooi ek vir Minier uit om The language of colonialism te lees.

Posted in Afrikaans, suid-afrika | Tagged , , , , , , | 5 Kommentaar

Israel se oorlog teen kinders

Sien gerus hieronder die Engelse omroeper en politieke kommentator Jon Snow se pleidooi vir genade vir die Palestyne.

En terwyl baie duisende mense, onder meer Jode en Suid-Afrikaners protesteer en betoog in solidatiteit met die Palestyne, en teen die oorlogsmisdade van Israel, voel Obama en Cameron  blykbaar vere.   Zuma doen ook maar nie juis iets nie, terwyl daardie ander British onderdaan, Tony Abbott soos van hom verwag kan word, aan Israel se kant is.

Posted in suid-afrika | Tagged , , | 5 Kommentaar

The Great Pacific Garbage Patch

Die Deense groep Pinkunoizu se Great Pacific Garbage Patch is vir my alles wat musiek kan wees – ek dink nie my woorde kan dit enigsins beskryf nie, maar in hulle eie woorde gaan dit oor “a suiting picture for a world doing wrong ”

Elke stukkie plastiek wat mens koop eindig uiteindelik op in die natuur, baie daarvan in die see.  Mettertyd word dit afgebreek in tot mikroskopiese grootte, en dit stel gifstowwe vry, wat weer in die voedselketting beland.

Vieslik.

 

Posted in omgewing | Tagged , , , , | 6 Kommentaar

SA se verregse malletjies net so afhanklik van sensuur as Sjina se kommunistiese party

Sjinese sensors  vee daagliks duisende van alle inskrywings uit op Sina Weibo, Sjina se grootse microblogging site, en op ander Sjinese websites.  Die Sjinese kommunistiese party hou veral nie van kritiek op die korrupte manier hoe kommunistiese partyleiers finansieel baat by hulle mag nie, en ook nie van kritiek op hul okkupasie van Tibet nie.

‘n Kommentaar soos hierdie, (deur  “Little Wooden House of Yanta” -iemand met 3,700 volgelinge op Sina Weibo)  is tipies van wat uitgevee word:

Just look at how frightened this Tibetan farmer looks . . .

tibetse-boer

Waarvoor is die Sjinese kommunistiese party so bang? Die Sjinese is baie tevrede – hul regering  dra meer as  90% van die bevolking se goedkeuring weg (sien hier en hier).  Dis ‘n getal wat, sover ek weet, deur geen demokrasie geëwenaar kan word nie.  Hierdie tevredenheid is as gevolg van die regering se skouspelagtige sukses met die vermindering van armoede.

Nietemin, Sjina se sensuur, en hulle wrede vervolging van kritici, ruik na vreesagtigheid.

Ewe afhanklik van sensuur, is SA se verregses (wat nou skynbaar by die FAK oorgeneem het, as Dan Roodt, SA se mees hatige malletjie, nou daar kan skryf.)   Ek beskou dit as ‘n skande dat die FAK vir Dan publiseer, en het summier ‘n kommentaar daar gelewer (wat natuurlik delete is – sien my kommentaar heel onder). Opdatering (7 Junie 2014) – my kommentaar by die FAK het intussen weer verskyn – met ‘n antwoord van Marthinus van Bart

Ook die Vryheisdfront se Philip van Staden, het vrees vertoon vir kritiek en vrye debat.  Hy het ook ‘n kommentaar – sien hieronder – van my uitgewis – wat ek ewe astrant gaan terug sit het, en wat hy toe weer uitgevee het!

Die Vryheidsfront en die FAK is organisasies wat beslis bestaansreg het, in die lig van SA se verengelsde politieke partye wat veral die belang van die Anglo-elites bevorder.    Hulle kan gerus meer oop en oopkop raak, en die meer sinistere en  rassistiese elemente in hul geledere isoleer.

***

Hier is my kommentaar by die FAK:

So jammer om te sien dat die FAK nou ook op die Doktor Dan Roodt – wa gespring het.

Doktor Roodt is iemand wat nie kan verdra dat Afrikaners vreedsaam met die swart groepe saamleef nie.   Hy kan nie ernstig opgeneem word nie, want hy spandeer die meeste van sy tyd om kwaad te probeer stook.

Gelukkig is hy nie geloofwaardig genoeg om veel rassekonflik te veroorsaak nie.

Dis goed dat die FAK goedgedink het dat ‘n resensie van Van Bart se boek geplaas moet word, maar talle ander, meer geloofwaardige mense – geskiedkundiges, byvoorbeeld, kon gevra gewees het om die resensie te doen.

 Hier is my kommentaar wat Philip van Staden uitgevee het:

Twee maande gelede, toe Niekie  te laag op die DA kandidatelys geplaas is om die parlement te haal, was hy: “hartseer, bitter teleurgesteld, heeltemal verslane. Dis ’n verskriklike terugslag vir my.” -sien Rapport hier:

Twee maande gelede was Niekie dus ongelukkig met die DA omdat hulle nie sy politieke loopbaan verder gesteun het nie – nie omdat hy sodanig van hulle politiek verskil het nie.

Dink Niekie en die Vryheidfront regtig kiesers is dom genoeg om te glo hy het hierdie skuif na die VF oor enige beginselredes gemaak?

 

Posted in suid-afrika | Tagged , , , , , , , , , , , , | 9 Kommentaar

Politici van die Facebook en selfie era

FW De Klerk pose as ‘n heilige:

FW-de-Klerk

David Cameron het self hierdie foto van homself getweet waar hy dapper, en vasberade aan’t beraadslaag met met Obama is oor die krisis in die Krimrepubliek:

Cameron-Twitter

Blykbaar kry Putin nie lag vir homself oor hierdie soort fotos wat hy die wereld instuur nie:

Russia's President Vladimir Putin fishes in the Yenisei River in Siberia

Putin is ook ‘n Jagter en ‘n Ruiter.  What a man!

Russia Putin's Cranes

Putin-die-Jagter

Obama is ‘n selfie-man:

selfie_2765872a

obama-cameron

Natuurlik is hierdie selfie van Tony Blair gedokter.  Waar sal hy immers so naby aan gevaar kom?  Maar dit som hom so goed op…

Photo Op

Kenny Kunene (beskrywing oorbodig)

Kenny-Kunene

 

Toky Sexwale.  Sam Mkokeli het die man so goed opgesom deur hom die “Donald Trump of SA politics” te noem

Tokyo-Sexwale7

Sylvio Berlusconi, Italie se eie Jacob Zuma:

silvio-berlusconi

Bill Clinton. Steeds verlief op homself:

bill-clinton

Die doel van hierdie foto is om te wys dat Tony Abott fiks genoeg is om Australië te lei. Nog budgie smokkelnuus hier

Abbot-budgie-smokkelaar

 

Posted in suid-afrika | Tagged , , , , , , , , , , , , , , , , | 4 Kommentaar

Simbole vir Afrikaans en Engels

Verder oor my vorige inskrywing.   In Desember 2012 was daar ‘n vlagkompetisie op Reddit se Vexillology afdeling (wat ek sopas raakgesien het), en nou plaas ek sommige van die vlae wat my aandag getrek het, hier.

Hierdie vlag vir Afrikaans is ontwerp deur iemand met die avatar naam Skoppensboer.  Ek dink dis die beste vlag – een wat miskien alle Afrikaansprekendes van sal kan hou. (Dit was nie deel van die 2012 vlagkompetisie nie – al die ander vlae hieronder was wel)

Afrikaans

Afrikaans

Hierdie vlag vir Afrikaans is ontwerp deur ‘n Vexillology liefhebber met die avatar naam Vexy:

afrikaans

Afrikaans

Hierdie Afrikaner vryheidsvlag is mooi, maar:  Afrikaans is veel groter as sekere groepe se seperatistiese strewes.  

1000px-Afrikaner_Vryheidsvlag.svg

Swahili is ‘n groot taal in verskeie Afrikalande, so nie een van daardie lande se vlae kan gebruik word om die taal voor te stel nie.  Daarom is hierdie vlag ontwerp:

Swahili

Swahili

Nou het iemand wat aan empire nostalgie ly, die vlag hieronder vir Engels uitgedink.  Dis mooi, maar die bedoelde simboliek is afstootlik: “The sun over the ocean represents the sun “that never sets on the British Empire”

british

 

Ek dink die die vlag hieronder is veel beter om Engels voor te stel.  Bedoelde simboliek: “the five most popular colours among all colours on the flags of countries with English as their official language. They’re arranged in the style of the flag of England”

english

Engels

Posted in suid-afrika | Tagged , , , , , , , , , , | 3 Kommentaar

Hoe kan mens ‘n taal simbolies voorstel?

Ek het die afgelope tyd gewonder hoe ‘n mens Afrikaans, Engels en ander tale simbolies kan voorstel, byvoorbeeld in ‘n website waar jy meer as een taal kan kies.

Mens moenie Engels met ‘n Britse of Amerikaanse vlag voorstel nie, want die gebruik van hierdie vlae gee aanstoot – geen ordentlike Engelssprekende sal deur hierdie imperiale vlae verteenwoordig wil word nie, net soos geen goeie Duitser deur die Nazi vlag verteenwoordig sal wil word nie.

Natuurlik kan mens ook nie die ou SA vlag gebruik vir Afrikaans of Engels nie (as jy nie verstaan hoekom nie, is jy te koppig om die skadelikheid van rassisme in te sien).  Mens kan ook nie die nuwe SA vlag vir byvoorbeeld Afrikaans gebruik nie, want Afrikaans is nie die enigste taal wat op daardie vlag aanspraak kan maak nie.

Mense kan so oorspronklik wees.  Kyk byvoorbeeld hierdie idees vir vlae vir die aarde:

aarde_vlag2

aarde_vlag3

aarde_vlag

 

 

 

 

 

 

My beste idee sover, die simbole vir Afrikaans en Engels hieronder, is nou ook seker nie geskik nie.  So as jy ‘n beter plan het, laat weet asseblief in die comments.

Afrikaans

Afrikaans

Engels

Engels

Posted in suid-afrika | 12 Kommentaar

Nasieskap en rassisme

Mens hoef nie noodwendig  in te koop in die idee van die Anglo gedomineerde Suid-Afrikaanse nasieskap soos dit tans lyk, as alternatief tot rassisme soos wat byvoorbeeld hier en hier voorgestel word nie.  Ek respekteer mense wat dit doen, maar ek voel nie dieselfde nie. 

Identiteitspolitiek word so maklik gemanupileer om een of ander elite se belange te bevoordeel, en mens kan nie noodwendig help om flou te voel oor kunsmatig geskepte identiteite soos “blanke” (1910-1994) en South African (sederdien) nie.

Ek is nie trots op die nuwe SA nie, vir baie redes, byvoorbeeld dat ons nie die naam Republiek werd is nie.   In SA vandag is daar steeds miljoene mense wat moet krepeer onder die heerskappy van een of ander koning, byvoorbeeld die DA se nuwe aanwins, koning Buyelekhaya Dalindyebo, en nie gelyk met die res van ons is nie.

Hoe raak mens opgewonde oor ‘n “nasie” wat toelaat dat mense daagliks wreed vermoor word, en waar  die DA die vryheid van Kaapstad toeken aan Obama van alle mense?

Met nasieskap is daar ook nog steeds altyd mense wat uitgesluit word – byvoorbeeld die wat met kinders en al onmenslik behandel word omdat hulle gewaag het om ‘n grens oor te steek op soek na ‘n beter lewe.   Met nasieskap / nasionalisme kom ook vreemdelingehaat soos wat lei tot talle aanvalle op immigrante.

Daarom is internasionalisme die mensliker siening, en ook dit is nie sonder probleme nie.

Wat mens ookal glo in terme van identiteit en nasieskap, rassisme is iets slegs – dis hatig, oningelig, kleinlik en skadelik vir almal.  Elkeen wat voel sy identiteit is “Afrikaner”, behoort rassisme te beveg bloot omdat dit opsigself lelik en skandelik is, en omdat ons beter as dit kan wees.

Posted in suid-afrika | Tagged , , , , , , , , , , , | 2 Kommentaar